Calibration of heliostats using a drone.

Gouws, Jurgens Erik (2018-12)

Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2018.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The aim of this thesis was to investigate the theoretical feasibility of calibrating heliostats using a drone. Doing so would require the following: (1) First show that it is possible to identify heliostats using a camera. (2) Then prove and test the accuracy of a RTK-GPS. (3) Then assess the target that is used, and prove that it can be identified within the reflection of a heliostat’s concave mirror. The last step is to set up an adjusted calibration equation for the application of using a drone. Due to the number of parameters, a Monte Carlo simulation should be performed using multiple drone inputs to predict the performance of a drone-calibrated heliostat. If the predicted performance of a drone-calibrated heliostat is satisfactory, then it can be claimed that a heliostat could theoretically be calibrated using a drone. A proof of concept established that it is possible to identify the reflection in the heliostat’s concave mirror. It was also shown that it is possible to calculate a weighted average of the reflection, and to identify a feasible point in space for the drone. The RTK-GPS also performed as expected and showed steady results during the tests. Nine parameters were used to describe the mathematical model of the heliostat, and an additional parameter was used to describe the drone offset. The simulation could predict the resulting milliradian error on the target to be less than one milliradian for drone calibration using at least 10 points in space that is further than 32 metres from the pylon. It was concluded that the resulting milliradian error was dependent on the specific noise in the drone position, combined with the drone position chosen, as well as the drone distance from the pylon.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie tesis is om die teoretiese uitvoerbaarheid van kalibrasie van heliostate met behulp van ’n hommeltuig te ondersoek. Om dit te kan doen sal die volgende vereis word: (1) Toon eers aan dat dit moontlik is om heliostate met behulp van ’n kamera te identifiseer. (2) Bepaal dan die akkuraatheid van ’n RTK-GPS. (3) Beoordeel dan die teiken wat gebruik word, en bewys dat dit geïdentifiseer kan word binne die weerkaatsing van ’n heliostaat se konkawe spieël. Die laaste stap is om ’n aangepaste kalibrasievergelyking op te stel vir die toepassing van ’n hommeltuig. As gevolg van die aantal parameters, moet ’n Monte Carlo simulasie uitgevoer word met die insette van verskeie drone om die werking van ’n hommeltuig-gekalibreerde heliostaat te voorspel. As die voorspelde werking van ’n hommeltuig-gekalibreerde heliostaat bevredigend is, dan kan daar beweer word dat ’n heliostaat teoreties gekalibreer kan word metbehulp van ’n hommeltuig. ’n Bewys van konsep het vasgestel dat dit moontlik is om die refleksie in die heliostaat se konkawe spieël te identifiseer. Daar is ook getoon dat dit moontlik is om ’n geweegde gemiddelde van die refleksie te bereken, en om ’n bruikbare punt in die ruimte vir die hommeltuig te identifiseer. Die RTK-GPS het na verwagting presteer, en het tydens die toetse konstante resultate getoon. Nege parameters is gebruik om die wiskundige model van die heliostaat te beskryf, en ’n addisionele parameter is gebruik om die hommeltuig-verplasing te beskryf. Die simulasie kan die gevolglike milliradiale fout op die teiken voorspel om minder as een milliradiaal te wees vir hommeltuig-kalibrasie deur minstens 10 punte in die ruimte te gebruik wat verder as 32 meter van die spantoring is. Daar kan tot die gevolgtrekking gekom word dat die gevolglike milliradiale fout afhanklik was van die spesifieke geraas in die hommeltuig-posisie, gekombineer met die gekose hommeltuig-posisie, asook die hommeltuig se afstand van die spantoring.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/105070
This item appears in the following collections: