Verkenning van WhatsApp as ondersteuningsplatform om ouerbetrokkenheid by Xhosasprekende leerders se opvoeding te bevorder

Slinger-Steenberg, Leah ; Daniels, Doria (2019)

CITATION: Slinger-Steenberg, L. & Daniels, D. 2019. Verkenning van WhatsApp as ondersteuningsplatform om ouerbetrokkenheid by Xhosasprekende leerders se opvoeding te bevorder. LitNet Akademies, 16(2):467-488.

The original publication is available at https://www.litnet.co.za

Article

In Suid-Afrika is ’n huidige neiging dat Xhosasprekende ouers hul kinders toenemend in Afrikaanse skole inskryf. Kognitiewe resepsie, ontwikkeling en uitdrukking word deur die moedertaal van ’n kind geoptimaliseer; wanneer onderrig dus in ’n tweede of soms ’n derde voertaal geskied, kan dit tot negatiewe opvoedkundige uitkomste lei vir sulke leerders (Hooijer en Fourie 2009). Die probleem word vererger wanneer hulle ouers weens hulle beperkte Afrikaanse taalvaardighede nie die nodige opvoedkundige ondersteuning kan bied nie. Dit gee aanleiding tot opvoedkundige uitdagings wat met addisionele verantwoordelikhede vir onderwysers gepaardgaan. Ons doen in hierdie artikel verslag oor ’n studie wat onderneem is om ondersoek in te stel na hoe ouers deur deelname aan ’n huiswerkprogram hulle eie kennis en taalvaardighede kan verbeter sodat hulle hul kinders beter kan ondersteun met huiswerk. Die oorkoepelende doel van die studie was om deur middel van WhatsApp ouerbetrokkenheid by die leerder se leerproses te bevorder. Dit was ook om nuwe insigte te bekom omtrent die opvoedkundige gebruik van WhatsApp. Ons besluit op ’n deelnemende-aksienavorsingsontwerp was gemotiveer deur die geleentheid wat dit skep om ouers aktief te betrek by hulle kinders se opvoeding. Die navorsingspopulasie was Xhosasprekende ouers wie se graad 1-kinders by ’n Afrikaanse skool ingeskryf is. Die data is bekom deur (i) semigestruktureerde onderhoude met die deelnemende ouers en die onderwyser; (ii) deelname aan ’n huiswerkprogram met interaksies op ’n WhatsApp-groep; en (iii) die versameling van artefakte. Met die drie vorme van dataversameling kon daar binne die persoonlike spasie van die deelnemers beweeg word om sodoende die konteks van hul leefwêrelde te ondersoek. Die bevindinge toon dat die ouers betrokke wou wees by hulle kinders se skoolwerk, maar dat die gebrek aan ’n gemeenskaplike taal as struikelblok beleef is. Die huiswerkprogram se metodologie het taal sentraal gestel in sy uitreik na ouers. Alhoewel die WhatsApp-groep gestig was om met ouers oor die huiswerk te kommunikeer, het dit verder gelei tot die versterking van die ouer se kommunikasie met die onderwyser en die skool. WhatsApp het ouers se toegang tot die skool fasiliteer aangesien hulle enige tyd, sonder fisiese teenwoordigheid by die skool, met die opvoeder kon kommunikeer. Daar was ’n beduidende verbetering in hulle graad 1-kinders se prestasies, ’n uitkoms wat toegeskryf word aan die ouers se betrokkenheid by die leerproses.

Even though children’s development happens in various systems, such as the school, home and community, educational research shows the greatest influence on children’s development to be the home environment (Coleman 1988; Rathus 2003; Jeynes 2010; Hummel 2014). From the birth of their children, parents act as facilitators of their children’s emotional, social and cognitive development (Patrikakou, Weissberg, Redding and Walberg 2005). However, many factors impede on parents’ ability to be effective in their support of their children’s educational development. One of the biggest challenges for parents to render effective educational support to their children is language. International and national research shows that parents’ illiteracy in their children’s language of learning poses the biggest threat to the parents’ role as educational collaborators (Singh, Mbokodi and Msila 2004; Martinez 2011; Daniels 2017; Slinger-Steenberg 2018).

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/107482
This item appears in the following collections: