Selfkonsep en veerkragtigheid van 50- tot 60 jarige muurbalspelers

Date
2009-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verkennende studie is onderneem om die rol van fisiese welstand rakende algehele geestesgesondheid te ondersoek. Die hoofdoelstelling is om vas te stel of daar verskille is tussen die selfkonsep en veerkragtigheid van ‘n groep individue wat kompeterend aan muurbal deelneem (vir ten minste die afgelope 12 maande) en ‘n ander groep wat geensins aan enige fisiese oefening deelneem nie (ook vir die afgelope 12 maande). Beide die groepe behoort tot die ouderdomsgroep van 50- tot 60 jariges. Hierdie navorsing is aangepak binne die positiewe paradigma van sielkunde as die wetenskaplike bestudering van die oorspronge, die prosesse en meganismes rakende optimale vlakke van menslike funksionering. Binne die kwantitatiewe benadering is ‘n vergelykende navorsingstipe gebruik. Sestig deelnemers is vir die doel van die studie gebruik. Die deelnemende groep (n=30) neem op ʼn gereelde basis aktief deel aan georganiseerde muurbal in die Meestersliga van die Westelike Provinsie se Muurbalunie. Die nie-deelnemende groep (n=30) het bestaan uit dertig individue wat glad nie aan enige fisiese oefening deelneem nie. Drie meetinstrumente is deur al die respondente voltooi, naamlik die Demografiese Vraelys, die Rosenberg Selfkonsepvraelys en die Veerkragtigheidsvraelys. Statisties beduidende verskille is gevind tussen die selfkonsep en veerkragtigheid van die deelnemende groep en nie-deelnemende groep. Die deelnemende groep het ʼn hoër selfkonseptelling en veerkragtigheidstelling as die nie-deelnemende groep getoon.
ENGLISH ABSTRACT: This explorative study was undertaken to investigate the role of physical well-being regarding mental wellness. The main objective was to establish whether there is a difference in the self-concept and resilience of a group of individuals who participate in squash on a competitive level (for at least the past 12 months) and an age equivalent that does not take part in any physical exercise (for also at least the past 12 months). Both these group’s members belong to the age group of 50 to 60 year olds. This research was located in the paradigm of positive psychology as the scientific study of the origins, processes and mechanisms regarding the levels of optimal human functioning. In this quantitative approach a comparative research method was used. Sixty persons were included in the sample of the study. Members of the participating group (n=30) take part in organised squash actively in the Masters League of the Western Province Squash Union on a regular basis. The non-participating group (n=30) consisted of individuals that do not take part in any physical exercise. Three measuring instruments were completed by all the respondents, namely the Demographic Questionnaire, the Rosenberg Self-Concept Questionnaire and the Resilience Questionnaire. Significant statistical differences were found in measures of the self-concept and resilience between the participating group and the non-participating group. The participating group showed a higher self-concept score and resilience score than the non-participating group.
Description
Thesis (MA (Psychology))--University of Stellenbosch, 2009.
Keywords
Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology
Citation