Fundamental procedural rights of civil litigants in Australia and South Africa : is there cause for concern? (part 1)

Date
2019-07-16
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
Op 6 Maart 2019 sterf drie jong dogters op weg na hul skool vir gehoorgestremdes in Durban as ’n taxibestuurder op volle vaart deur ’n rooi verkeerslig jaag en tussen die kinders op die sypaadjie deurploeg. Na berig word, het die bestuurder weggehardloop van die toneel van die ongeluk, maar is later aangekeer. Teen die taxibestuurder word na bewering ongespesifiseerde verkeersoortredings ondersoek - wat mag insluit ’n snelheidsoortreding, die verontagsaming van ’n rooi verkeerslig, roekelose bestuur, of nalate om hulp op ’n ongelukstoneel aan slagoffers te verleen - én moontlik strafbare manslag (Bhengu “Bail for taxi driver who ploughed into teens, killing three” TimesLive in Sunday Times (13-03-2019) 1). Hoekom nie moord nie? Geld vir taxibestuurders in Suid-Afrika, anders as byvoorbeeld in Duitsland (sien 618 hieronder), buitengewone en uitsonderlike verkeersreëls wat insluit straffelose verontagsaming van snelheidsperke, verkeersligte of stoptekens, die arrogante ry oor geelstroke soos ook op voetgangers se sypaadjies, die jaag téén aankomende verkeer en op die teenoorgestelde rybaan? Nog is geen gerapporteerde beslissing aantoonbaar waar ’n Suid-Afrikaanse hof ’n oortreder weens gedrag waaruit afgelei moet word dat die dader met die erns van sy wandade rekening gehou het en hom daarmee versoen het dat dít die dood van onskuldige ander verkeersdeelnemers kan veroorsaak, skuldig bevind het aan moord én dienooreenkomstig lewenslange gevangenisstraf opgelê het nie.
Description
Keywords
Civil rights, Civil litigation, Civil procedure -- South Africa, Civil procedure -- Australia
Citation