'n Evaluering van die semantiese inligting in die verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal

Date
1990-12
Authors
Fouche, Michele
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: An evaluation of semantic information in a dictionary must take into account all aspects of meaning of lexical items. Therefore the different homonyms and polysemous senses of lexical items and the underlying semantic relations between lexical items are accounted for. A description should be given of the lexical items which form the macrostructure of HAT. These lexical items include sublexical, multilexical and free lexical items. The treatment of multilexical items in HAT is not satisfactory at present and suggestions are made for the improvement of the situation. Possible solutions for distinguishing between homonymy and polysemy are given. Suggestions to determine the possible polysemous senses of a lexical item are also made. The ordering of polysemous senses and different homonyms are discussed. It is essential to make use of a synchronic criterion to distinguish between homonymy and polysemy. The HAT's treatment of semantic relations between lexical items is not always very succesfull. The semantic relation which receives the most substantial treatment is that of semantic inclusion between lexical items. The HAT's treatment of synonyms is not without problems. More attention should be given to semantic linking and semantic opposition between lexical items. An evaluation of the system of cross-references in HAT is given, with special reference to the function of cross-references. Sometimes indistinct typographical conventions are used and they confuse the user of the dictionary. The indistinct use of typographical conventions has a detrimental influence on the transfer of information. The cross-reference system of HAT can be improved by an informative explanation in the general introduction, focusing on ways and means to use it more specifically, unambiguously and consistently. A distinction is made between various types of definitions used to define lemmas. Well known lexicographic definitions such as definitions per genus et differentia, synonymdefinitions, example definitions, circular definitions and descriptive definitions are discussed. The usage definition and two definitions which explicate a semantic plus value, the contrast and diminutive definitions, are identified. Attention is also given to the role of the general introduction in a standard synchronic dictionary. Suggestions are made to improve the general introduction of HAT.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Wanneer semantiese inligting in 'n woordeboek ondersoek word, word alle aspekte van leksikale items se betekenis in ag geneem. Dit sluit homonimiese vorme en polisemiese onderskeidinge van leksikale items in, asook die semantiese betrekkinge wat leksikale items onderling met mekaar aangaan. Die leksikale items wat die makrostruktuur van die HAT vorm, word beskryf. Dit sluit subleksikale, multileksikale en vrye leksikale items in. Verskillende tipes multileksikale en subleksikale items word onderskei. Tans word multileksikale items in HAT nie na wense hanteer nie en voorstelle word aan die hand gedoen hoe die stelsel verbeter kan word. Moontlike oplossings vir die onderskeidingsprobleem tussen homonimie en polisemie, asook maniere waarop 'n leksikale item se polisemiese onderskeidinge vasgestel kan word, word verskaf. Aandag word ook aan die ordening van polisemiese onderskeidinge en homonimiese vorme gegee. Dit is belangrik dat 'n sinchroniese maatstaf gebruik word om tussen homonimie en polisemie te onderskei. Semantiese betrekkinge tussen leksikale items word met 'n wisselende mate van sukses deur HAT hanteer. Semantiese insluiting tussen leksikale items word die meeste beskryf. Daar bestaan egter probleme by die hantering van sinonimie tussen leksikale items. Semantiese aansluiting tussen leksikale items word min deur die woordeboek aangedui. Semantiese opposisie tussen leksikale items kan ook meer deur die HAT aangedui word. Die kruisverwysingstelsel van die HAT word ondersoek. Funksies van kruisverwysings word beskryf. Kruisverwysings word wel deur die HAT redaksie gebruik, maar hulle kan nog meer gebruik word. Soms word onduidelike tipografiese konvensies gebruik en dit het swak inligtingsoordrag tot gevolg. Die kruisverwysingstelsel van die HAT kan verbeter word deur dit in die toeligtende aantekeninge te verduidelik, spesifiek en ondubbelsinnig toe te pas en deur dit konsekwent te gebruik. Verskillende tipes definisies waarmee leksikale items gedefinieer word, word onderskei. Bekende leksikografiese definisies soos genus-differentia-definisies, sinoniemdefinisies, voorbeelddefinisies, sirkeldefinisies en deskriptiewe definisies word bespreek. Die gebruiksdefinisie en twee definsies wat semantiese pluswaardes ekspliseer, naamlik die teenstellingsdefinisie en die verkleiningsdefinisie,word geidentifiseer. Die rol van toeligtende aantekeninge in 'n handwoordeboek word bespreek. Daar word gewys op die swak toeligtende aantekeninge van die HAT. Voorstelle word gedoen oor hoe die hantering van semantiese inligting in die toeligtende aantekeninge verduidelik moet.
Description
Thesis (MA (Afrikaans Language))--University of Stellenbosch, 1990.
199 leaves single sided printed, preliminary pages and numbered pages 1-187. Includes bibliography. Digitized using a Bizhub 250 Scanner to pdf format (OCR).
Keywords
Dissertations -- Afrikaans language, HAT, Woordeboeke, Dictionaries, Lexical items, Homonymy, Polysemy, Theses -- Afrikaans language, Afrikaans language -- Dictionaries, Afrikaans language -- Semantics, Lexicography -- South Africa
Citation