Die hervertaling van 'n tegniese teks in gewone taal : 'n gevallestudie

Date
2018-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In South Africa English is readily used as a preferred or bridging language in various public domains, including the banking sector. This trend presents problems, especially in light of statistics relating to language distribution in South Africa. The South African Government has instituted various laws, including the Consumer Protection Act and the National Credit Act. According to these laws, it is clearly stipulated that any written communication, particularly in the banking sphere, must be made available in plain language, and that banking documentation should be accessible to every client. It also determines that documentation should be available in the language the client understands. In the South African context it is not enough to translate these documents into the various languages, without making additional adjustments to accommodate the different literacy levels of the diverse clientele. This legislation was instituted to ensure that public participation and access to information should be promoted and encouraged. If clients do not understand the documents they receive, they are not in a position to make informed decisions, or to participate actively in society. The purpose of this research is to complete a re-translation of an existing banking text by applying the principles of plain language and community translation, thus producing a translation that is accessible and comprehensible to both the informed and the uninformed reader. The re-translation is annotated to highlight the differences between the original Afrikaans translation and the re-translation, and to emphasise the role played by plain language and community translation in making easy-to-understand documents available in the public domain, thereby promoting public participation and fair access to information.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is ’n land waar Engels geredelik as voorkeurtaal of oorbruggingstaal in verskeie openbare domeine gebruik word. Een van daardie domeine is die bankwese. Hierdie tendens is egter problematies, veral as daar gekyk word na die statistieke rakende die taalverspreiding in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse regering het verskeie wetgewing, onder andere die Wet op Verbruikersbeskerming en Nasionale Kredietwet, in plek gestel. Hierdie wette stipuleer duidelik dat enige geskrewe kommunikasie, veral in die bankwese, in gewone taal beskikbaar moet wees, en dat bankdokumentasie toeganklik moet wees vir elke kliënt. Dit bepaal ook dat dokumentasie beskikbaar moet wees in die taal wat die kliënt verstaan. As gevolg van die verskeie geletterdheidsvlakke in Suid-Afrika is dit ondoeltreffend om dokumente bloot direk in die verskillende tale te vertaal, sonder om bykomende aanpassings aan te bring om te verseker dat die uiteenlopende kliënte met wisselende geletterdheidsvlakke, geakkommodeer word. Hierdie wetgewing is in plek gestel om te verseker dat openbare deelname en toegang tot inligting bevorder en aangemoedig word. Indien kliënte nie die dokumente wat hulle ontvang verstaan nie, is hulle nie in ’n posisie om ingeligte besluite te kan neem, of aktief te kan deelneem in die samelewing nie. Die doelwit van hierdie studie is om ’n hervertaling van ’n bestaande bankteks te doen en die beginsels van gewone taalgebruik en gemeenskapsvertaling toe te pas ten einde ’n vertaling te skep wat toeganklik en verstaanbaar is vir beide die ingeligte en oningeligte leser. Die hervertaling word dan ook geannoteer om die verskille tussen die oorspronklike Afrikaanse vertaling en hervertaling uit te lig, en te beklemtoon watter rol gewone taalgebruik en gemeenskapsvertaling speel in die beskikbaarstelling van verstaanbare dokumente in die openbare domein en die bevordering van openbare deelname en regverdige toegang tot inligting.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Translating and interpreting, Public service interpreting, Intercultural communication, UCTD
Citation