Investigating the integration of public and private pharmaceutical supply chains

Date
2018-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Health supply chains in low and medium-income countries are constantly strained due to a lack of resources and infrastructure, poor management and supply-side shortages. This often results in health care facilities experiencing stockouts, leaving patients without access to certain medicines. It is therefore important to recognise that the efficient functioning of pharmaceutical supply chains is a fundamental priority, as the failure to deliver certain important medicines can result in numerous lives being lost. These problems have led to the implementation of various approaches by a number of healthcare organisations to address and alleviate the strain experienced by pharmaceutical supply chains. Although these approaches have had a mostly positive impact, the overall results have been disappointing. Therefore, new and innovative approaches are required to improve the supply of medicines. In order to address the need for better functioning pharmaceutical supply chains and improved medicine supply, this study investigates the potential for the integration of public and private pharmaceutical supply chains. Specifi- cally, the study proposes a framework to assist developing countries to identify opportunities for public-private integration in pharmaceutical supply chains. The purpose of the framework is to: (i) determine a pharmaceutical supply chain's current integration level; (ii) identify opportunities for integration; (iii) determine the risks and benefits of the opportunities; and (iv) prioritise the identified opportunities.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Gesondheidsvoorsieningskettings in lae en medium inkomste lande is voortdurend onder druk as gevolg van 'n gebrek aan hulpbronne en infrastruktuur, toenemende produkvolumes en vraag, asook swak bestuur. Farmaseutiese voorsieningskettings is moontlik van die mees belangrike voorsieningskettings omdat die ontoeganklikheid van medisyne tot lewensverlies kan lei. As gevolg van die druk waaronder voorsieningskettings gebuk gaan, ervaar gesondheidsfasiliteite dikwels 'n tekort aan produkte en baie mense het nie toegang tot medisyne nie. Weens hierdie probleme, het 'n aantal gesondheidsorganisasies verkeie benaderings geïmplimenteer om die druk wat farmaseutiese voorsieningskettings ervaar aan te spreek en te verlig. Alhoewel hierdie benaderings meestal 'n positiewe impak maak, is die algehele resultate teleurstellend. Derhalwe is nuwe en innoveerende benaderings nodig om die voorsiening van medisyne te verbeter. Om die behoefte van beter funksionerende faramseutiese voorsieningskettings aan te spreek, ondersoek hierdie studie die potensiaal vir die integrasie van openbare en private farmaseutiese voorsieningskettings. Die studie stel spesifiek 'n raamwerk voor wat onwikkelende lande help om geleenthede vir openbare-private integrasie in farmaseutiese voorsieningkettings te identi- fiseer. Die doel van die raamwerk is om: (i) die huidige integrasievlak van 'n farmaseutiese voorsieningsketting te bepaal; (ii) geleenthede vir integrasie te identifiseer; (iii) die risiko's en voordele van die geleenthede te bepaal; en (iv) die geïdentifiseerde geleenthede te prioritiseer. Ekstensiewe literatuuroorsigte word op drie deurkruisende navorsingsvelde uitgevoer, naamlik: openbare gesondheidskettings, farmaseutiese medisyne en openbare-private integrasie. Die insigte wat tydens die literatuuroorsigte verkry is, word geïntegreer om die raamwerk te ontwikkel. Die gevolglike raamwerk bestaan uit 'n gids met beskrywings van hoe die raamwerk gebruik moet word, sowel as template wat tydens die assessering benodig word. Daarbenewens bestaan die raamwerk uit 'n Excel® spreiblad wat vir data-insameling en analise gebruik word. Die raamwerk is ge-evalueer deur die gebruik van vraelyste wat deur vier vakkundiges, met ervaring in faramaseutise en gesonheidsvoorsieningskettingvelde, voltooi is. Terugvoer van die vakkundiges het aangedui dat so 'n raamwerk benodig word en dat die raamwerk in staat is om geleenthede vir integrasie in farmaseutiese voorsieningskettings te identifiseer. Die terugvoer is ook geruik om die raamwerk te verbeter en te verfyn. 'n Illustratiewe gevallestudie is uitgevoer deur die raamwerk op 'n werklike wêreldsituasie toe te pas. Die gevallestudie gee 'n illustrasie van die moontlike toepassing van die raamwerk en die tipiese uitkomste van die gebruik van die raamwerk wanneer voorsieningskettings ge-assesseer word. Die gevallestudie het ook die identifiseering van geleenthede waar die raamwerk verder kan verbeter, moontlik gemaak. Hierdie studie lewer 'n bydrae deur 'n nuwe raamwerk voor te stel wat dit vir besluitnemers en verskaffingkettingbestuurders moontlik maak om farmaseutiese voorsieningskettings te evalueer en geleenthede te identifiseer vir openbare-private integrasie om sodoende die voorsieningsketting te verbeter.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Pharmaceutical industry, UCTD, Pharmaceutical services, Public-private sector cooperation, Developing countries
Citation