Emosionele intelligensie en die impak daarvan op beroepsbesluitneming : 'n literatuurstudie

Date
2005-04
Authors
Wood, Amanda
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This literature study presents a comprehensive overview of Emotional Intelligence, with an in depth discussion of the important role of emotions in Career Decisionmaking. The essentiality of such a study is identified from individuals' incapacity to make successful, gratifying and sustainable career decisions. Considering the novelty of the concept of Emotional Intelligence in the South African context, this literature study serves as an exploration of this unknown field of emotional functioning In career decision-making, before any further empirical research is undertaken. The first part of the literature study intends to define and explain the concepts of emotions, intelligence and Emotional Intelligence. In the second part of the literature study the focus shifts to the important role of Emotional Intelligence in Career Decision-making. In view of the absence of a theoretical basis for the role of emotions in Career Decision-making, Emotional Intelligence is recommended as a theory to fill this gap. Accordingly, a complete test battery is presented which could be utilised in an Emotional-intelligent Career Decision-making Process. This literature study concludes that the process of Career Decision-making could well present a new focus area. In a period of increasing career-instability and -change, which we are currently experiencing, emotions could be used optimally in the Career Decision-making process. Eventually Emotional Intelligence will become a critical skill in adapting to a rapidly changing career landscape.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie literatuurstudie bevat 'n omvattende oorsig oor Emosionele Intelligensie, met 'n indiepte bespreking van die belangrike rol van emosies in Beroepsbesluitneming. Die noodsaaklikheid van so 'n studie is geïdentifiseer vanuit individue se onvermoë om suksesvolle, bevredigende en volhoubare beroepsbesluite te neem. Aangesien die konsep van Emosionele Intelligensie nog betreklik nuut is in die Suid-Afrikaanse konteks, dien hierdie literatuurstudie as verkenning van die onbekende veld van emosionele funksionering in beroepsbesluitneming, voordat verdere empiriese navorsing onderneem word. Die eerste deel van die literatuurstudie het ten doelom die konsepte van emosies, intelligensie en Emosionele Intelligensie te definieer en te verduidelik. Die fokus verskuif in die tweede gedeelte van die literatuurstudie na die belangrike rol van Emosionele Intelligensie in Beroepsbesluitneming. Aangesien 'n teoretiese grondslag vir die rol van emosies in Beroepsbesluitneming tot hede afwesig was, word Emosionele Intelligensie voorgestel as teorie om hierdie leemte te vul. Na aanleiding daarvan word 'n volledige toetsbattery voorgestel wat gebruik kan word in 'n Emosioneel-intelligente Beroepsbesluitnemingsproses. Die gevolgtrekking van hierdie literatuurstudie is dat daar met nuwe oë na die proses van Beroepsbesluitneming gekyk kan word. Tans heers 'n periode van toenemende beroepsontstabiliteit en -verandering, waar emosies optimaal aangewend kan word in die proses van Beroepsbesluitneming. Emosionele Intelligensie sal uiteindelik as 'n kritiese vaardigheid aangewend kan word om aan te pas by 'n vinnig-veranderende beroepslandskap .
Description
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2005.
Keywords
Emotional intelligence, Vocational guidance, Dissertations -- Psychology
Citation