A critical analysis of ecotourism and good environmental governance in the Cederberg Complex

Date
2020-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Protected areas are special areas dedicated to conserving nature separate from human pressures. Over the years, this conservation tool has become increasingly popular due to its multiplicity of functions — to serve and safeguards sensitive ecological resources and services, as well as serving the socio-economic development of local communities. Although tourism activities are often utilised as a tool to serve protected areas by acting as an income stimulator, if not governed well, with strategic intent and accountability, the protected areas could become self-destructive. This study explores the role of good environmental governance and ecotourism as tools to serve the Cederberg Complex in the Western Cape Province. It explores the meaning of environmental governance and key principles of good governance; the meaning of ecotourism and how it could be applied to serve the social and human-centred dimensions of tourism; and the environmental and economic aspects involved. The study area (Cederberg Complex) consists of the Cederberg Wilderness, the Hexberg State Forest and the Matjiesrivier Nature Reserve, that fall under the jurisdiction of CapeNature, the Cederberg Local Municipality and West Coast District Municipality. Consequently, there is an overlap between the laws, policies and plans governing ecotourism development in these protected areas and consequently require alignment on various spheres of government — regional, provincial and national. Based on empirical and non-empirical research, the study investigates: (1) how CapeNature as management authority of the Cederberg Complex applies good governance; (2) how ecotourism is governed and implemented in the study area; and (3) success stories of collaboratively governed ecotourism activities in the Cederberg Complex. Accordingly, based on the newly acquired knowledge and in-depth understanding of ecotourism and good environmental governance, the study recommends the next steps to ensure robust implementation to serve the people of the Cederberg Complex. The research identified the need for a collaboration and good governance involving various stakeholders and partnerships, to successfully implement ecotourism in the Cederberg Complex and share local benefits.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Beskermde gebiede is unieke areas wat ontwikkel is met die doel om die natuur te bewaar, uitgeslote van die menslike invloede. Mettertyd het die instelling van beskermende gebiede ‘n gewilde wyse geword om bewaring te implementeer. Dit is hoofsaaklik te danke aan die veelvoudige vermoë om sensitiewe ekologiese dienste en hulpbronne te bewaar, en terselfdertyd sosio-ekonomiese ontwikkeling in plaaslike gemeenskappe te bevorder. Gevolglik word daar gereeld van toerisme-aktiwiteite gebruik gemaak om inkomste in die gebiede te genereer. Dit is dus van kardinale belang om hierdie areas met aanspreeklikheid, strategiese visie en goeie regeerkunde te bestuur om selfvernietiging te voorkom. Die studie ondersoek die rol wat goeie regeerkunde en ekotoerisme as hulpmiddele speel om die Cederberg Kompleks in die Weskaap Provinsie te dien. Dit streef daarna om die betekenis en kern karaktereienskappe van goeie omgewingsregeerkunde te verstaan, sowel as die suksesvolle implementering daarvan. Gevolglik bestudeer hierdie studie die betekenis van ekotoerisme. Dit is belangrik om die konsep volledig te verstaan; die wyse waarop dit die sosiale- en menslike dimensies van toerisme aanspreek; en die ekologiese- as ook ekonomiese aspekte wat daarby betrokke is. Die studiegebied (Cederberg Kompleks) bestaan uit die Cederberg Wildernis, die Hexberg Staatswoud en die Matjiesrivier Natuurreservaat wat ingedeel is onder die jurisdiksie van CapeNature, die Cederberg Plaaslike Munisipaliteit en die Weskus Distrik Munisipaliteit. Gevolglik is daar ‘n oorvleueling van regerende wetgewings, strategiese raamwerke en beleide waaraan die ontwikkeling van ekotoerisme in die gebied moet voldoen en ooreenstem op ‘n streeks- provinsiale en nasionaal vlak. Deur middel van empiriese en nie-empiriese navorsing, ondersoek die studie: (1) hoe CapeNature as bestuurder van die Cederberg Kompleks goeie regeerkunde toepas; (2) hoe ekotoerisme in die Cederberg Kompleks geïmplementeer en bestuur word; en (3) die identifisering van gevallestudies wat ekotoerisme in ‘n samewerkende proses suksesvol implementeer. Geïnspireer deur die nuutgevonde volledige begrip van ekotoerisme en goeie omgewingsregeerkunde, word voorstelle en die volgende stappe geïdentifiseer om die konsepte volledig en deeglik te implementeer. Die studie beklemtoon die noodsaaklikheid van samewerking en goeie regeerkunde, van alle belanghebbendes in die Cederberg Kompleks, om ekotoerisme suksesvol te implementeer en die voordele te deel.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Ecotourism -- Cedar Mountains (South Africa), Protected areas -- Cedar Mountains (South Africa), Sustainable development -- Environmental aspects, Environmental Governance, UCTD
Citation