Revisie : een aspek van kwaliteitbestuur in ’n akademiese vertaalkantoor

Van Rensburg, Alta (2018-12)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2018.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study takes a closer look at and discusses revision as one of the aspects of quality management in the context of academic translation offices at higher education institutions. Key quality management steps were identified from an analysis of five quality standards for the translation industry. The extent to which revision, being one of these key steps, is applied in practice is discussed based on a survey of ten translation offices. Although quality standards such as ISO 17100 (2015) require revision of all translated documents, empirical studies have shown that even seasoned translators and revisers both overlook errors and add new ones. Therefore, it is vital to establish the effectiveness of revision as a measure of quality control. This study accomplishes that by examining (i) the impact of revision on translation quality, (ii) the impact of the reviser’s profile on revision quality, and (iii) the impact of revision procedure on revision quality. The theoretical basis comprises literature on revision, translation quality underlying revision, and functionalist translation approaches where the focus on the aim and broad production process of a translation corresponds with the quality management approach prescribed by translation industry standards. A mixed-method approach was followed by including both qualitative and quantitative data in the empirical study. Thirty revisers revised an examination paper that had been translated from English into Afrikaans. This was done based on a revision brief, the source text, the translation brief and revision principles. The revisers completed two questionnaires that collected data on their respective profiles and revision procedures. The quality of the draft Afrikaans translation (prior to revision) and the translation products (Afrikaans target texts following revision) was rated by five assessors to determine the impact of revision on the quality of the translation product. This assessment was done based on the rating tool proposed by Colina (2009), which was slightly modified for purposes of this empirical study. Three linguists determined the quality of the revision product using two assessment tools, namely descriptive categories and a formula that quantified the quality of the revision product. It was found that revision indeed had a positive impact on translation quality and may therefore be used as a quality control measure in academic translation offices. There seemed to be little correlation between the reviser’s profile and revision quality, while revision procedure had a much greater impact on revision quality. The study also showed that the revisers had overlooked multiple errors. Therefore, it is recommended that revisers be specifically trained in revision, and that revision should constitute only one aspect of a translation office’s quality management regime.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek en bespreek revisie as een van die aspekte van kwaliteitbestuur in die konteks van akademiese vertaalkantore aan hoëronderwysinstellings. Kernstappe vir kwaliteitbestuur is na aanleiding van ’n analise van vyf kwaliteitstandaarde vir die vertaalbedryf geïdentifiseer. Die mate waarin revisie, synde een van dié kernstappe, in die praktyk toegepas word, word aan die hand van ’n opname van tien vertaalkantore bespreek. Hoewel standaarde soos ISO 17100 (2015) die revisie van alle vertaalde dokumente vereis, toon empiriese studies dat selfs ervare vertalers en reviseurs sowel foute oorsien as nuwe foute invoeg. Daarom is dit belangrik om die doeltreffendheid van revisie as kwaliteitkontrole te bepaal. Dít word in hierdie studie gedoen deur ’n ondersoek van (i) die invloed van revisie op vertaalkwaliteit, (ii) die invloed van die reviseursprofiel op revisiekwaliteit, en (iii) die invloed van die revisieprosedure op revisiekwaliteit. Die teoretiese grondslag bestaan uit literatuur oor revisie, vertaalkwaliteit grondliggend aan revisie, en funksionalistiese vertaalbenaderings waar die klem op die doel en die breë produksieproses van ’n vertaling ooreenstem met die kwaliteitbestuursbenadering in standaarde vir die vertaalbedryf. ’n Gemengdemetode-benadering is gevolg deur sowel kwalitatiewe as kwantitatiewe data in die empiriese studie te gebruik. Dertig reviseurs het ’n eksamenvraestel nagegaan wat uit Engels in Afrikaans vertaal is. Dít is gedoen aan die hand van ’n revisie-opdrag, die bronteks, die vertaalopdrag en revisiebeginsels. Die reviseurs het twee vraelyste ingevul waarmee data oor hulle onderskeie profiele en revisieprosedures ingewin is. Die kwaliteit van die Afrikaanse konsepvertaling (voor revisie) en die vertaalprodukte (Afrikaanse doeltekste ná revisie) is deur vyf assesseerders gemeet om die invloed van revisie op die kwaliteit van die vertaalproduk te bepaal. Hierdie assessering is gedoen aan die hand van Colina (2009) se meetinstrument wat vir die doeleindes van dié empiriese studie effens aangepas is. Drie taalkundiges het die kwaliteit van die revisieproduk bepaal aan die hand van twee assesseringsinstrumente, naamlik beskrywende kategorieë en ’n formule waarmee die kwaliteit van die revisieproduk gekwantifiseer is. Daar is bevind dat revisie wél ’n positiewe invloed op vertaalkwaliteit gehad het en dus as kwaliteitkontrole in akademiese vertaalkantore gebruik kan word. Die reviseursprofiel het slegs enkele verbande met revisiekwaliteit getoon; daarteenoor het die revisieprosedure ’n veel groter invloed op revisiekwaliteit gehad. Die studie het verder getoon dat die reviseurs talle foute oorgesien het. Die aanbeveling word dus gemaak dat reviseurs spesifiek in revisie opgelei word, en dat revisie slegs een aspek van ’n vertaalkantoor se kwaliteitbestuurstelsel behoort uit te maak.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/104803
This item appears in the following collections: