Is it a rip-off or not? : changes in the service delivery patterns in the integrated sustainable rural development programme (ISRDP) nodes from 2001 to 2011

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: South Africa, like other developing countries, is characterised by numerous rural development defies. These rural development challenges are mainly caused by apartheid policies that were implemented during the apartheid era, and not by rural-urban market relations as is the case for many developing countries. For example, black people were forced to stay in the homelands, except if they were under employment in the urban areas and that had to be proven beyond reasonable doubt. These undesirable laws adversely affected people’s quality of life (QOL). QOL refers to some qualities of individuals such as education or health achievements (both mental and physical) or environmental conditions under which people live such as poor housing or water and air pollution. In this study, Census 2001 and 2011 data was used to establish the changes in the service-delivery patterns in the Integrated Sustainable Rural Development Programme (ISRDP) nodes (selected poorest district municipalities (DMs)) from 2001 to 2011 as measured through housing, water, electricity for cooking, heating and lighting, sanitation, refuse removal and Information and Communication Technology (ICT) service indices. The relevance of this is that municipalities are tasked to provide these essential services to South African residents. Subsequently, a three-way mixed-model Analysis of Variances (ANOVAs) was calculated in finding if statistically significant changes took place for the six service delivery indices. The provision of Free Basic Services (FBS) to poor households (indigent) was also looked at. The results indicate that great strides have been made in the 10 years (2001 to 2011) in terms of providing different services to households in the nodes. Central Karoo District Municipality (DM) appears to be the best for all the service delivery indices with the exception of ICT services. John Taolo Gaetsewe DM follows for housing, water, electricity and ICT services. Greater Sekhukhune DM is also doing well with housing, so as Chris Hani DM with water. Joe Gqabi DM is doing better with the provision of sanitation and refuse removal. Ugu DM is appearing better with the ICT services after John Taolo Gaetsewe DM. In contrast, Alfred Nzo DM seems to be the worst performer for most of the delivery indices followed by O.R. Tambo DM. Greater Sekhukhune DM is doing badly in terms of sanitation and refuse provision. Umkhanyakude DM is not performing well when it comes to electricity distribution. The housing service delivery index is doing well in most of the ISRDP nodes except for O.R. Tambo and Alfred Nzo. Most nodes seem to be struggling in registering the indigent households, let alone providing the necessary services to these indigents. This is revealed by the small percentage of indigent households over the total number of households in the nodes. All of the above-mentioned results thus point towards only significant improvements in service delivery indices for the majority of the nodes. Significant policy implications are proposed for policymakers to consider.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Net soos ander ontwikkelende lande, word Suid-Afrika gekenmerk deur talle uitdagings met betrekking tot landelike ontwikkeling. Hierdie uitdagings is hoofsaaklik veroorsaak deur apartheidsbeleide wat tydens die apartheidsera geïmplementeer is, en nie deur landelike-stedelike markverhoudings nie – soos wat wel die geval in vele ontwikkelende lande is. Om 'n voorbeeld te noem: Swart mense is gedwing om in die tuislande te bly, behalwe as hulle werksaam in die stedelike gebiede was, en dié moes dan bo alle twyfel bewys word. Hierdie ongewenste wette het die mense se lewensgehalte nadelig beïnvloed. Lewensgehalte verwys na sommige eienskappe in individue soos onderwys- of gesondheidsprestasies (beide geestelik en fisies) of omgewingstoestande waaronder mense 'n bestaan voer, byvoorbeeld swak behuising of water- en lugbesoedeling. In hierdie studie is data van Sensus 2001 en 2011 gebruik om die veranderings te bepaal in diensleweringspatrone in nodes in die Geïntegreerde Volhoubare Landelike Ontwikkelingsprogram (GVLOP) vanaf 2001 tot 2011. Hierdie nodes is geselekteer vanuit die armste distriksmunisipaliteite, en veranderings word gemeet volgens dienste gelewer ten opsigte van behuising, water, elektrisiteit vir kook-, hitte- en beligtingsdoeleindes, sanitasie, vullisverwydering en inligting- en kommunikasietegnologie. Die relevansie hiervan is dat munisipaliteite getaak is om hierdie noodsaaklike dienste aan SuidAfrikaanse inwoners te voorsien. Gevolglik is 'n drieledige, gemengde-model variasieanalise bereken om te bepaal of statisties beduidende veranderings plaasgevind het vir hierdie ses diensleweringsindekse. Daar is ook gekyk na die voorsiening van Gratis Basiese Dienste aan arm (hulpbehoewende) huishoudings. Die resultate dui daarop dat groot vooruitgang gemaak is gedurende die 10 jaar (2001 tot 2011) ten opsigte van die voorsiening van verskillende dienste aan huishoudings in hierdie nodes. Die Sentraal Karoo-distriksmunisipaliteit blyk die beste af te wees ten opsigte van al die diensleweringsindekse, met die uitsondering van inligting- en kommunikasietegnologie. John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit is volgende ten opsigte van dienste gelewer vir behuising, water, elektrisiteit en inligting- en kommunikasietegnolgoie. Die Groter Sekhukhunedistriksmunisipaliteit vaar ook goed met behuising, en Chris Hani-distriksmunisipaliteit vaar goed ten opsigte van waterdienste. Joe Gqabi-distriksmunisipalitiet vaar beter met die voorsiening van sanitasie- en vullisverwyderingsdienste. Naas John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit, vaar Ugudistriksmunisipaliteit ook beter met dienste gelewer ten opsigte van inligting- en kommunikasietegnologie. In teenstelling hiermee, blyk dit dat Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit die swakste vaar ten opsigte van die meeste van die diensleweringsindekse, en so ook OR Tambodistriksmunisipaliteit. Die Groter Sekhukhune-distriksmunisipaliteit vaar redelik swak ten opsigte van die lewering van sanitasie- en vullisverwyderingsdienste.Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit vaar nie baie goed met die voorsiening van elektristeit nie. Die diensleweringsindeks vir behuising vaar baie goed in die meeste van die GVLOP-nodes, met die uitsondering van OR Tambo- en Alfred Nzo-distriksmunisipaliteite. Dit blyk dat die meeste nodes sukkel met die registrasie van hulpbehoewende huishoudings – laat staan nog in die voorsiening van die nodige dienste aan hierdie hulpbehoewende huishoudings. Dit is duidelik te speur uit die klein persentasie hulpbehoewende huishoudings van die totale aantal huishoudings in die nodes. Al die voorafgaande resultate dui dus op beduidende verbeterings in die diensleweringsindekse vir die meerderheid van die nodes. Beduidende beleidsimplikasies word voorgestel aan beleidsmakers sodat hulle dit kan oorweeg.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University 2018.
Keywords
Community development -- South Africa, Water-supply -- South Africa, South Africa -- Rural conditions, Quality of life -- South Africa, Rural development -- South Africa, UCTD, Municipal services -- South Africa -- Western Cape
Citation