The Global Village: A case study of the frescoes at Akrotiri as evidence for multiculturalism in the Bronze Age Aegean

Date
2022-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Perceptions of the culture and identity at Akrotiri often suggest a ‘Minoanized’ civilization which came into being and succeeded as a product of Minoan settlement and thalassocracy. Evidence for this lies in the material remains found at Akrotiri, and in particular in the fresco fragments and compositions which have been restored at the site. That said, this Minoan reading is largely a product of confirmation bias. While the images at Akrotiri do share some resemblance to those found at Knossos and other pre-Greek settlements, they also bear resemblance to images, themes, and motifs seen in North African and West Asian imageries. This thesis investigates the extent to which the frescoes of Akrotiri are influenced by Cretan, Egyptian, and Asian material evidence, and how the iconographies from across the Bronze Age Aegean trade route are synthesised into unique compositions at the site. In order to do so, a corpus of images from Xeste 3, the West House and Sector Beta are discussed alongside comparanda from various settlements in the Aegean network of trade and diplomacy. In doing so, Akrotiri becomes a useful case study in understanding the development and maintenance of a globalised Aegean network through the study of the visual echoes seen at the site. Because of this globalised space, ideological distances are collapsed and Akrotiri becomes an example of a physical, ancient Global Village.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Waarnemings van die kultuur en identiteit te vinde by Akrotiri stel dikwels 'n 'Geminoaniseerde' beskawing voor wat tot stand gekom en floreer het as ʼn produk van Minoïese nedersetting en talassokrasie. Getuienis hiervoor kan in die materiële oorblyfsels wat by Akrotiri gevind is, en veral in die fresko-fragmente en komposisies wat op die terrein gerestoureer is, gevind word. Nogtans, hierdie Minoïese lesing is grootliks die produk van bevestigingsvooroordeel. Alhoewel die beelde by Akrotiri wel 'n mate van ooreenkomste met dié wat by Knossos en ander voor-Griekse nedersettings gevind word, deel, stem dit ook ooreen met beelde, ikone en motiewe wat in Noord-Afrikaanse en Wes-Asiatiese beelde gesien word. Hierdie tesis ondersoek die mate waartoe die fresko's van Akrotiri beïnvloed word deur Kretense, Egiptiese en Asiatiese materiële getuieniss, en hoe die ikonografie van regoor die Bronstydperk Egeïese handelsroete in unieke komposisies gesintetiseer word. My metode behels 'n bespreking van beelde van Xeste 3, die “West House” en Sektor Beta – die basis van my korpus – tesame met vergelykings van verskeie nedersettings in die Egeïese netwerk van handel en diplomasie. Gevolglik raak Akrotiri 'n nuttige gevallestudie om die ontwikkeling en instandhouding van 'n geglobaliseerde Egeïese netwerk te verstaan deur middel van die ontleding van die visuele eggo's wat op die terrein gesien kan word. As gevolg van hierdie geglobaliseerde ruimte, word die grense tussen ideologieë vervaag en Akrotiri word 'n voorbeeld van 'n fisiese, antieke “Global Village”.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Civilization, Ancient, Bronze Age -- Greece, Akrōtēri (Greece), Civilization, Aegean, Multiculturalism, UCTD
Citation