Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik

Date
2016-11-09
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die doel van hierdie verkennende, kwalitatiewe ondersoek was om vas te stel hoe gesinne deur die probleem van ouerlike alkoholmisbruik geraak word. Die teoretiese raamwerk vir hierdie ondersoek is gesinsisteemteorie, waarvolgens gesinne oop, deurlopende, doelsoekende, selfregulerende sosiale sisteme is wat op hulle beste verstaan kan word in die konteks van interaksies en sisteemverhoudings. Die studiepopulasie was bruin gesinne waarvan ’n ouer alkohol misbruik wat in die Wes-Kaap woon. Hierdie populasie is geteiken aangesien die Wes-Kaap die provinsie met die hoogste voorkoms van alkoholmisbruik in Suid-Afrika is. Om hierdie hoë voorkoms te verstaan, behoort die agtergrond en oorsprong, met spesifieke verwysing na Suid-Afrika se verlede en die sogenaamde dopstelsel, in ag geneem te word. Alhoewel daar reeds kwantitatiewe ondersoeke in verband met alkoholmisbruik in Suid-Afrika gedoen is, is hierdie ondersoek daarop gemik om die persoonlike lewenservarings van gesinne wat elke dag met die probleem van ouerlike alkoholmisbruik saamleef, vas te vang. Dit is verkry deur middel van ’n kwalitatiewe-ondersoek-ontwerp. Verteenwoordigers van 18 gesinne waarvan een of albei ouers vir ses maande of langer alkohol misbruik het, het aan die ondersoek deelgeneem. Inligting is deur middel van semigestruktureerde onderhoude ingesamel en tematies ontleed. Resultate toon dat ouerlike alkoholmisbruik ’n negatiewe uitwerking het op finansies (byvoorbeeld deur geld wat vir die huisgesin bedoel was, op drank te spandeer), die gemeenskap (byvoorbeeld kinderverwaarlosing wat in die gemeenskap voorkom), die gesin in sy geheel (byvoorbeeld gesinslede wat met mekaar baklei), gesondheid (byvoorbeeld ander gesinslede wat spanning ervaar), die huwelik (byvoorbeeld huweliksmaats wat liefdeloosheid in die huwelik ervaar), kinders (byvoorbeeld ’n negatiewe uitwerking op kinders se skoolwerk) en loopbane (byvoorbeeld ’n ouer wat sy/haar werk verloor). Die bevindinge van hierdie ondersoek vul ’n leemte in die literatuur en kan sinvol aangewend word in die ontwikkeling van alkoholmisbruikvoorkomings- en ingrypingsprogramme.
The purpose of this study was to determine how coloured families are affected by the problem of parental alcohol abuse. The theoretical framework for this study is family systems theory, with specific reference to the work of Bowen (1974), Broderick (1993), Haley (1996) and Minuchin (1974). According to this theory, which has its origin in general systems theory (Von Bertalanffy 1968), families are social systems that should be studied as a whole, rather than studying individual members in isolation (Broderick 1993). A change in the functioning of one family member is, as can be expected, followed by reciprocal changes in the functioning of the other family members (The Bowen Centre – Theory 2016). A family is therefore a system or “whole” in which a problem such as parental alcohol abuse necessarily affects all family members or “parts”.
Description
CITATION: Van den Berg, E. & Greeff, A. P. 2016. Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik. LitNet Akademies, 13(3):241-273.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Alcohol abuse, Alcoholism, Alcoholism -- South Africa -- Western Cape, Families, Colored people (South Africa)
Citation
Van den Berg, E. & Greeff, A. P. 2016. Bruin gesinne se belewenisse van die negatiewe uitwerking van ouerlike alkoholmisbruik. LitNet Akademies, 13(3):241-273.