Taxability of non-resident online retailers in South Africa and the OECD’s BEPS action plan

Spies, Stephan (2017-12)

Thesis (MAcc)--Stellenbosch University, 2017.

Thesis

ENGLISH SUMMARY : Section 9(2)(k)(ii) of the Income Tax Act requires the existence of a South African permanent establishment (PE) to impose a tax liability on non-resident online retailers. As part of the BEPS action plan, the OECD released an illustration of a multinational tax planning structure that is typically used in the industry of online retail (the OECD’s online retail structure). The OECD found that this structure generally avoids the liability to tax by not creating a PE in the consumer country. The objectives of the study were three-fold. The first objective was to create a case study of the OECD’s online retail structure in a South African context, while the second objective was to analyse and apply the meanings of the key terms in section 9(2)(k)(ii) to the aforementioned case study. The third objective was to determine whether the proposed amendments to the PE definition in action point seven of the BEPS action plan may impact the applicability of section 9(2)(k)(ii) in the context of the OECD’s online retail structure. It was established that all physical goods sold by non-resident online retailers in South Africa will meet the definition of an “asset”. Where a non-resident online retailer has created a South African PE, it was established that the revenue “attributable to” that PE in terms of section 9(2)(k)(ii) should be determined with reference to the Authorised OECD Approach for attributing profits to PEs. It was concluded that the OECD’s online retail structure, as applied in a South African context, does not create a South African PE, as defined. In this regard, the study established that an online retailer’s South African warehouses fall within the scope of activities specifically excluded from PE status. It was also established that the use of South African delivery couriers and internet service providers will not create a PE if they operate independently from an enterprise. It follows that section 9(2)(k)(ii) of the Income Tax Act does not apply to the OECD’s online retail structure in a South African context. However, it was found that the proposed amendments to the OECD’s definition of a PE in action point seven of the BEPS action plan may, depending on the circumstances, impact the interpretation of a PE in a South African context. Where the amendments apply, the activities performed by a South African warehouse are now required to have a “preparatory or auxiliary” character to qualify for the exemption from PE status. Previously, South African warehouses would generally be exempt from PE status without being subject to the “preparatory or auxiliary” requirement. The outcome in respect of the independent agents in the structure remains unaffected. The question of whether the warehousing activities of a particular non-resident online retailer have a “preparatory or auxiliary” character is case specific and should be determined with reference to an online retailer’s own business model. If it is concluded that a non-resident online retailer’s warehousing activities do not have a “preparatory or auxiliary” character, South Africa may acquire a taxing right on revenue that was previously not subject to tax.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Artikel 9(2)(k)(ii) van die Inkomstebelastingwet vereis die bestaan van ’n “permanente saak” geleë in Suid-Afrika ten einde ’n internet-kleinhandelaar, wat ’n nie-inwoner is, te belas. As deel van die OECD se BEPS aksieplan is ’n illustrasie van ’n multinasionale belastingbeplanningstruktuur vrygestel wat kenmerkend is tot die industrie van internetkleinhandel (die OECD se internet-kleinhandel struktuur). Daar is bevind dat die bogenoemde struktuur tipies belasting in die gebruikersland vermy weens die afwesigheid van ’n permanente saak daarin. Die doelwitte van die studie was drieledig. Die eerste doelwit was om ’n gevallestudie van die OECD se internet-kleinhandel struktuur in ’n Suid-Afrikaanse konteks te skep. Die tweede doelwit was om die betekenis van die sleutelwoorde en frases in artikel 9(2)(k)(ii) van die Inkomstebelastingwet te analiseer en dit op die voorgenoemde gevallestudie toe te pas. Laastens het die studie dit ten doel gehad om vas te stel of die voorgestelde wysigings in aksiepunt sewe van die BEPS aksieplan die toepassing van artikel 9(2)(k)(ii) op die OECD se internet-kleinhandel struktuur kan beïnvloed. Daar is vasgestel dat alle fisiese goedere wat deur nie-inwoner internet-kleinhandelaars in Suid-Afrika verkoop word aan die definisie van ’n “bate” sal voldoen. Verder, indien ’n nieinwoner internet-kleinhandelaar ’n permanente saak in Suid-Afrika skep, moet die inkomste “toeskryfbaar aan” daardie permanente saak bepaal word met verwysing na die OECD se Goedgekeurde Benadering vir die toedeling van winste aan permanente sake. Daar is vasgestel dat die OECD se internet-kleinhandel struktuur, soos in ’n Suid-Afrikaanse konteks toegepas, nie ’n permanente saak in Suid-Afrika skep nie. In hierdie verband het die studie bevind dat die Suid-Afrikaanse pakhuise van ’n internetkleinhandelaar binne die aktiwiteite wat spesifiek van die omskrywing van ’n “permanente saak” uitgesluit is, val. Die studie het ook bevind dat die gebruik van Suid-Afrikaanse afleweringskoeriers en internet diensteverskaffers nie ’n permanente saak skep indien hierdie partye onafhanklik van ’n onderneming funksioneer nie. Gevolglik is artikel 9(2)(k)(ii) nie van toepassing op die OECD se internet-kleinhandel struktuur in ’n Suid-Afrikaanse konteks nie. Desnieteenstaande is vasgestel dat die voorgestelde wysigings aan die definisie van ’n permanente saak in aksiepunt sewe van die BEPS aksieplan, afhangend van die omstandighede, die interpretasie van ’n permanente saak in ’n Suid-Afrikaanse konteks kan beïnvloed. In gevalle waar die wysigings van toepassing is, sal ’n Suid-Afrikaanse pakhuis nou slegs vir uitsluiting van die definisie van ‘n permanente saak kwalifiseer indien die aktiwiteite daaruit verrig “voorbereidend of ondersteunend” van aard is. Voorheen sou ’n Suid-Afrikaanse pakhuis normaalweg vir die uitsluiting kwalifiseer sonder om onderhewig te wees aan die “voorbereidend of ondersteunend” vereiste. Die impak ten opsigte van die onafhanklike agente in die struktuur het onveranderd gebly. Die vraag of die aktiwiteite verrig deur ’n spesifieke internet-kleinhandelaar se Suid- Afrikaanse pakhuis “voorbereidend of ondersteunend” van aard is, verskil van geval tot geval. Dit moet in die konteks van ’n internet-kleinhandelaar se spesifieke besigheidsmodel vasgestel word. Indien daar bevind word dat die aktiwiteite van ’n spesifieke Suid-Afrikaanse pakhuis nie “voorbereidend of ondersteunend” van aard is nie, kan Suid-Afrika moontlik ’n belastingreg op inkomste bekom wat voorheen nie aan belasting onderhewig was nie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/102732
This item appears in the following collections: