Creating shared value: An exploratory case study assessing the shared value that a company is creating through a protected area and its unique relationship with local communities

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: With the world’s population continuously growing, extreme pressure has been placed on the unsustainable drain of the earth’s natural resources. There is an increasing trend from a range of stakeholders to call on businesses to take the lead in resolving this problem. Shared value, a development from Corporate Social Responsibility, is a relatively new concept in management literature, with little empirical research having been conducted in this field. This research set out to examine the experience of shared value creation within the eco-tourism sector in South Africa. A qualitative case study was performed on an organisation’s pioneering work in this field, at a selected reserve within their portfolio, which is situated in Mpumalanga. A series of 76 interviews were carried out with the organisation’s head office management, the community development management partner organisation, the guests at both lodges visiting the reserve, the managers and employees at these lodges, and members of two local impoverished communities. Content and frequency analysis was carried out on the data. Through the analysis, it was established that shared value is being created in a broad range of aspects between the organisation and the two neighbouring communities studied. A close match exists between the perceived benefits identified by management and the actual benefits realised in the communities. Ideas for improving shared value from both parties only received a partial match. The study demonstrates that eco-tourism, if responsibly managed, is a valuable form of land use, is economically viable, and can help to uplift the poor through education and healthcare initiatives, job creation and economic growth. A shared value approach in eco-tourism can lead to more satisfied and educated staff who are motivated to conserve and protect the natural resources in the area, while delighting the organisation’s guests. This pioneering work has laid the foundation of an apparent sustainable relationship.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die wêreld se bevolking wat steeds toeneem, word ontsettende druk op die onvolhoubare vermindering van die aarde se natuurlike hulpbronne geplaas. Daar is ’n toenemende neiging onder talle belanghebbendes om ’n versoek tot sake-ondernemings te rig om stappe te doen sodat dié probleem hokgeslaan kan word. Gedeelde waarde, wat uit Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid ontstaan het, is ’n relatief nuwe konsep in bestuursliteratuur en min empiriese navorsing is tot nou toe in hierdie veld gedoen. Dié navorsing het ten doel gehad om die skepping van gedeelde waarde binne die eko-toerismesektor in Suid-Afrika van nader te bekyk en te ervaar. ’n Kwalitatiewe gevallestudie is gedoen oor ’n organisasie se baanbrekerswerk in hierdie veld in ’n uitgesoekte reservaat wat in Mpumalanga geleë is. ’n Reeks van 76 onderhoude is gevoer waarby dié organisasie se hoofkantoorbestuur, die gemeenskapsontwikkeling-bestuur se vennootorganisasie, besoekende gaste wat in twee huise in die reservaat woon, die twee vermelde huise se bestuur en werknemers, asook lede van die plaaslike behoeftige gemeenskappe, betrokke was. Inhouds- en frekwensie-analise is op die data uitgevoer. Deur middle van die analise is vasgestel dat die ontstaan van gedeelde waarde tussen bovermelde organisasie en die twee buurgemeenskappe, wat betref ’n hele reeks aspekte, aan die ontkiem is. ’n Hegte gelyke bestaan tussen die waargenome voordele, wat deur die bestuur geïdentifiseer is, en die werklike voordele wat in die vermelde gemeenskappe ervaar word. Idees van albei partye om die gedeelde waarde te verbeter, het slegs ’n gedeeltelike gelyke ontvang. Die studie bewys dat eko-toerisme, indien dit verantwoordelik bestuur word, ’n waardevolle vorm van grondgebruik is. Dit is ook ekonomies haalbaar en verrig ’n opheffingstaak aan behoeftiges deur middel van onderwys en gesondheidsorg-inisiatiewe, werkskepping en ekonomiese groei. ’n Gedeelde waarde-benadering in eko-toerisme kan lei tot meer tevrede en opgeleide personeel wat gemotiveer is om natuurlike hulpbronne in die gebied te bewaar en te beskerm onderwyl hulle terselfdertyd gaste puik hanteer. Dié baanbrekerswerk het ’n volhoubaarheidsgrondslag gelê.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Game reserves, UCTD, Shared Values Initiative, Social responsibility of business, Community development corporations
Citation