Towards co-management of small-scale inland fisheries and livelihoods : a case study of Lake Itezhi-Tezhi, Zambia

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Over the past thirty years fisheries co-management has been the alternative governance approach for addressing fisheries resource over-exploitation in many of Africa’s inland water bodies. In most cases these water bodies were previously governed by a top-down, central government-controlled governance system. Despite such a paradigm shift, most of these co-management reforms have still not proven to be a solution for governance problems in Africa’s inland fisheries sector. Instead, they have produced mixed results depending on the different strategies and approaches taken by different countries. This study aimed at contributing to practical knowledge and understanding of factors that would enhance the feasibility and success of a co-management governance approach for small-scale inland fisheries, particularly in national parks and game management areas. The focus was on promoting sustainable fishing of fisheries resources and enhancing the livelihoods of fishers’ households in these fisheries. The study focused on achieving three objectives. The first was to assess the contribution of small-scale fishing on Lake Itezhi-Tezhi to the livelihoods of local fishers’ households, the extent of their vulnerability, the livelihood coping strategies employed, and the impact of legislation on these livelihoods. The second was to assess and analyse the current governance approach at the small-scale Lake Itezhi-Tezhi fishery and the sustainability of fishing practices adopted by the fishers, and the third objective was to explore the prospects of initiating a co-management approach with multiple stakeholders at Lake Itezhi-Tezhi fishery. Based on a pragmatic approach, this study used an embedded case study, with Lake Itezhi-Tezhi, Zambia as the case, as a research design. This design adopted the use of a mixed-method approach comprising focus group discussions, survey and semi-structured interviews, for collecting data from different fishery’s stakeholders, primarily the fishers. The key research finding was that there is a need for a holistic assessment of the livelihood needs of small-scale fishers before any co-management strategy is implemented. This finding implies that fishers’ livelihoods should be well understood and prioritised in the planning process of a small-scale fisheries co-management arrangement. This approach would ensure the fishers’ livelihoods are supported and catered for during the development of a co-management system. Having the fishers’ livelihoods supported would further motivate their continued participation in the decision-making process of the co-management arrangement, thus enhancing stewardship of every stage of the process by the fishers. Furthermore, this study argued that there is a need to assess and fully understand the existing governance system of a fishery before designing and implementing a co-management arrangement. This assessment and understanding, in terms of the governance legitimacy among stakeholders, ascertains the stakeholders’ capabilities and capacities for a reformed governance approach, namely the co-management arrangement in the case of Lake Itezhi-Tezhi fishery. Unlike the post-assessment of co-management used in other studies, this study has argued for a ‘pre-assessment of co-management’ with ‘key conditions’ for the success of the fishery co-management process. The outcome of the assessment ultimately creates a platform and framework for stakeholders, the Fisheries Co-management Development Framework in the case of Lake Itezhi-Tezhi fishery, for further deliberations towards addressing the highlighted ‘key conditions’. These deliberations ultimately lead to policy creation or reforms, and designing strategies for enhancing fishers’ livelihoods and promoting sustainable fishing.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Oor die afgelope dertig jaar was medebestuur van visserye die alternatiewe bestuursbenadering vir die aanspreek van oorbenutting van visseryhulpbronne in talle van die binnelandse waterliggame in Afrika. In die meeste gevalle is hierdie waterliggame voorheen beheer deur 'n hiërargiese (van bo na onder), sentrale regering-beheerde bestuurstelsel. Ondanks so 'n paradigmaskuif, het die meeste van hierdie hervormings met medebestuur nog steeds nie 'n oplossing vir bestuursprobleme in die binnelandse visserye-sektor gebied nie. In plaas daarvan het hulle gemengde resultate opgelewer, afhangende van die verskillende strategieë en benaderings wat deur verskillende lande toegepas is. Hierdie studie se doel is om by te dra tot praktiese kennis en begrip van faktore wat die sukses van ’n medebestuur bestuursbenadering vir kleinskaalse binnelandse visserye sal bevorder, veral in nasionale parke en wildbestuursgebiede. Die fokus is op die bevordering van volhoubare vangste van visbronne en op die verbetering van die lewensgehalte van vissershuishoudings binne die vissersgemeenskappe. Dié studie fokus op die bereiking van drie doelstellings. Die eerste was om die bydrae van kleinskaalse hengel aan die Itezhi-meer van Tezhi tot die lewensgehalte van plaaslike vissers se huishoudings, die omvang van hulle kwesbaarheid, die strategieë wat toegepas is vir die voortbestaan van lewensgehalte en die impak van wetgewing op hierdie lewensgehalte, te beoordeel. Die tweede was om die huidige bestuursbenadering by die kleinskaalse Itezhi-Tezhi-vissery en die volhoubaarheid van die visvangspraktyke wat deur die vissers toegepas is, te beoordeel en te ontleed, en die derde doelstelling was om die vooruitsigte te ondersoek van die instel van 'n medebestuursbenadering met veelvuldige belanghebbendes by die vissery in Itezhi-Tezhi-meer, te ondersoek. Met 'n pragmatiese wêreldbeskouing as onderbou, het hierdie studie 'n geankerde gevallestudie gebruik, met Itezhi-Tezhi-meer in Zambië as navorsingsontwerp. Hierdie ontwerp het die gebruik van 'n gemengde metode-benadering ingespan wat fokusgroepbesprekings, opname- en semi-gekonstrueerde onderhoude behels het om data van verskillende vissery-belanghebbendes, veral die vissers, in te samel. Die belangrikste navorsingsbevinding was dat daar 'n holistiese evaluering van die lewensbehoeftes van kleinskaalse vissers nodig is voordat enige medebestuurstrategie geïmplementeer word. Hierdie bevinding impliseer dat die lewensbestaan van vissers goed begryp en geprioritiseer moet word in die beplanningsproses van 'n kleinskaalse medebestuursreëling vir visserye. Hierdie benadering sal verseker dat die vissers se lewensbestaan ondersteun word en juis daarvoor voorsiening gemaak word met die ontwikkeling van 'n medebestuurstelsel. Indien die vissers se lewensbestaan ondersteun word, sal dit hulle voortgesette deelname aan die besluitnemingsproses van die medebestuursreëling verder motiveer, en sodoende die bestuur van elke fase van die proses deur die vissers verbeter. Voorts het hierdie studie aangevoer dat daar 'n behoefte is om die bestaande bestuurstelsel van 'n vissery te beoordeel en dit ten volle te begryp voordat 'n medebestuursreëling ontwerp en geïmplementeer word. Hierdie beoordeling en begrip, in terme van die legitimiteit van die bestuur onder belanghebbendes, bepaal die vermoëns en kapasiteit van die belanghebbendes vir 'n hervormde benadering tot bestuur, naamlik die medebestuursreëling in die geval van die Itezhi-Tezhi-meer-vissery. Anders as die na-assessering van medebestuur, wat in ander studies gebruik is, is daar in hierdie studie voorbrand gemaak vir 'n 'voorafassessering van medebestuur' met 'sleutelvoorwaardes' vir die sukses van die vissery se medebestuurproses. Die resultaat van die assessering skep uiteindelik 'n platform en raamwerk vir die belanghebbendes – dit is die Visserye Medebestuursraamwerk in die geval van die Itezhi-Tezhi-vissery – vir voortgesette beraadslaging om die uitgeligte 'sleuteltoestande' aan te spreek. Dié beraadslaging lei uiteindelik tot die formulering van beleid of skep van hervormings, en die ontwerp van strategieë om die vissers se lewensgehalte te verbeter en volhoubare visvang te bevorder.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Fishery law and legislation -- Zambia, Itezhi-Tezhi Dam (Zambia) -- Fishing, Small-scale aquaculture -- Itezhi-Tezhi Dam (Zambia), Fishers -- Zambia, UCTD
Citation