dc.contributor.advisor | McLeod, Adele | en_ZA |
dc.contributor.advisor | Fourie, P. H. | en_ZA |
dc.contributor.author | Koopman, Trevor A | en_ZA |
dc.contributor.other | Stellenbosch University. Faculty of Agriscience. Dept. of Plant Pathology. | en_ZA |
dc.date.accessioned | 2012-08-27T11:33:33Z | |
dc.date.available | 2012-08-27T11:33:33Z | |
dc.date.issued | 2007-03 | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10019.1/50717 | |
dc.description | Thesis (MScAgric)--University of Stellenbosch, 2007. | en-ZA |
dc.description.abstract | ENGLISH ABSTRACT: Downy mildew, caused by the obligate pathogen Plasmopara viticola, is a very
destructive grapevine disease. The asexual phase (sporangia) of the pathogen has long
been viewed as the life cycle stage that is most important in causing expansion of
epidemics. Contrarily, the role of the sexual phase (oospores) has primarily been viewed
as only providing the initial primary inoculum of the epidemic at the start of the season.
However, population genetic studies in Europe have challenged these long standing
epidemiological views.
Downy mildew is mainly controlled through the application of fungicides, since
no commercially acceptable resistant cultivars are available. The use of reliable high
throughput in vitro resistance screening methods is very important for identifying new
sources of resistance, as well as for mapping of quantitative trait loci (QTLs) involved in
downy mildew resistance. Resistance screenings also require the use of effective longterm
pathogen storage methods, since it allows the continual use of the same well
characterised P. viticola isolates in different resistance screenings over seasons.
The first main aim of this study was to investigate the population genetic structure
of P. viticola populations in South Africa in two vineyards. The second aim was to
determine whether an in vitro leaf disk method is a reliable and reproducible resistance
screening method for determining downy mildew resistance of grapevine seedlings. The
third aim was to evaluate long-term storage techniques for P. viticola isolates.
The population genetic structure of P. viticola was investigated m two
consecutive grape growmg seasons in an organically managed and a conventional
fungicide sprayed vineyard. The study showed that population differentiation between
the two vineyards was low (0.004 and 0.016) in both growing seasons, suggesting one
metapopulation. New genotypes (12% to 74%) contributed to the epidemic throughout
the growing seasons in both years and vineyards. The epidemic in both years and
vineyards were dominated by one or two genotypes, which contributed between 14% and 67% through asexual reproduction to the epidemic. The remaining genotypes showed
low levels of asexual reproduction, with most genotypes never being able to reproduce
asexually. Ten genotypes were able to survive asexually from one season to the next.
Moreover, the predominant genotype in the organically grown vineyard during 2004/05
survived asexually to the next season, where it also dominated the epidemic.
Evaluation of an in vitro leaf disk method showed that the method was a reliable
and reproducible method for screening the downy mildew resistance of the progeny of a
Regent x Red Globe cross. Spearman correlation analyses revealed a moderate to high
(0.64 to 0.82) correlation between three screening trails that were conducted over two
growing seasons. However, the percentage seedlings that belonged to the different OIV
452 rating classes differed between the third (2005/06) and the first two (2004/05)
resistance screening trials. This difference was statistically supported by one-way
analysis of variance of rank means of these screenings, as well as Chi-square test of the
screening x rating scale contingency table. This discrepancy indicates the importance of
the inclusion of tolerant and sensitive reference seedlings, as well as the parents of the
cross in each screening trial.
Evaluation of different long-term storage methods for P. viticola showed that the
pathogen was best stored as lesions. Successful storage methods included the storage of
whole leaves with sporulating lesions in sealed Petri dishes, or the storage of small leaf
lesion fragments within 2 ml centrifuge tubes at -20 and -80°C. Viability testing of these
storage methods after a period of 6 (leaves within Petri plates) and 1 7 months (lesions
within centrifuge tubes) showed that the pathogen remained viable for these periods,
although the viability of sporangia were reduced. | en_ZA |
dc.description.abstract | AFRIKAANSE OPSOMMING: Donsskimmel, veroorsaak deur die verpligte patogeen Plasmopara viticola, is 'n
vernietigende siekte op wingerd. Tot op hede is die ongeslagtelike fase (sporangiums)
van die patogeen beskou as die belangrikste fase in die lewenssiklus wat uitbreiding van
epidemies veroorsaak. Hierteenoor is die rol van die geslagtelike fase (oospore)
hoofsaaklik gesien as die fase wat verantwoordelik is vir die verskaffing van die primere
inokulum van die epidemie, aan die begin van die seisoen. Populasie-genetika studies in
Europa bevraagteken egter hierdie epidemiologiese sienswyses.
Donsskimmel word hoofsaaklik deur die toedien van fungisiedes beheer,
aangesien geen kommersieel aanvaarbare weerstandbiedende kultivars beskikbaar is nie.
Die gebruik van betroubare hoe deurset in vitro weerstandstoetse is baie belangrik vir die
identifikasie van nuwe bronne van weerstand, sowel as vir die kartering van
kwantitatiewe eienskap gene, betrokke by weerstand teen donsskimmel. Om
weerstandstoetse volhoubaar uit te voer, word 'n effektiewe opbergingsmetode benodig
om die patogeen oor lang periodes op te berg. Sodoende word verseker dat dieselfde P.
viticola isolate in veskillende weerstandstoetse, oor verskillende seisoene, gebruik kan
word.
Die eerste doelwit van hierdie studie was om die genetiese struktuur van P.
viticola populasies in twee Suid-Afrikaanse wingerde te ondersoek. Die tweede doelwit
was om te bepaal of 'n in vitro blaarskyf metode 'n akkurate en herhaalbare
weerstandstoets vir die bepaling van donsskimmel weerstand van wingerdsaailinge is.
Die derde doelwit was om langtermyn opbergingsmetodes vir P. viticola isolate te
evalueer.
Die populasie genetiese struktuur van P. viticola is in twee opeenvolgende
groeiseisoene in 'n organies-verboude en konvensioneel fungisied-behandelde wingerd
ondersoek. Die studie het getoon dat populasie differensiasie tussen die twee wingerde in
beide seisoene laag (0.004 en 0.016) was, wat een meta-populasie aandui. Nuwe genotipes (12% tot 74%) het deur die seisoen tot die epidemie, in beide jare en wingerde,
by gedra. In beide jare en wingerde, is die epidemie deur een of twee genotipes, wat
tussen 14% en 67% deur ongeslagtelike voorplanting tot die epidemie bygedra het,
gedomineer. Die oorblywende genotipes het lae vlakke van ongeslagtelike voorplanting
getoon, met die meeste genotipes wat nooit in staat was om ongeslagtelik voor te plant
nie. Tien genotipes was in staat om ongeslagtelik van een seisoen na die volgende te
oorleef. Verder het die predominante genotipe gedurende 2004/05 in die organiesverboude
wingerd ongeslagtelik na die volgende seisoen oorleef, waar dit ook die
epidemie gedomineer het.
Evaluasie van die in vitro blaarskyf metode het getoon dat dit 'n betroubare en
herhaalbare metode is vir die toets vir donsskimmelweerstand van saailinge van 'n
Regent x Red Globe kruising. Spearman korrelasie analise het 'n gemiddeld tot hoe (0.64
tot 0.82) korrelasie tussen drie weerstandstoetse getoon, wat oor twee groeiseisoene
uitgevoer is. Die persentasie saailinge wat tot die verskillende OIV 452
klassifikasieklasse behoort het, het egter tussen die derde (2005/06) en eerste twee
(2004/05) weerstandstoetse verskil. Hierdie verskil is statisties deur eenrigting analise
van variansie van rang gemiddeldes van hierdie weerstandstoetse ondersteun, asook deur
die Chi-kwadraat toets van die weerstand x groepering skaal gebeurlikheidstabel. Hierdie
teenstrydigheid dui op die belang van die insluiting van bestande en vatbare verwysing
saailinge, asook die ouers van die kruising, in elke weerstandstoets.
Evaluasie van verskillende langtermyn opbergingsmetodes vir P. viticola het
getoon dat die patogeen die beste as letsels gestoor word. Suksesvolle opbergingmetodes
sluit die berging van heel blare met sporulerende letsels in geseelde Petri bakkies in, of
die opberg van klein blaarletsel deeltjies in 2 ml sentrifugebuisies by -20 en -80°C.
Lewensvatbaarheidstoetse van hierdie opbergingsmetodes het getoon dat die patogeen na
6 (blare in Petri bakkies) en 17 maande (letsels in sentrifugebuisies) nog steeds
lewensvatbaar was, hoewel die lewensvatbaarheid van sporangiums afgeneem het. | af_ZA |
dc.format.extent | 75 pages : illustrations | en_ZA |
dc.language.iso | en_ZA | en_ZA |
dc.publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University | en_ZA |
dc.subject | Grapes -- Disease and pest resistance | en_ZA |
dc.subject | Grapes -- Diseases and pests -- Control | en_ZA |
dc.subject | Downy mildew diseases | en_ZA |
dc.subject | Fungal diseases of plants | en_ZA |
dc.subject | Phytopathogenic fungi -- Genetics | en_ZA |
dc.subject | Phytopathogenic fungi -- Control | en_ZA |
dc.subject | Plasmopara viticola | en-ZA |
dc.title | Genetic diversity in Plasmopara viticola in South Africa | en_ZA |
dc.type | Thesis | en_ZA |
dc.rights.holder | Stellenbosch University | en_ZA |