The identification of resilience in, and the development of a corresponding intervention programme for families with a parent living with major depressive disorder

Date
2009-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Major Depressive Disorder is a prevalent psychiatric illness that poses critical risk factors to families. Risk factors associated with depression are widely researched, but limited South African and international research exists with regard to family resilience factors and intervention programmes associated with these high-risk families. The aim of the present study was to address these limitations by (a) identifying and describing the qualities of resilience in families in which a parent had been living with Major Depressive Disorder, (b) developing a family intervention programme for parents to strengthen and enhance a quality of resilience and, finally, following the intervention programme, (c) to evaluate the impact of the intervention programme on the identified resilience quality. The research was divided into two phases in order to address the above-mentioned, namely the descriptive phase (Phase 1) and the intervention phase (Phase 2). The results of the descriptive phase revealed various statistically significant correlations between the independent variables and the dependent variable, namely family adaptation, as measured by The Family Attachment Changeability Index 8 (FACI8) (McCubbin et al., 1996). The strongest statistically significant correlation was found between family problem solving and communication, and family adaptation. This steered the development of the intervention programme, aiming it at enhancing family problem solving and communication as a family resilience quality. An experimental design was used to evaluate the impact of the intervention programme. Analysis 1 revealed a trend (not statistical significant on a 5% level), suggesting that negative communication decreased over a three-month period after the intervention programme. Analysis 2 supported this trend on a 5% level. The qualitative post-test data reveal that the participants perceived the intervention programme in a very positive light, namely as a beneficial and educational experience. Furthermore, the three-month follow-up assessment showed that the majority (81%) of the participants indicated that the intervention programme impacted positively on their family’s communication.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Major Depressiewe Steuring is ‘n bekende psigiatriese siekte wat gesinne met kritiese risikofaktore uitdaag. Hierdie risikofaktore is wyd nagevors, maar beperkte Suid-Afrikaanse en internasionale navorsing bestaan met betrekking tot gesinsveerkragtigheidsfaktore en gepaste intervensieprogramme wat met hierdie hoë risiko gesinne geassosieer word. Die doel van die huidige studie was om hierdie beperkings aan te spreek, deur (a) veerkragtigheidsfaktore te identifiseer en te beskryf in gesinne waar ‘n ouer met Major Depressiewe Versteuring leef, (b) om ‘n gesinsintervensieprogram vir ouers te ontwikkel wat ‘n spesifieke veerkragtigheidsfaktor kan versterk en ontwikkel, en (c) om die impak van die intervensieprogram op die geïdentifiseerde veerkragtigheidsfaktor te evalueer. Die navorsing is in twee fases verdeel, naamlik die beskrywende fase (Fase 1) en die intervensie fase (Fase 2) om bogenoemde aan te spreek. Die resultate van die beskrywende fase het verskeie statisties beduidend korrelasies getoon tussen die onafhanklike veranderlikes en afhanklike veranderlike, naamlik familie aanpasbaarheid, wat deur The Family Attachment Changeability Index 8 (FACI8) gemeet is (McCubbin et al., 1996). Die sterkste statisties beduidende korrelasie was tussen gesin probleemoplossing en kommunikasie en gesin aanpasbaarheid. Hierdie verhouding het die ontwikkeling van die intervensieprogram bepaal wat ten doel gehad het om gesin probleemoplossing en kommunikasie as ‘n gesinsveerkragtiheidskwaliteit te ontwikkel. ‘n Eksperimentele ontwerp is gebruik om die impak van die intervensieprogram te evalueer. Analise 1 het ‘n tendens (nie statisties beduidend op ‘n 5 % vlak) uitgelig wat daarop dui dat negatiewe kommunikasie verminder het oor ‘n periode van drie maande na die intervensieprogram. Analise 2 het hierdie tendens ondersteun op ‘n 5% vlak. Die kwalitatiewe na-toets data het aangedui dat die deelnemers die intervensieprogram in ‘n baie positiewe lig ervaar het en as voordelig en opvoedkundig beskou het. Die drie-maande opvolgassessering het ook aangedui dat die meerderheid (81%) van die deelnemers gevind het dat die intervensieprogram ‘n positiewe impak op hulle gesinskommunikasie gehad het.
Description
Thesis (DPhil (Psychology))--University of Stellenbosch, 2009.
Keywords
Depression, Mental -- Prevention, Operant behavior, Intervention programme, Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology
Citation