Van tematiese na alfabetiese na tematiese ordening in woordeboeke – wisselwerking tussen teorie en praktyk

Gouws, Rufus H. (2017)

CITATION: Gouws, R. H. 2017. Van tematiese na alfabetiese na tematiese ordening in woordeboeke – wisselwerking tussen teorie en praktyk. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 53:133-148, doi:10.5842/53-0-737.

The original publication is available at http://spilplus.journals.ac.za/

Article

Vroeë woordeboeke is gekenmerk deur ’n tematiese ordening. Dit is eers later in die leksikografiese praktyk dat die alfabetiese ordening ’n dominante rol begin speel het, alhoewel die tematiese benadering steeds in bepaalde woordeboeksoorte gehandhaaf is. Die hedendaagse leksikografiese praktyk toon ’n nuwe benadering tot makrostrukturele ordening met ’n hibridiese aanbod van opeenvolgende makrostrukture waarin sowel die alfabetiese as die tematiese beginsels ’n ordeningsrol speel. Hierdie artikel gee aandag aan die ontwikkeling van die leksikografiese praktyk en die motivering vir ’n tematiese ordening in die vroeë woordeboeke. Voorts word die oorgang na ’n oorwegend alfabetiese ordening beskryf. Ontwikkeling in die teoretiese leksikografie en die wisselwerking tussen teorie en praktyk lei tot verskillende aanpassings in die makrostrukturele aanbod. Naas die streng alfabetiese ordening is daar tans ook die kronkelordening waar ’n horisontale ordening van lemmata tot artikelniste en artikelneste lei. Hierdie ordening kom veral in gedrukte woordeboeke voor. Morfologiese en semantiese redes speel ’n rol in die aanpassings van die makrostrukturele ordening. Benewens suiwer alfabetiese en suiwer tematiese woordeboeke is daar vandag talle woordeboeke met ’n hibridiese ordening. In die makrostruktuurreeks van ’n enkele woordeboek is sommige tekste alfabeties en ander tematies georden. Hierdie aanpassings word nie lukraak gedoen nie, maar wel ter erkenning van die gebruikersperspektief wat ʼn dominante rol in die leksikografiepraktyk speel. Vernuwende makrostrukturele benaderings om spesifieke gebruikersgroepe in spesifieke gebruiks- en gebruikersituasies ten beste te kan help in hulle woordeboekraadpleging word aan die hand van bestaande woordeboeke bespreek. Die belang daarvan dat ’n woordeboek ’n goeie teoretiese basis moet hê, dien as uitgangspunt en die aanpassings in die leksikografiepraktyk word vanuit hierdie teoretiese benadering verklaar.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/103013
This item appears in the following collections: