Persepsies van Xhosa-grootouers in n landelike gemeenskap in Suid-Afrika met betrekking tot hakkel

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Communication is the heartbeat of interactions within health care. Cultures, language groups and communities differ with regard to beliefs, values and practices relating to health. The multilingual and multicultural South African context requires cultural humility and sensitivity of speech-language therapists. To provide optimal service and treatment to their clients, they must be culturally competent. They need to be informed regarding the nature and treatment of speech-language problems in different communities. The values a community holds about the causes and treatment of stuttering could influence treatment decisions and management. There is limited research about the prevailing beliefs and perceptions of different language and cultural groups in South Africa regarding the causes and treatment of stuttering The main aim of the study was to explore the beliefs and perceptions of eight Xhosa grandparents in a rural community in South Africa, regarding the nature and treatment of stuttering in their communities. The data was collected from a single geographical area, namely Lusikisiki in the Eastern-Cape. A qualitative research design was used. A research assistant conducted semi-structured, one-on-one interviews with the respective participants in each participant’s home and in their home language, namely Xhosa. It was not the aim of this study to compare the beliefs of the target population with any other population, but to gain insight regarding the views and beliefs that members of the target community hold regarding stuttering behaviour, treatment and management. The data that was gathered during interviews was separated into main and subthemes. The researchers used thick descriptions to convey the data as accurately as possible. The study indicated that the community held few culture-specific perceptions about stuttering and their views were mostly in agreement with opinions stated in the Western academic literature. Most participants said that stuttering has physical causes, that it is inherited, or the will of God. Participants stated that persons who stutter need help, but were unsure about the available treatment options and were unaware of speech therapy as treatment.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Kommunikasie is die hartklop vir interaksies binne gesondheidsorg. Kulture, taalgroepe en gemeenskappe verskil ten opsigte van oortuigings, waardes en gebruike rakende gesondheid. Die veeltalige en multikulturele Suid-Afrikaanse konteks vereis van spraak-taal-terapeute kulturele nederigheid en sensitiwiteit. Ten einde optimale diens en behandeling aan hul kliënte te verskaf, moet spraak-taal-terapeute kultureel bevoeg wees. Die waardes wat ’n gemeenskap rakende oorsake en behandeling van hakkel koester kan hul behandelingsbesluite beïnvloed. Navorsing oor die persepsies van verskeie taal- en kultuurgroepe in Suid-Afrika rakende die oorsake en behandeling van hakkel is beperk. Die hoofdoel van die studie was om agt Xhosa-grootouers in ’n plaaslike gemeenskap in Suid-Afrika se persepsies rakende die aard en behandeling van hakkel te ondersoek. Die data is vanaf ’n enkele geografiese area, naamlik Lusikisiki in die Oos-Kaap, versamel. ’n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik. Semi-gestruktureerde, een-tot-een-onderhoude is deur die medenavorser met elke deelnemer in hul huistaal, naamlik Xhosa, gevoer. Die doel van die studie was nie om die persepsies van die teikengemeenskap met enige ander populasie te vergelyk nie, maar om insig te bekom rakende die sieninge en persepsies van die teikengemeenskap oor die aard, oorsake en behandeling van hakkel. Die data wat versamel is tydens die onderhoude is in hooftemas en subtemas gegroepeer. Die navorsers het omvattende beskrywings gebruik om bevindinge so akkuraat moontlik oor te dra en daar is gepoog om so veel moontlik perspektiewe rakende elke tema te bied. Die studie het getoon dat die gemeenskap min tot geen kultuurspesifieke persepsies oor hakkel het nie en dat hul sienings meestal ooreenstem met sieninge in die Westerse akademiese literatuur. Dit het geblyk dat hulle met baie aanvaarding optree teenoor ’n persoon wat hakkel en nie tot stigmatisering geneig is nie. Die meerderheid deelnemers het aanvaar dat hakkel fisiese oorsake het, oorgeërf word, of die wil van God is. Deelnemers was van mening dat persone wat hakkel gehelp moet word, maar was onseker oor die aard van die behandeling en was onbewus van spraakterapie as behandeling.
Description
Thesis (MSL&HT)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Stuttering -- Treatment, Speech therapy for children -- Cultural aspects -- Lusikisiki (South Africa), Grandparents -- Attitudes -- Lusikisiki (South Africa), Xhosa (African people), UCTD
Citation