Doen die Woordeboek van die Afrikaanse Taal Deel XII dit vir die Afrikaanse taal en die Suid-Afrikaanse leksikografie?

Date
2007
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Bureau of the WAT
Abstract
Hierdie resensieartikel wil vasstel in watter mate WAT deel XII aan die missie van die WAT voldoen, naamlik "om die Afrikaanse taal en die gebruikers daarvan te dien, asook die leksikografie in die algemeen, veral die Suid-Afrikaanse leksikografie". Daar word ondersoek ingestel na die voortekste, agtertekste en die sentrale teks, en aangetoon dat albei buitetekste geïntegreer is met die sentrale teks en in daardie opsig dus wel die leksikografie dien. Wat die sen-trale teks betref, word tot die gevolgtrekking gekom dat die gebruikers van die Afrikaanse taal sowel as die Suid-Afrikaanse leksikografie meer daarby sal baat indien dit deegliker gekonseptua-liseer en beplan sou word aan die hand van leksikografiese funksies. Die keuse van leksikale items wat die omvattendheid van die Afrikaanse leksikon illustreer en verteenwoordig sal ook aan die hand van 'n goed beplande korpus herbedink moet word. Frekwent gebruikte woorde sal dus nie langer as lemmatekens oor die hoof gesien word nie en die lengte van artikelinskrywings behoort ook meer gelykvormig gebalanseer te word. Sodoende sal die Afrikaanse taal en die gebruikers daarvan beter gedien word. Die Suid-Afrikaanse leksikografie sal daarby baat indien die WAT sou terugkeer na wat van 'n omvattende woordeboek verwag word, naamlik 'n meer gebalanseerde verteenwoordiging van makro- en mikrostruktuur. Dit behoort ook te lei tot 'n meer eweredige verspreiding van artikelomvang en minder onbewerkte lemmatekens.
This review article seeks to discover the extent to which WAT Part XII complies with its mission, that is "to serve the Afrikaans language and its users, as well as lexicography in general, especially South African lexicography". The front matter, back matter and central list are investigated and it is shown that both outer texts are integrated with the central list and in that respect lexicography is therefore served. With regard to the central list, it is concluded that users of Afrikaans as well as South African lexicography will benefit more if this would be conceptualised more systematically and planned according to lexicographic functions. The choice of lexical items which illustrate and represent the comprehensivity of the Afrikaans lexicon would also have to be rethought on the basis of a well-designed corpus. Frequently used words would then no longer be overlooked as lemma signs and the length of dictionary articles should also become more evenly balanced. In this way the Afrikaans language and its users will be served better. South African lexicography would benefit more if WAT were to return to what is expected of a comprehensive dictionary, namely a more balanced representation of the macro- and microstructure. This should also lead to less disparity in article size and fewer untreated lemma signs.
Description
CITATION: Feinauer, I. 2007. Doen die Woordeboek van die Afrikaanse Taal Deel XII dit vir die Afrikaanse taal en die Suid-Afrikaanse leksikografie? Lexikos, 17:259-277, doi:10.5788/17-0-522.
The original publication is available at http://lexikos.journals.ac.za
Keywords
Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Encyclopedias and dictionaries, Afrikaans, Lexicography
Citation
Feinauer, I. 2007. Doen die Woordeboek van die Afrikaanse Taal Deel XII dit vir die Afrikaanse taal en die Suid-Afrikaanse leksikografie? Lexikos, 17:259-277, doi:10.5788/17-0-522.