Methods to improve morale in state owned entities’ technical departments

Date
2019-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Physical asset management entails the optimal utilisation of assets to meet a company’s goals. Substantial studies have been conducted into most aspects of asset management. However, what is seldom discussed is the effectiveness and productivity of the tradesmen maintaining assets, and the impact of this on employee morale. The morale, teamwork ability and skills of maintenance teams will determine whether the organisation can practice effective asset management. This problem is escalated in South African State-Owned Entities (SOE), as these organisations are under pressure to reduce cost and increase performance. In addition to this, SOEs are often discussed and criticised in the media. In existing literature, there is very little evidence of studies performed in a technical department, and none that focus on SOEs within South Africa, though similar studies have been conducted in other industries within developed countries. From the literature review, it is evident that monetary methods of morale improvement have not been effective in improving employee morale in a sustainable way. The literature review identified numerous morale improvement methods that have been successfully implemented. The goal of this study is to determine which of these methods are relevant to South African SOEs. An exploratory, sequential, mixed-method research approach is followed with a pragmatic worldview. The first phase of this project entails the use of qualitative research through the means of a literature review. The second phase entails the quantitative data collection and analysis, using the survey questionnaire. The third phase entails the development and qualitative review using interviews of a quantitative Decision Support System (DSS). Three SOEs participated in the study. Survey questionnaires, developed as part of this study, are utilised to identify and measure the factors affecting employee morale. Using regression analysis, it is found that no one model represents the relationship between employee morale and the factors affecting morale for the three organisations. A DSS is developed to be utilised to identify the significant morale affecting factors per organisation. The DSS is then validated, first using face validation, subsystem verification, and validation, and finally user assessment. The user assessment is conducted using interviews. The morale improvement DSS entails a questionnaire that can be completed by employees at a predetermined interval. The completed questionnaires are then captured in the DSS and the analysis is initiated. The output of the DSS is a report that provides the morale score, morale affecting factors in orders of significance, score per morale effecting factor, and morale score per demographic group. The validation process finds the morale improvement DSS to be valid, and that it assists in resolving an existing industry problem.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Fisiese batebestuur behels die optimale benutting van bates om 'n maatskappy se doelwitte te bereik. Daar is etlike studies gedoen oor die meeste aspekte van fisiese batebestuur. Wat egter selde bespreek word, is die doeltreffendheid en produktiwiteit van ambagsmanne wat die bates onderhou en die impak van die moraal van werknemers daarop. Die moraal, die vermoë tot spanwerk en die vaardighede van instandhoudingspanne sal bepaal of die organisasie effektiewe fisiese batebestuur kan beoefen. Hierdie probleem word in Suid-Afrikaanse Ondernemings in Staatsbesit (SOE) vererger, aangesien hierdie organisasies konstant onder druk verkeer om kostes te verminder en produktiwiteit te verhoog. Verder word SOE dikwels in die media bespreek en gekritiseer. In die bestaande literatuur is daar min studies wat in 'n tegniese industrie gedoen is en geen wat op SOE in Suid-Afrika fokus nie, alhoewel soortgelyke studies wel in ander nywerhede in ontwikkelde lande gedoen is. Uit die literatuuroorsig blyk dit dat monetêre metodes om moraal te verbeter nie effektief is om uiteindelik die moraal van werkers op volhoubare wyse te verbeter nie. Die literatuuroorsig het talle moraal verbeterings metodes geïdentifiseer wat suksesvol geïmplementeer is. Die doel van hierdie studie is om te identifiseer watter van hierdie metodes relevant is vir Suid-Afrikaanse SOE. 'n Verkennende opeenvolgende gemengde metode navorsingsbenadering word gevolg met 'n pragmatiese wêreldbeskouing. Die eerste fase van hierdie projek behels die gebruik van kwalitatiewe navorsing deur middel van 'n literatuuroorsig. Die tweede fase behels die kwantitatiewe data-insameling en analise deur die opname-vraelys te gebruik. Die derde fase behels die ontwikkeling en kwalitatiewe hersiening deur gebruik te maak van onderhoude oor 'n kwantitatiewe Besluitondersteuningsstelsel (DSS). Drie SOE het aan die studie deelgeneem. Opname vraelyste, wat as deel van hierdie studie ontwikkel is, word aangewend om die faktore wat die moraal van werknemers beïnvloed te identifiseer. Met behulp van regressie-analise word gevind dat geen enkele model die verhouding tussen die moraal van werknemers en die faktore wat die moraal vir die drie organisasies beïnvloed, verteenwoordig nie. 'n DSS is ontwikkel om gebruik te word om die beduidende faktor wat moraal in elkeen van die drie organisasies beïnvloed, te identifiseer. Die DSS word dan eers met behulp van gesigvalidasie, subsisteem verifikasie en validasie en uiteindelik gebruikersbeoordeling gevalideer. Laasgenoemde word gedoen deur onderhoude te gebruik. Die moraalverbetering DSS behels 'n vraelys wat werknemers tydens 'n voorafbepaalde periode kan voltooi. Die voltooide vrae word dan in die DSS vasgevang en die ontleding word afgeskop. Die uitset van die DSS is 'n verslag wat die volgende aandui: moraaltelling en faktore wat moraal beïnvloed; telling per faktor wat moraal beïnvloed; en moraal-telling per demografiese groep in ‘n beduidende volgorde. Die proses van validasie bepaal dat die moraalverbetering DSS geldig is en dat dit bydra om 'n bestaande bedryfsprobleem op te los.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
UCTD, Decision Support System (DSS), State-Owned Entities (SOE), Government business enterprises -- South Africa, Employee Morale, Morale Improvement Methods, Loyalty, Team work, Technical Departments -- Morale
Citation