2018-12-11 12:00 - Maintenance complete.

Die aftrekbaarheid van rente en huurgeld vir inkomstebelastingdoeleindes

Taljaard, C. ; Du Plessis, I. (2007-01)

AANHALING: Taljaard, C. & Du Plessis, I. 2007. Die aftrekbaarheid van rente en huurgeld vir inkomstebelastingdoeleindes. Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2007(2):430-436.

The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_tsar

Article

In die onderhawige saak het BP Suid-Afrika (Edms) Beperk ("BPSA") op 'n kwartaallikse grondslag dividende aan sy houermaatskappy, BP Plc, verklaar. Sodanige verklarings is deur die houermaatskappy vereis. BPSA het in die betrokke jaar van aanslag oor verdeelbare reserwes van R683 miljoen beskik welke reserwes die maatskappy volgens getuienis sou wou behou. BP plc het egter sy belegging in Suid-Afrika op daardie stadium as riskant beskou en wou die fondse uit die land neem. Die gevolg was die verklaring van 'n dividend van R683 miljoen.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/104489
This item appears in the following collections: