Closing online comments: A case study of News24

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study examines how the decision by News24, South Africa’s biggest news website, to close down its comments facility impacted both the media product and perceptions about the state of public discourse in South Africa. Commenting forums can be considered one of the thorniest challenges for online news publications. Ideally, comments allow readers to participate in vibrant online discussions about key issues and give instant feedback, taking the traditional letter to the editor of a newspaper one step further. This online public sphere has become an essential ingredient of a news website, increasing engagement and fostering healthy debate which serves a normative purpose by advancing democracy and social discourse. However, the reality is somewhat more complex, as the freedom of expression in commenting forums can become a free-for-all, with emboldened readers taking advantage of the anonymity and distance afforded by such forums to express themselves in abusive ways they may ordinarily not have. A range of positivistic and critical theories are used, including uses and gratification, gate-keeping, the normative public sphere and critical political economy, to investigate the management considerations informing the decision to close the comments facility, the reactions of staff, and the implications for News24 and perceptions about the state of public debate in South Africa. It is a case study that uses both qualitative and quantitative research methodologies in the form of interviews, an online survey, and content analysis of over 1600 comments. This study found that News24’s decision was based on reputational and legal concerns, and was also influenced by local and international competitors who grappled with similar issues and decided to either partially or fully close their commenting facilities. It also found the move to steer commenting to social media, particularly Facebook, could be seen as an effort to absolve News24 of the responsibility of moderating comments, but also resulted in a loss of engagement.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word van naderby beskou watter impak die besluit van News24, Suid-Afrika se grootste nuus-webwerf, om hulle afdeling vir kommentaar te sluit, gehad het op beide die media-produk en die persepsies in verband met die stand van openbare diskoers in Suid-Afrika. Forums vir kommentaar is een van die neteligste kwessies vir aanlyn nuus-publikasies. Ideaal gesproke skep hierdie forums die geleentheid vir lesers om deel te neem aan lewendige aanlyn-besprekings oor belangrike gebeure, en om onmiddellike terugvoering te kan gee – een stap verder as die tradisionele brief aan die koerantredakteur. Hierdie aanlyn openbare sfeer het ‘n lewensbelangrike bestanddeel van die nuus-webwerf geword, wat deelname en gesonde debat aanmoedig, wat op sigself ‘n normatiewe doel dien deur demokrasie en deelname aan gesprek te bevorder. Maar die werklikheid is egter ietwat meer ingewikkeld, aangesien die spraakvryheid in kommentaar-fasiliteite kan ontaard, en lesers kan aanmoedig om misbruik te maak van van die anonimiteit en die veilige afstand wat hierdie forums bied om hulleself dan uit te druk op ‘n aggressiewe en beledigende wyse, wat hulle dalk nie onder normale omstandighede sou gedoen het nie. Hierdie studie maak gebruik van ‘n verskeidenheid van positivistiese en kritiese teorieë, insluitende gebruik- en beloningteorie, waghouding, die normatiewe openbare sfeer en kritieke politieke ekonomie, om ondersoek in te stel na die oorweginge van die bestuur wat tot die besluit gelei het om die kommentaar-fasiliteite te sluit, en die implikasies wat dit vir News24 ingehou het, asook die effek wat dit gehad het op die stand van openbare gesprekvoering in Suid-Afrika. Dit is ‘n gevallestudie wat gebruik maak van beide kwalitatiewe-en kwantitatiewe navorsingsmetodologieë deur middel van onderhoude, ‘n aanlyn-meningspeiling, en ‘n inhoudsananlise van meer as 1600 opmerkings wat gemaak is en kommentare wat gelewer is onderaan artikels wat gehandel het oor die aankondiging van die sluiting van die kommentaar-fasiliteit op News24. Die studie het bevind dat News24 se besluit gebaseer was op oorwegings wat met beide hulle reputasie en moontlike regskwessies verband gehou het, en dat hulle besluit ook beïnvloed is deur die besluite van hulle plaaslike en internasionale mededingers om hulle kommentaar-fasiliteite deels of heeltemal te sluit. Dit het ook bevind dat die besluit om eerder die tipe kommentaar in die rigting van sosiale media, veral Facebook, te stuur, gesien kon word as ‘n poging om News24 te onthef van die verantwoordelikheid om kommentaar te modereer, maar dat dit ook ‘n verlies aan lesersdeelname ten gevolg gehad het.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Online chat groups, Internet chat groups, Online journalism, UCTD
Citation