The development of an implementation framework for green retrofitting of existing buildings in South Africa

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this study frameworks related to retrofitting were investigated in order to develop a holistic framework for the green retrofitting of existing buildings in South Africa. The developed framework consists of five phases: retrofit feasibility, pre-project planning, construction, post-retrofit activities, and finally operation and maintenance. The framework was validated by means of a case study. The time required by the organisation involved to obtain the necessary funds for constructing the retrofit far exceeds the available time of this study. Therefore only the first two phases of the developed frameworks, retrofit feasibility and pre-project planning, were validated. The framework was developed to be a generic representation for South African retrofit projects, and as with the maintenance phase, many aspects were selected and adapted for the South African context. One of the main barriers for green buildings in South Africa, identified from literature, is the high cost perception South Africans have regarding green buildings. In the case study it was demonstrated how internal resources and expertise of the organisation can be used to reduce the total retrofit cost. Combining a retrofit with maintenance actions can further reduce the additional amount needed to invest in a green retrofit. Fourteen retrofit features are suggested and grouped into seven smaller independent projects according to the types of skills that are required for each installation. This minimises the time, external expertise and resources needed for specific jobs. These sub-projects are generally not fixed to a pre-defined schedule and can be attempted at stages the organisation finds suitable.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word raamwerke vir die aanpassing van geboue ondersoek met die doel om ’n holistiese raamwerk vir die groen aanpassing van bestaande geboue in Suid-Afrika te ontwikkel. Die raamwerk wat ontwikkel is bestaan uit vyf fases: die uitvoerbaarheid van die aanpassing, voorafbeplanning van die projek, konstruksie, post-aanpassingsaktiwiteite en laastens inwerkstelling en instandhouding. Die uitvoerbaarheid van die ontwikkelde raamwerk is deur middel van ’n gevalle studie getoets. Die tydperk wat die betrokke organisasie benodig om die nodige fondse vir die aanpassing te bekom is meer as die tyd wat beskikbaar is vir die studie. Daarom kon net die uitvoerbaarheid van die eerste twee fases van die ontwikkelde raamwerk, die uitvoerbaarheid van die aanpassing en die voorafbeplanning, getoets word. Die raamwerk is ontwikkel om verteenwoordigend te wees van Suid-Afrikaanse aanpassingsprojekte, en soos in die geval van die instandhoudingsfase, is baie aspekte gekies en aangepas met Suid-Afrikaanse toestande in gedagte. Een van die hoofstruikelblokke vir groen geboue in Suid-Afrika is, soos in literatuur geïdentifiseer, die persepsie van hoë koste. In die gevalle studie word daar gedemonstreer dat die interne bronne en kennis in die organisasie self gebruik kan word om die totale kostes verbonde aan die aanpassing te verminder. Die kombinering van die aanpassing met instandhoudingsaksies kan die addisionele bedrag wat benodig word vir belegging in die aanpassing, verder verminder. Veertien aspekte van aanpassing word voorgestel en in sewe kleiner onafhanklike subprojekte volgens die tipes vaardighede wat vir elke installasie benodig word, groepeer. Dit verminder die tyd, eksterne bedrewendheid en bronne wat vir spesifieke take bekom moet word. Daar is gewoonlik nie ’n voorafskedule verbonde aan hierdie subprojekte nie en dit kan uitgevoer word op stadiums wat vir die organisasie gerieflik is.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Sustainable buildings, Buildings -- Retrofitting, UCTD
Citation