Die verhouding en dialoog tussen die NG Kerk en VGKSA, op plaaslike vlak, vasgeval : 'n pastorale studie

Date
2020-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing fokus op vertroue in verhoudinge en hoe hierdie gebrek aan vertroue dikwels dialoog beïnvloed. Die fokus is die verhouding tussen die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) en die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider Afrika (VGKSA), op plaaslike vlak. Ten spyte van ‘n soeke na sigbare eenheid en samewerking is daar ‘n onvermoë om werklik by mekaar uit te kom. Hoe skep jy vertroue in verhoudinge waar wantroue persone verhinder om mekaar as subjekte raak te sien en eerlik na mekaar kan luister? Die ondersoek word in ses hoofstukke aangebied. Die navorsing is onderneem om vas te stel wat dialoog, vertroue en etiese verantwoordelikheid is, vanuit kontekstuele pastorale berading en bediening. Die navorsingsmetodologie is ‘n literatuurstudie. Nuwe perspektiewe is dat dialoog nie net die uitruil van inligting tussen persone is nie, maar ‘n soeke na regverdigheid en geregtigheid tussen individue. Die individualiteit van die ander moet erken word. Elke persoon het die reg om regverdig te gee en te ontvang. Vertroue ontstaan wanneer regverdig gegee en ontvang word. In simmetriese verhoudings is die balans van wat gegee en ontvang word, gelyk. Dit is ‘n etiese keuse om so op te tree dat die volgende generasie sal baatvind by hierdie optrede. Elke persoon leef in ‘n etiese verantwoordelikheid teenoor ander. Etiek word verstaan as 'n persoon, 'n subjek, wat van die begin af ʼn verhouding met ʼn a/Ander het. Voordat ʼn mens ʼn ander ontdek, tel die ander al vir hom of haar. Elke persoon staan in relasie tot generasies uit die verlede, hede en toekoms.
ENGLISH ABSTRACT: This research focuses on trust in relationships and how this lack of trust often influences dialogue. The focus is the relationship between the Dutch Reformed Church (DRC) and the United Reformed Church of Southern Africa (URCSA), at the local level. Despite a search for visible unity and cooperation, there is an inability to truly come together. How do you create trust in relationships where distrust prevents people from seeing each other as subjects and can honestly listen to each other? The investigation is presented in six chapters. The research was undertaken to determine what dialogue, trust and ethical responsibility are, from contextual pastoral counseling and ministry. The research methodology is a literature study. New perspectives are that dialogue is not just an exchange of information between persons, but a quest for justice and justice between individuals. The individuality of the other must be acknowledged. Every person has the right to give and receive righteousness. Trust arises when justly given and received. In symmetrical relationships, the balance of what is given and received is equal. It is an ethical choice to act in such a way that the next generation will benefit from this action. Each person lives in an ethical responsibility towards others. Ethics is understood as a person, a subject, who has a relationship with an o/Other from the beginning. Before one discovers another, the other already counts for him or her. Each person stands in relation to generations of the past, present and future.
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Responsibility, Nederduitse Gereformeerde Kerk, Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika, UCTD
Citation