’n Inhoudsanalise van Weg! se redakteursbriewe in sy eerste vyftien jaar – ’n gevallestudie

Lamprecht, Leon-Ben (2021-12)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2021.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Journalism studies research focuses mostly on what can be described as hard news. In other words, mostly political and mainstream news reporting. This sometimes happens at the expense of research on other types of journalism. Magazine research in South Africa, and specifically the type that focuses on historiography, is limited. It can be described a “fertile ground”. This research project attempts to add to this discipline, and specifically researches the origins and development of the Afrikaans outdoor magazine Weg! as a case study. This magazine was the first Afrikaans magazine of its type, and this study will document its origins. This research is important since no other study of its type has been done for Weg! This research project will approach this topic form the theoretical framework of magazines as social barometers. The chosen research design is that of a case study and is qualitative of nature. The goal is an in-depth analysis of a single system. The methodology used is a content analysis by theme, otherwise known as thematic content analysis. For this, a content analysis was done of the content of Weg!’s editor’s letters in its first issue, and thereafter for every birthday issue until its 15th year. The editor’s letter for the magazine’s 100th issue was also included in the analysis. Thus, 17 letters, in total, were analysed. Positivity, or optimism, nostalgia and affordable travel were all found to be strong focus areas of the magazine. Further findings are that Weg! is indeed a social barometer of its time and readers. This research project argues that the magazine’s readers are avid travellers who want to explore their own country, and that the magazine answers this need, inter alia, by supplying them with information to do this.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Joernalistiekstudie-navorsing fokus meestal op wat beskryf kan word as harde nuus, met ander woorde, veral politieke en hoofstroomnuusverslaggewing, en soms ten koste van ander vorms van die joernalistiek. Tydskrifnavorsing in Suid-Afrika, en veral die wat fokus op historiografie, is redelik beperk – dit is eintlik “braak grond”. Hierdie navorsingsprojek poog dan om by te dra tot hierdie vakgebied, en ondersoek spesifiek die ontstaan en ontwikkeling van die buitelug-tydskrif Weg! as ’n gevallestudie. Hierdie tydskrif was die eerste buitelugblad in Afrikaans en die studie sal sy ontstaan dokumenteer. Die betrokke navorsingstuk is van belang omdat ’n literatuurstudie aangetoon het daar is nog geen studie van hierdie aard oor die tydskrif Weg! gedoen nie. Die navorsingstuk bestudeer Weg! vanuit die teoretiese raamwerk van tydskrifte as sosiale barometers. Die gekose navorsingsontwerp is die van ’n gevallestudie, en is kwalitatief van aard. Die doel is dus ’n diepte-analise van ’n enkele sisteem. Die metode wat gebruik is, is die van inhoudsanalise volgens tema, of dan tematiese inhoudsanalise. Hiervoor is ’n inhoudsanalise van die inhoud van Weg! se redakteursbrief in sy heel eerste uitgawe gedoen, en daarna in elke verjaardaguitgawe tot en met die 15de bestaansjaar, asook die redakteursbrief van die 100ste uitgawe. Daar is dus 17 redakteursbriewe in totaal geanaliseer. Daardeur is bevind positiwiteit, nostalgie en bekostigbare reis is sterk fokusareas vir die tydskrif. Daar is verder bevind dat Weg! as sosiale barometer van sy tyd en lesers gedien het. Dit het geargumenteer dat die tydskrif se lesers gretige reisigers is wat hul eie land wil verken, en dat die tydskrif in hul behoefte voorsien het om dit te kan doen deur inligting hieroor vir hulle aan te bied.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/123720
This item appears in the following collections: