SUNScholar will be down for routine maintenance from 2018-12-11 10:00 SAST.

The constitutionality of acquisitive prescription : a section 25 analysis

Die grondwetlikheid van verkrygende verjaring : n artikel 25(1) - analise

Van Der Walt, A. J. ; Marais, E. J. (2012-01)

CITATION: Van Der Walt, A.J. & Marais, E.J. 2012. The constitutionality of acquisitive prescription : a section 25 analysis. Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2012(4):714-736.

The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_tsar

Article

Acquisitive prescription (“prescription”) is one of the original methods of acquisition of ownership in South African law. No assistance is required from the original owner; ownership vests in the possessor ex lege the moment he satisfies all the requirements for prescription. Prescription law was first consolidated by the Prescription Act 18 of 1943 (the 1943 act), but the Prescription Act 68 of 1969 is now the main authority in this context. The common law still remains an important source, as neither of the prescription acts codifies this field of law.

Verkrygende verjaring word merendeels beskou as 'n area van die Suid-Afrikaanse reg wat ongekompliseerd en regseker is. Hierdie klaarblyklik onproblematiese aard van verjaring was egter in twyfel getrek deur die vierde kamer van die Europese hof vir menseregte in die Pye-saak, welke hof bevind het dat adverse possession – die common law-eweknie van verjaring – 'n ongekompenseerde onteiening behels wat strydig is met artikel 1 van die eerste protokol tot die Europese konvensie. Op appèl het die groot kamer die vierde kamer se beslissing omvergewerp en beslis dat adverse possession in lyn is met artikel 1 deurdat dit 'n blote (grondwetlike) ontneming van eiendom behels. Nietemin, die vierde kamer se beslissing beklemtoon die moontlikheid dat verjaring in die Suid-Afrikaanse konteks ook mag neerkom op 'n ongekompenseerde onteiening, wat strydig sal wees met artikel 25 van die Suid-Afrikaanse grondwet. Om hierdie vraag te beantwoord gebruik ons die FNB metodologie om te bepaal of verjaring strook met die eiendomsklousule. In hierdie artikel fokus ons slegs op die artikel 25(1)-kwessie, naamlik of verjaring 'n nie-arbitrêre ontneming van eiendom behels. Hiervoor verwys ons na drie liberale sakeregteorieë om te bepaal of daar 'n genoegsame nexus tussen die ontneming (verjaring), die redes vir die ontneming en die impak daarvan op die eienaar bestaan. Hierdie teorieë is law and economics-teorie, die persoonlike outonomiteit van eienaars (tesame met die belangrikheid van die woning in konstitusionele sakereg) asook die sosiale verpligtingsnorm. Hierdie teorieë bied sterk morele en ekonomiese gronde vir verjaring, welke gronde – in ons opinie – genoegsame regverdigings bied ten einde die toets vir substantiewe arbitrêre ontneming van artikel 25(1) te bevredig. Die groot kamer se uitspraak in die Pye-saak verleen stukrag aan ons argument, aangesien daardie hof bevind het dat adverse possession in terme van die Europese konvensie ook neerkom op 'n geldige ontneming van eiendom kragtens die eiendomsklousule van die Europese Unie. Die vraag of verjaring dalk onteiening – of selfs konstruktiewe onteiening – behels val buite die bestek van hierdie artikel en sal in 'n afsonderlike artikel aandag geniet.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/104501
This item appears in the following collections: