Die vertaling van ’n hibriede teks : ’n ondersoek na die uitbeelding van karakters in 7 Days en Cobra deur Deon Meyer

Kleyn, Ruchelle (2017-03)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Deon Meyer’s crime novels have been translated into 27 languages, but he prefers to write his manuscripts in Afrikaans. He writes within the South African cultural context; therefore, his novels depict typical South African characters. In his novels, Meyer uses dialogue as an instrument for portraying the characters for the reader. These character portrayals offer an approach to investigating the translation of the dialogue as well as the effect of translation of the dialogue on the depiction of characters. Apart from the dialogue serving as strong instrument for depicting the images of characters, hybridity is also linked to dialogue and the depiction of characters. A hybrid source text includes different varieties of one language as well as different languages in one text. If such elements of hybridity are reflected in the target text and strike the target-text reader as odd, the target text can be regarded as a hybrid. In my opinion, hybridity is not produced during the translation process; instead, it is already present in the source text and merely transferred – or not – to the target text through translation. For the purposes of this study, the term ‘hybridity’ includes elements such as Cape Afrikaans, code switching and swear words which appear in dialogue in the source texts. Swear words contribute to hybridity but usually are not marked as signs of hybridity in the source text. Hybridity is, however, created in the target text if swear words that have been transferred unchanged strike the target-text reader as odd. Meyer’s characters are not only depicted through dialogue; but when elements of hybridity are transferred to the target text, a hybrid text is produced once again. This study’s focus is whether the transference – or not – of hybridity from a source text to a target text affects the depiction of characters in any way. Two of Meyer’s novels, 7 Dae and Kobra, and their respective translations, 7 Days and Cobra, are examined to determine whether the translation of the dialogue has affected the transference of hybridity. The characters who are examined are Vaughn Cupido, a Cape Afrikaans speaker hailing from the Cape Flats, and Bennie Griessel, a white, middle-class Afrikaans-speaking person. The study employs qualitative analysis that incorporates various translation strategies and that refers to Venuti’s (1995) terms ‘domestication’ and ‘foreignization’, which are used mainly to determine how dialogue has been translated. The short quantitative analysis in Chapter 5 focuses specifically on the translation of Cape Afrikaans, indicating the number of foreignized and domesticated translations in graphs. The study aimed to examine the character depiction in the target texts. To determine this, two other questions had to be answered: which translation strategies have been used to depict the characters, and has the depiction of these two characters been influenced by the translation strategies that have been applied? The findings indicate that an overall domesticating strategy was used, especially in the case of Cape Afrikaans. The strategy of domestication meant that few strange words or concepts – if any – have been transferred to the target text. Consequently, hybridity has decreased, or disappeared completely. Swear words have been foreignized in some instances, but not to the extent that they produced a totally foreignizing effect. Code switching has disappeared completely in the target texts. Thus, the chosen translation strategy has indeed influenced the character images. Also, in various instances informal conversational situations have taken on a neutral tone in the target text.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Deon Meyer se speurverhale is al in meer as 27 tale vertaal, maar hy verkies om sy manuskripte eers in Afrikaans te skryf. Hy skryf binne die Suid-Afrikaanse kulturele konteks en daarom beeld sy verhale tipiese Suid-Afrikaanse karakters uit. Die dialoog in die verhale word gebruik om ’n beeld van die karakters vir die leser te skep. Dié karakteruitbeelding skep ’n geleentheid om die vertaling van die dialoog te ondersoek asook die invloed wat die vertaling van die dialoog op karakteruitbeelding het. Afgesien van die dialoog wat die karakters sterk uitbeeld, word hibriditeit ook aan dialoog en karakteruitbeelding verbind. ’n Hibriede bronteks sluit verskillende variëteite in asook verskillende tale wat in een teks voorkom. Indien dié elemente van hibriditeit in die doeltekste oorgedra word en vir die doelteksleser vreemd voorkom, kan die doelteks as hibried beskou word. Hibriditeit word volgens my nie tydens die vertaalproses geproduseer nie, maar kom eerder reeds in ’n bronteks voor en word deur middel van vertaling in ’n doelteks oorgedra, of nie. Die term ‘hibriditeit’ sluit vir die doeleindes van hierdie studie elemente soos Kaaps, kodewisseling en vloekwoorde in wat in die brontekste in karakters se dialoog voorkom. Vloekwoorde sluit by hibriditeit aan; dit word nie noodwendig in die bronteks as tekens van hibriditeit geklassifiseer nie, maar indien dit in die doelteks onveranderd oorgedra word en vreemd vir die doelteksleser voorkom, skep dit hibriditeit in die doelteks. Meyer se karakters word nie net deur dialoog uitgebeeld nie, maar indien die elemente van hibriditeit in die doeltekste oorgedra word, word ’n hibriede teks opnuut daargestel. Wat in hierdie studie ondersoek word, is of die hibriditeit van die bronteks wat in die doelteks oorgedra word, of nie, ’n invloed op karakteruitbeelding het. Twee boeke van Meyer, naamlik 7 Dae en Kobra, met hulle vertalings, 7 Days en Cobra, is ondersoek om vas te stel of die vertaling van dialoog ’n invloed op die oordrag van hibriditeit het. Die dialoog van Vaughn Cupido, ’n Kaapse Afrikaanssprekende karakter afkomstig van die Kaapse Vlakte, en dié van Bennie Griessel, ’n wit middelklas- Afrikaanssprekende karakter, word ondersoek. Die studie maak gebruik van ’n kwalitatiewe analise. Die kwalitatiewe analise is gedoen met behulp van verskeie vertaalstrategieë en ook met Venuti (1995) se terme domestikering en vervreemding, wat hoofsaaklik gebruik is om te bepaal hoe die dialoog vertaal is. ’n Kort kwantitatiewe analise in hoofstuk 5 fokus hoofsaaklik op die vertaling van Kaaps met die aantal domestikerende en vervreemdende vertalings wat in grafieke aangetoon word. Die fokus van die studie was om te bepaal hoe die karakters in die doeltekste uitgebeeld word. Om laasgenoemde te beantwoord, moes twee vrae beantwoord word, naamlik watter vertaalstrategieë gebruik is om die karakters te skep en of die karakters se uitbeelding beïnvloed word deur die tipe vertaalstrategieë wat gebruik is. Die bevindinge vir die eerste vraag was dat ’n oorhoofse domestikerende vertaalstrategie meestal aangewend is. Veral met die vertaling van Kaaps is domestikering as vertaalstrategie gebruik. Die gebruik van die domestikerende vertaalstrategie het veroorsaak dat baie min of geen vreemde woorde of konsepte in die doeltekste oorgedra is nie, wat veroorsaak het dat die hibriditeit minder was of heeltemal verdwyn het. Verder is vloekwoorde soms vervreemdend vertaal, maar nie oorhoofs vervreemdend nie en kodewisseling is heeltemal in die doeltekste wegvertaal. Die karakters se uitbeelding is dus beïnvloed deur die vertaalstrategie wat gebruik is en het so ook veroorsaak dat informele gespreksituasies waaraan die karakters deelneem, in verskeie gevalle neutraal in die doelteks voorkom.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/100959
This item appears in the following collections: