Aanvaarding van roetine MIV berading en toetsing in die konteks van die gesondheidsoortuigingsmodel

Date
2011-12
Authors
Nothling, Jani
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: South Africa is one of the countries with the highest HIV prevalence rates worldwide and younger age groups are often disproportionately affected. Knowledge of HIV status is regarded as an important prevention strategy for reducing HIV transmission and infection and it is viewed as a means to access antiretroviral therapy. Routine HIV Counseling and Testing (RCT) can significantly increase knowledge of HIV status, but it is unclear whether RCT will be accepted if offered. The aim of this study was to determine whether the main dimensions of the Health Belief Model (HBM) namely, perceived susceptibility, perceived severity, perceived benefits and perceived barriers can predict acceptance of RCT. A second objective of the study was to determine if the variable of the HBM, namely cue’s to action could significantly contribute to predicting acceptability of RCT. A sample of 1113 students at the University of Stellenbosch in the Western Cape Province of South Africa completed a structured questionnaire, measuring the acceptability of RCT. Multiple regression analysis was used to analyze the data and it was found that the main dimensions of the HBM could explain 25.1% of the variance in acceptance of RCT. It was however found that the variable perceived severity did not make a significant individual contribution to predicting acceptability of RCT. The addition of the variable cues to action also did not make a significant individual contribution to the prediction of RCT. It was therefore found that the HBM could partially, but not in its entirety, predict acceptability of RCT among the student population. Interventions should therefore aim to increase perceived benefits of RCT, reduce perceived barriers to RCT and facilitate correct personal risk assessment in order to increase perceived susceptibility.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste MIV voorkomsyfers wêreldwyd en jonger ouderdomsgroepe word dikwels disproporsioneel geaffekteer. Kennis van MIV status word beskou as ’n belangrike voorkomingstrategie vir die vermindering van MIV oordrag en infektering en dit baan verder ook die weg tot antiretrovirale terapie. Roetine MIV Berading en Toetsing (RBT) kan daarin slaag om kennis van MIV status aansienlik te verhoog, maar dit is egter onduidelik of RBT aanvaar sal word, indien dit aangebied word. Die hoofdoel van hierdie studie was om te bepaal of die hoofdimensies van die Gesondheidsoortuigingsmodel (GOM), naamlik waargenome vatbaarheid, waargenome erns, waargenome voordele en waargenome hindernisse, aanvaarding van RBT sal kan voorspel. ’n Verdere oogmerk van die studie was om te bepaal of die veranderlike van die GOM, naamlik aanwysings tot aksie, ’n beduidende bydrae tot die voorspelling van aanvaarding van RBT kon lewer. ’n Steekproef van 1113 studente aan die Universiteit van Stellenbosch in die Weskaap Provinsie van Suid-Afrika het ’n gestruktureerde vraelys, vir die meting van aanvaarding van RBT, voltooi. Veelvuldige regressie-analise was gebruik om die data te analiseer en daar was bevind dat die hoofdimensies van die GOM 25.1% van die variansie in aanvaarding van RBT kon voorspel. Die veranderlike waargenome erns het egter nie ’n beduidende individuele bydra tot die voorspelling van RBT gelewer nie. Die byvoeging van die veranderlike aanwysings tot aksie het verder ook nie ’n beduidende individuele bydrae tot die voorspelling van RBT gelewer nie. Daar is dus bevind dat die GOM gedeeltelik, maar nie as geheel nie, aanvaarding van RBT onder die studentepopulasie kan voorspel. Intervensies behoort daarom te fokus op die vermeerdering van waargenome voordele verbonde aan RBT, die vermindering van waargenome hindernisse tot RBT en korrekte persoonlike risiko-evaluering vir die verhoging van waargenome vatbaarheid vir MIV.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
HIV-positive persons -- Counceling of, Aids (Disease) -- Testing, Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology
Citation