Missionale transformasie in die Nederduitse Gereformeerde gemeente Eloffsdal : ‘n terdoodveroordeelde gemeente herleef

Date
2011-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This research has been conducted from a post modern, practical theological point of view. The focus of the research is on the question: How was it possible for Eloffsdal Dutch Reformed Church as a congregation with a death penalty on it to experience new life and hope? I share a couple of introductory ideas and concepts in Chapter 1. The focus is on the research question mentioned above, the historical background and the unique context of the congregation. Concepts are clarified to explain the meaning of certain concepts in the study. Concepts include missional, missional transformation, stories/narratives, identity, capacity, new borders, a new church concept and God stories of Hope are clarified. Chapter 2 deals with the importance of considering the congregation's story and the context in which it played and still plays out. The micro, meso and macro contexts are also taken into account. In Chapter 3 Eloffsdal's members tell the story of the congregation through the use of the nominal group technique as well as the use of the ethnographic reading report. The congregation is then described according to ethnographic interviews, missional conversations and relevant nominal questionnaires. Chapter 4 focuses on the theology, practical theology and the narrative practical theology. The identity of the congregation, the re-discovery of the initiative of the Trinity, the discovery to be send out or be missional as well as the development of new capacities are described. In Chapter 5 there is a search for a possible paradigm shift where the congregation itself needs to discover and develop various levels and different contexts in their missional journey. This will involve that new borders will be crossed. The processes and factors which turned the members' minds to contribute to their new concepts of the church (ecclesiology) are also discussed. Together with my co-researchers we searched for possible stories of Hope. Chapter 6 is a critical reflection on the research process and the possible missional transformation that contributed to a congregation's experience of new life and hope in spite of a death penalty being spoken out over it. Possible limitations of the research as well as topics for further research are mentioned. The end of any process is and always will be open and always leads to further questions and problems to be discovered. This research does not end with a full stop, but with a comma,….
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hoe het Eloffsdal NG Gemeente as ʼn terdoodveroordeelde gemeente nuwe lewe en hoop gekry? Dit is die navorsingsvraag wat in die navorsing aan die orde gestel word. In Hoofstuk 1 hanteer ek enkele inleidende gedagtes en konsepte. Die soeklig val kortliks op die navorsingsprobleem, die konteks van die gemeente en historiese agtergrond wat ondersoek word in die res van die navorsing. Die begripsverheldering help om van die kernbegrippe in die navorsing uit te lig. Begrippe soos missionaal, missionale transformasie, verhale/narratiewe, identiteit, kapasiteit, nuwe grense, nuwe kerk begrip en God stories van Hoop word omskryf. Hoofstuk 2 handel oor die noodsaaklikheid om die gemeenteverhaal en die konteks waarbinne dit oor jare afgespeel het, te verreken. Die mikro, meso en makro kontekste word ook verreken. In Hoofstuk 3 word Eloffsdal se lidmate aan die woord gestel om deur middel van die nominale groep tegniek asook die bevindinge uit die etnografiese leesverslag, die navorsingstorie van die gemeente te vertel. Die gemeente word met behulp van die etnografiese onderhoude, missionale gesprekke en toepaslike nominale vraelyste beskryf. In Hoofstuk 4 val die fokus op die teologie, praktiese teologie en narratiewe praktiese teologie. Die identiteit van die gemeente, die herontdekking van die insiatief van die Drie-enige God, die ontdekking van gestuurd wees asook die ontwikkeling van nuwe kapasiteite, word in dié hoofstuk verreken en ontgin. In Hoofstuk 5 word na 'n moontlike paradigmaskuif gesoek waar die gemeente self die verskillende vlakke en kontekste in hulle unieke konteks gaan ontgin. Nuwe grense word ook oorgesteek. Die prosesse en faktore wat in die mense se koppe gedraai het en sodoende meegehelp het om 'n nuwe kerkbegrip (ekklesiologie) te laat ontwikkel word ondersoek. In samewerking met my medenavorsers word daar gesoek na moontlike stories van hoop. Hoofstuk 6 handel kortliks oor 'n kritiese refleksie oor die navorsingsproses en die moontlike missionale transformasie wat meegehelp het om 'n terdoodveroordeelde gemeente te laat herleef. Moontlike leemtes in die navorsing en voorstelle oor gepaste onderwerpe vir verdere navorsing, word ook hier hanteer. Die einde is en bly altyd 'n oop proses en ontlok altyd weer nuwe vrae vir verdere navorsing. Daar is nie 'n punt aan die einde van die navorsing nie, wel 'n komma, ……..
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Missionale Transformasie, NGK Eloffsdal, Dissertations -- Practical Theology, Theses -- Practical Theology, Nederduitse Gereformeerde Kerk -- Eloffsdal -- History, Eloffsdal (South Africa) -- Church history, Missions -- Theory, Missions of the Church
Citation