'n Ondersoek na die gebruik van kultuurgeorienteerde taakgebaseerde lesse vir die verwerwing van Afrikaanse woordeskat deur universiteitstudente

Date
2018
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
In hierdie artikel bespreek ons ’n loodsprojek vir die insluiting en die gebruik van kultuur in ’n taakgebaseerde taalverwerwingsklas vir eerstejaarstudente wat Afrikaans aanleer. Die integrasie van kultuur in die aanleer van ’n nuwe taal is belangrik omdat taal en kultuur oorvleuel; derhalwe raak die insluiting van ’n kultuurkomponent in die taalklaskamer al hoe gewilder. Wanneer die gebruik van kultuur in die onderrigsituasie ingesluit word, is daar onsekerheid oor watter deel van die kultuur aangeleer moet word. Kavanagh (2000:102) noem drie moontlikhede: die insluiting van “Kultuur met ’n hoofletter-K”, “kultuur met ’n kleinletter-k” en die vermenging van die twee. Baie min studies wat taalverwerwing en die aanleer van Afrikaanse woordeskat deur middel van die taakgebaseerde benadering met kultuur kombineer, is nog onderneem – veral navorsing met universiteitstudente. Ons hoofnavorsingsvraag is of universiteitstudente deur middel van kultuurgeoriënteerde taakgebaseerde lesse Afrikaanse woordeskat kan aanleer. In dié voorlopige ondersoek is ’n gemengde metodologie gevolg. Eerstens is ’n kwalitatiewe studie onderneem, wat ’n literatuuroorsig oor die taakgebaseerde benadering, kultuur en woordeskat insluit, asook die gebruik van kultuur as pedagogiese hulpmiddel in die taakgebaseerde klaskamer. Die ondersoek sluit tweedens vraelyste in wat deur studente wat Afrikaans aanleer, voltooi is. Die doel van die vraelyste is om die studente se menings oor die insluiting van kultuur in die taalverwerwingsklas te bekom en om te bepaal wat hulle kulturele kennis is. Uit die resultate van die vraelyste en die literatuurondersoek is kultuurgeoriënteerde taakgebaseerde lesse ontwerp, waarvan vier vir die studente aangebied is.
This article covers a preliminary investigative study on the incorporation and the use of culture in a task-based class for first-year Afrikaans language acquisition students. Our results have yielded a pilot project to research the use of culture in a task-based classroom. Our methodology is outlined below. We used a mixed-research approach for this study. First, we administered a qualitative study through a literature review on the task-based approach, culture and vocabulary. This study also investigated the use of culture as a pedagogic tool in the task-based classroom. The students then completed questionnaires which had two main objectives: the first was to get the students’ opinions on the incorporation of culture into the language acquisition classroom; the second was to assess their cultural knowledge. Finally, the results of both the questionnaires and the literature review allowed us to develop several culturally orientated, task-based lessons. Four of those lessons were presented to the students.
Description
CITATION: Adendorff, E. & Koegelenberg, M. 2018. 'n Ondersoek na die gebruik van kultuurgeoriënteerde taakgebaseerde lesse vir die verwerwing van Afrikaanse woordeskat deur universiteitstudente. LitNet Akademies, 15(3):1005-1034.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Afrikaans vocabulary, Afrikaans language -- Acquisition, Second language acquisition -- Methodology, Language and culture, Language and languages -- Study and teaching (Higher education)
Citation
Adendorff, E. & Koegelenberg, M. 2018. 'n Ondersoek na die gebruik van kultuurgeoriënteerde taakgebaseerde lesse vir die verwerwing van Afrikaanse woordeskat deur universiteitstudente. LitNet Akademies, 15(3):1005-1034.