The water scarcity-conflict Nexus: The case of Darfur

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The world is experiencing increasing water scarcity and with such scarcity comes a greater likelihood of violence. Worldwide countries have had to investigate scarcities and resultant challenges such as violence. Low-income countries which suffer from lack of good governance and possess an array of ethnic groupings within their borders are the most vulnerable to water scarcity-related violence. The purpose of this thesis is to examine the relationship between water scarcity and conflict through the case study of Darfur. Darfur highlights how low-income countries lack the means to address grievances which arise between different ethnic groups around issues with water sources. This thesis takes an important stance on water scarcity in that it does not agree that water scarcity alone is enough to cause major incidences of violence, it is rather the mixture of ethnic tensions, water scarcity and bad governance which is toxic and results in violence. This is often forgotten by fear-ridden media articles and politicians which believe the globe is doomed to dehydration and war. Water scarcity and conflict are complex phenomena and thus require comprehension of the theoretical principles which created them. Traditional International Relations theories are therefore analysed in order to provide insight into why scarcities are occurring and how they have indirectly contributed to scarcities. Liberalism and realism have ensured that the world views nature as something to be used and profited from. This has proven to be unstainable and notes an area where International Relations needs to improve. Newer environmentally-minded theories have emerged and have fought to alter the current world order where natural resources are pillaged and lives are at risk. Such theories would include Green Theories. Green Theories are multifaceted and normatively show an alternate outcome when applied to the Darfur crisis. The purpose of the theoretical component of this thesis is to highlight that newer more environmentally-minded theories are needed in International Relations, and currently demand further study.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Waterskaarste neem wêreldwyd toe, wat lei tot die potensiaal vir die toename van geweld. Geweld is een van die tendense verwant aan die wêreldwye toename in die skaarste-tendens. Lae-inkomste lande met swak regerings wat bestaan uit ‘n uiteenlopende verskeidenheid etniese groepe binne hul grense, staan die sterkste kans om onder hierdie waterskaarste-geweld deur te loop. Die doel van hierdie tesis is om die verhouding te ondersoek tussen waterskaarste en konflik deur gebruik te maak van die Darfur-gevallestudie. Darfur werp lig op die wyse waarop lae-inkomste lande nie oor die nodige middele beskik om hierdie griewe aan te spreek nie – griewe wat ontstaan tussen verskillende etniese groepe rondom kwessies verwant aan toegang tot en die beskikbaarheid van waterbronne. Hierdie tesis neem ‘n belangrike standpunt in oor waterskaarste deurdat dit nie akkoord gaan daarmee dat dit alleen waterskaarste is wat vir meeste van die grootste gevalle van geweld verantwoordelik is nie. Hierdie tesis neem standpunt in dat die geweld eerder toegeskryf kan word aan ‘n kombinasie van etniese spanning, waterskaarste asook swak regering – ‘n toksiese kombinasie wat in geweld ontaard. Hierdie kombinasie word meesal deur die vreesbevange media-artikels en politici agterweë gelaat – politici wat glo die wêreld is gedoem tot dehidrasie en oorlog. Waterskaarste en konflik is ingewikkelde verskynsels. Dit verg begrip van die teoretiese beginsels wat daartoe aanleiding gegee het. Tradisionele Internasionale Betrekkingsteorieë word vervolgens ontleed om insig te lewer oor die redes waarom skaarste plaasvind, en hoe dit indirek tot die skaarstes bydra. Liberalisme en realisme het meegebring daartoe dat die wêreldwye opvattings oor die natuur lei tot houdings van die natuur as bloot ‘n kommoditieit vir geldgewin. Hierdie wêreldbeskouing is duidelik nie meer volhoubaar nie, en bied ‘n leemte in die gebied van Internasionale Betrekkinge waar dit drasties kan verbeter. Nuwe omgewingsgesinde teorieë het nou ontwikkel wat die bestaande idees aanvat en is besig om die hedendaagse tendense te verander - tendense wat die natuurlike hulpbronne plunder en lewens in gevaar stel. Sulke teorieë sluit in Groen Teorieë. Groen Teorieë is veelsydig en dui normatief op ‘n alternatiewe uitkomste waar dit op die Darfur-krisis toegepas word. Die doel van die toeretiese gedeelte van hierdie tesis is om die kollig te werp op nuwe en meer omgewingsgerigte teorieë wat nodig is om Internasionale Betrekkinge op datum te bring, en wat tans dingende, verdere studie verg.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Ecological security -- Sudan -- Darfur, Water supply -- Political aspects -- Sudan -- Darfur, Population -- Sudan -- Darfur, Economic development -- Sudan -- Darfur, Foreign relations -- Sudan -- Darfur, Green theory -- Environmental aspects, International relations -- Sudan -- Darfur, UCTD
Citation