Tikverslawing in die gemeenskap van die Rynse Kerk Bellville : 'n prakties-teologiese ondersoek na die behoeftes van geaffekteerde families.

Date
2012-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Drugs are a very real problem in South-Africa. It affects health and is endemic to societal problems. Methamphetamine, popularly called “Tik,” is relatively cheap and easy to come by. Many young people use it and become addicted - with very bad repercussions for their families and society at large. In the Bellville South area most families suffer because of this scourge and are desperately looking for help. Faith communities have no option but to address the problem. The research focuses on the Bellville-South community where numerous families struggle with the scourge, desparately looking for help. As such faith communites are challenged to get involved and address tik-addiction and the related sociao-economic problems. The leadership of the Rhenish Church in Bellville took on the challenge to live up to the needs of families and society and to provide guidance for families. It is realistic to accept that there is no easy quick-fix solution to the problem. A holistic approach is needed. Thus the congregation has to do some real soul-searching and address its being functions, identity and calling in a time like this. How can the church be a safe haven for its members and the suffering community‟s parents and children? The research took an analytical look at the congregation, describing it from different angles. It also made a study of the drug problem, focussing on Tik. From a normative angle it looked at the essence of a missional church and asked how a missional church should address these challenges. It develops a strategy to guide leadership and congregation to support the families affected by the scourge. Eventually a missional ministry should be in place that will reach out in love and care to serve the community.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Dwelmmisbruik is ‟n geweldige probleem in Suid-Afrika. Hierdie probleem hou nie net gesondheidrisiko‟s in nie, maar veroorsaak ook ernstige en dikwels verwoestende sosiale probleme. Methamphetamine, populêr bekend as Tik, is redelik goedkoop en vrylik beskikbaar. Dit word deur talle jongmense gebruik met die gepaardgaande veelvuldige gevolge en verslawing. Dit affekteer individue, gesinne, en totale gemeenskappe. Hierdie studie fokus op die gemeenskap van Bellville-Suid waar talle gesinne worstel met die euwel en desperaat soek om hulp. Hierdie situasie van tikverslawing en gepaardgaande sosiale uitdagings daag veral die verskillende geloofsgemeenskappe uit om betrokke te raak by die aanspreek van die probleem. Ook die Rynse Kerk Bellville staan midde in die sosiaal-maatskaplik en sosio-ekonomies uitdagings en behoeftes. Die leierskap van die gemeente is soekend om hulself te bekwaam om op „n sinvolle wyse lidmate te begelei in hoe om veral die uitdagings rondom tikverslawing aan te spreek. Aangesien gesinne in besonder deur hierdie verskynsel geraak word, fokus hierdie studie op die behoeftes van gesinne. Die gemeente besef dat daar nie ‟n resep vir so iets is nie en dat die probleem holisties aangepak moet word. Die gemeente word dus verplig om baie ernstig selfondersoek te doen en na sy wese, sy identiteit en roeping te kyk. Hoe kan die gemeente ‟n veilige hawe vir sy lidmate en gemeenskap se ouers en kinders word? Die ondersoek beskryf die Rynse Kerk Bellville asook die probleem van tikverslawing in die families van die gemeente. Hoe sou daar in die lig van „n missionale teologie op die uitdagings gereageer word? ‟n Bedieningsplan word voorgestel om die leierskap en lidmate te bemagtig om ondersteunend betrokke te raak by geaffekteerde families. Die doel hiervan is om ‟n missionale bediening te vestig wat met barmhartigheid en liefde die gemeenskap dien.
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Tik abuse, Dissertations -- Practical Theology, Theses -- Practical Theology, Drugs abuse, Drug addiction -- South Africa -- Bellville, Rynse Kerk
Citation