dc.contributor.advisor | Hesseling, Anneke Catharina | en_ZA |
dc.contributor.advisor | Schaaf, Hendrik Simon | en_ZA |
dc.contributor.author | Bekker, Adrie | en_ZA |
dc.contributor.other | Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Dept. of Paediatrics and Child Health | en_ZA |
dc.date.accessioned | 2016-12-22T13:41:44Z | |
dc.date.available | 2016-12-22T13:41:44Z | |
dc.date.issued | 2016-11-18 | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10019.1/100334 | |
dc.description | Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2016 | en_ZA |
dc.description.abstract | ENGLISH ABSTRACT : Infants (<12 months) born to women with tuberculosis are at high risk of
Mycobacterium tuberculosis (M. tuberculosis) exposure, infection and disease early in
life. In settings with high prevalence of human immunodeficiency virus (HIV) and
tuberculosis, tuberculosis disproportionately affects women of childbearing age. The
aim of this dissertation was to comprehensively investigate prevention and treatment
strategies for perinatal and infant tuberculosis in a high HIV-prevalence setting.
Research objectives included: 1) defining clinical and epidemiological aspects of
maternal-infant tuberculosis at a large referral hospital; 2) identifying barriers and
solutions to isoniazid preventive therapy (IPT) delivery in tuberculosis-exposed
newborns; and 3) obtaining rigorous pharmacokinetic data to guide the dosing of firstline
antituberculosis drugs in newborns and infants for the prevention and treatment
of tuberculosis.
In the first retrospective study, 70 newborns (42 HIV-exposed) were investigated for
tuberculosis at Tygerberg Hospital, a large provincial referral hospital in Cape Town.
Newborns were mainly screened for tuberculosis because of maternal tuberculosis.
Isoniazid preventive therapy (IPT) was initiated in 36/50 (72%) newborns, because of
maternal tuberculosis infectious risk and exposure of infants. Few of the newborns
who received IPT were traceable at one-year, and of those traced, less than half
completed IPT.
To generate more rigorous clinical and epidemiological data on maternal-infant
tuberculosis, a prospective cohort study was conducted in pregnant and postpartum
women receiving tuberculosis treatment at Tygerberg Hospital. Over a one-year
period, 74 pregnant and postpartum women, 53 (72%) HIV-infected, were
consecutively enrolled. Nearly half of the women, 35 (47%) were diagnosed with
tuberculosis only at delivery or postpartum, and a third of women with tuberculosis
reported prior tuberculosis treatment. Tuberculosis-exposed newborns were often
premature and of low birth weight (LBW; <2500 grams). All deaths occurred in HIVinfected
women (n=5) and all stillbirths (n=4) and newborn deaths (n=6) were from
HIV-infected women. Favourable maternal tuberculosis treatment outcomes (cure and
tuberculosis treatment completion) were documented only in 41/74 (55%) women, while 33 (45%) had unfavourable treatment outcomes (death, treatment failure and
loss to follow-up). These poor observed outcomes highlight the need for earlier
diagnosis and treatment of tuberculosis during pregnancy, and close follow-up to
ensure maternal tuberculosis treatment completion. Improved care for pregnant
women with tuberculosis, with and without HIV infection, will likely reduce
morbidity and mortality in mothers and tuberculosis-exposed newborns. Delayed
maternal tuberculosis diagnosis led to IPT initiation in a large number of newborns.
Forty-four newborns on IPT were followed to 6 months. A hospital-based
tuberculosis linkage to care intervention, led to 29/44 (66%) newborns completing
IPT without a study team intervention. A further 8 infants completed IPT after studyteam
intervention. Appropriate tuberculosis referral and linkage to care from hospital
to local tuberculosis clinic substantially improved IPT completion among
tuberculosis-exposed newborns.
More pharmacokinetic data regarding the appropriate use of antituberculosis drugs are
required in neonates and infants, who undergo considerable physiological changes in
the first year of life. An intensive isoniazid (INH) pharmacokinetic study was
therefore designed and implemented in premature and LBW infants (n=20).
Relatively high median INH peak concentrations of 5.63 μg/ml were achieved in
LBW infants (at an INH dose of 10 mg/kg), compared to the adult proposed target
value of > 3 μg/ml. INH exposures were higher with longer half-lives in smaller
infants, and among genotypically determined N-acetyltransferase-2 (NAT2) slow
acetylators, suggesting reduced clearance of INH. This first study of isoniazid use in
LBW and premature neonates showed that the INH dose in premature and LBW
infants should probably not exceed 10 mg/kg/day.
The final study evaluated whether the revised higher 2009 World Health Organization
(WHO)-recommended paediatric doses for rifampicin (RMP), INH, pyrazinamide
(PZA) and ethambutol (EMB) achieved adequate drug concentrations in infants,
compared to current adult pharmacokinetic target concentrations. All 39 infants
enrolled achieved the minimum proposed adult target peak concentrations of > 3
μg/ml for INH at a mean dose of 12.8 mg/kg (10.3 - 15.4 mg/kg), and the minimum
adult target of > 20 μg/ml for PZA at a mean dose of 33.3 mg/kg (28.5 – 38.5
mg/kg). RMP administered at mean dose of 15.4 mg/kg (10.1 - 20.5 mg/kg) resulted in very low RMP peak concentrations for both RMP formulations used during the
study. None of the infants achieved the minimum proposed adult RMP target
concentration of > 8 μg/ml. Given the findings of this study, higher doses of RMP in
infants should be considered especially given emerging data from adult RMP doseescalation
studies showing better efficacy at higher doses with limited toxicity for
short-term use. For EMB, only 1 of 16 infants achieved the recommended adult target
concentration of > 2 μg/ml when given at a mean dose of 20.2 mg/kg (15.4-24.1
mg/kg). EMB dose-dependent ocular toxicity however poses a concern regarding the
recommendation of higher EMB doses in infants where vision testing is challenging.
This is the largest pharmacokinetic study of first-line antituberculosis drugs
performed in infants to date, which has generated valuable pharmacokinetic data to
inform the effective and safe dosing of first-line antituberculosis drugs in infants.
Pregnant women in settings with a high burden of tuberculosis and HIV and their
infants face a considerable burden of tuberculosis disease in HIV-endemic settings.
Maternal-infant tuberculosis care can be improved by health systems strengthening
interventions. Data generated from pharmacokinetic studies of antituberculosis drugs
in tuberculosis-exposed infants will inform much needed dosing guidelines of firstline
antituberculosis drugs for newborns and infants, who have a high risk of
tuberculosis and are prone to develop severe forms of tuberculosis. | en_ZA |
dc.description.abstract | AFRIKAANSE OPSOMMING : Babas (<12 maande) van vroue met tuberkulose het ’n hoë risiko vir Mikobacterium
tuberculosis (M. tuberculosis) blootstelling na geboorte, wat kan lei tot infeksie en die
ontwikkeling van tuberkulose siekte. In gebiede met ’n hoë voorkoms van menslike
immuungebrek virus (MIV) word vroue van kinderdraende ouderdom tot ’n groot
mate aangetas deur tuberkulose. Die doel van hierdie verhandeling was om die
voorkoming en behandelingstrategieë vir tuberkulose in die perinatale en baba
tydperk omvattend te ondersoek binne die konteks van ‘n omgewing met ‘n hoë
voorkoms van MIV. Navorsingsdoelwitte het die volgende ingesluit: 1) die
definïering van kliniese en epidemiologiese aspekte van tuberkulose in moeders en
babas by ’n groot verwysingshospitaal, 2) die identifisering van struikelblokke en
oplossings vir die gebruik van isoniasied voorkomende behandeling in babas met
blootstelling aan M. tuberculosis; en 3) die verkryging van betroubare
farmakokinetiese data wat doseringsriglyne kan verskaf vir eerste-linie
antituberkulose middels vir die voorkoming en behandeling van tuberkulose in
pasgeborenes en babas.
In die eerste studie is 70 pasgeborenes (waarvan 42 blootgestel was aan MIV)
retrospektiewelik ondersoek vir tuberkulose by Tygerberg Hospitaal. Tygerberg
Hospitaal is ‘n groot provinsiale verwysingshospitaal in Kaapstad. Pasgeborenes was
hoofsaaklik vir tuberkulose ondersoek as gevolg van moederlike tuberkulose. Vanweë
potensiële tuberkulose blootstelling aan pasgeborenes en die risiko dat tuberkulose
moeders nog aansteeklik was, is isoniasied voorkomende behandeling gegee in 36/50
(72%) pasgeborenes. Min van die pasgeborenes wat isoniasied voorkomende
behandeling ontvang het kon opgespoor word na een jaar, en minder as die helfte van
die babas wat opgespoor is, het isoniasied voorkomende behandeling voltooi.
’n Prospektiewe kohortstudie is onderneem in swanger en postpartum vroue op
behandeling vir tuberkulose by Tygerberg Hospitaal. Die doel van hierdie studie was
om meer omvattende kliniese en epidemiologiese inligting te versamel in moeders
met tuberkulose en hulle babas. Gedurende die verloop van een jaar is 74 swanger en
postpartum vroue, 53 (72%) met MIV-infeksie, ingesluit in die studie. Ongeveer die helfte van die vroue, 35 (47%) was eers gediagnoseer met tuberkulose tydens
verlossing of in die postpartum periode. ’n Derde van vroue met tuberkulose het ’n
geskiedenis gehad van vorige tuberkulose behandeling. Tuberkulose-blootgestelde
pasgeborenes was dikwels prematuur en/of gebore met ’n lae geboorte gewig (LGG;
<2500 gram). Alle moederlike sterftegevalle het voorgekom in moeders met MIVinfeksie
(n=5) en alle stilgeboortes (n=4) en babasterftes (n=6) was in babas van
moeders met MIV-infeksie. Gunstige uitkomste van moederlike tuberkulose
behandeling (genesing en voltooiïng van TB behandeling) was gedokumenteer in
slegs 41/74 (55%) vroue, terwyl 33 (45%) ongunstige behandelingsuitkomste gehad
het (sterfte, onsuksesvolle behandeling en verlore tydens opvolg). Hierdie ongunstige
uitkomste beklemtoon die behoefte aan ‘n vroeër diagnose en behandeling van
tuberkulose tydens swangerskap, asook noukeurige opvolg gedurende tuberkulose
behandeling ten einde voltooiïng te verseker. Verbeterde sorg vir swanger vroue met
tuberkulose, ongeag van MIV-infeksie, behoort die morbiditeit en mortaliteit in
moeders en hulle tuberkulose-blootgestelde pasgeborenes te verminder. Die laat
diagnose van moederlike tuberkulose tydens swangerskap het daartoe aanleiding
gegee dat ‘n groot aantal pasgeborenes isoniasied voorkomende behandeling benodig
het. Vier-en-veertig pasgeborens wat isoniasied voorkomende behandeling ontvang
het, is vir ‘n tydperk van 6 maande opgevolg. ’n Hospitaal-gebaseerde strategie wat
die koppeling van hospitaal na plaaslike TB klinieke ingesluit het, het aanleiding
gegee tot die voltooiïng van isoniasied voorkomende behandeling in 29/44 (66%)
pasgeborenes. Hierdie voltooiïng van isoniasied voorkomende behandeling is
bewerkstellig sonder die ingryping van die studiespan. Na ingryping deur die
studiespan het ‘n verdere 8 pasgeborenes isoniasied voorkomende behandeling
voltooi. Toepaslike tuberkulose verwysing, wat die koppeling vanaf hospitaal na
plaaslike TB klinieke verbeter het, het ‘n beduidende bydrae gelewer tot die
voltooiïng van isoniasied voorkomende behandeling in pasgeborenes blootgestel aan
M. tuberculosis.
Verdere farmakokinetiese inligting word benodig vir effektiewe antituberkulose
behandeling in pasgeborenes en babas wat aansienlike fisiologiese veranderinge in die
eerste lewensjaar ondergaan. ’n Intensiewe isoniasied (INH) farmakokinetiese studie
is beplan en uitgevoer in premature en LGG babas (n=20). LGG babas wat ‘n dosis
van 10 mg/kg INH ontvang het, het relatiewe hoë mediane INH piek konsentrasies van 5.63 μg/ml bereik, in vergelyking met die die voorgestelde teiken waarde vir
volwassenes van > 3 μg/ml. INH konsentrasies was hoër met ‘n langer half-leeftyd in
kleiner babas, asook in genotipies-vasgestelde N-asetieltransferase-2 (NAT-2) stadige
asetileerders, wat daarop aandui dat daar verminderde INH opruiming was. Hierdie
eerste studie van isoniasied in LGG en premature pasgeborenes het aangedui dat die
dosering van INH na alle waarskynlikheid nie 10 mg/kg/dag behoort te oorskry nie.
Die finale studie het die gewysigde hoër 2009 Wêreld Gesondheidsheidsorganisasie
(WGO)-aanbevole pediatriese doserings vir rifampisien (RMP), INH, pirasinamied
(PZA) en etambutol (EMB) ondersoek, om te bevestig of voldoende
geneesmiddelkonsentrasies in babas bereik word, in vergelyking met die huidige
teikenkonsentrasies in volwassenes. Al 39 babas op die studie het die minimum
voorgestelde volwasse teikenkonsentrasies van > 3 μg/ml vir INH bereik met die
toediening van ‘n gemiddelde dosering van 12.8 mg/kg (10.3 - 15.4 mg/kg), en die
minimum volwasse teikenkonsentrasie van > 20 μg/ml vir PZA met die toediening
van ‘n gemidddelde dosering van 33.3 mg/kg (28.5 - 38.5 mg/kg). Rifampisien was
toegedien teen ’n gemiddelde dosering van 15.4 mg/kg (10.1 - 20.5 mg/kg) en het
baie lae RMP-konsentrasies tot gevolg gehad vir beide RMP formulerings wat in die
studie gebruik is. Die voorgestelde volwasse RMP teikenkonsentrasie van > 8μg/ml is
nie waargeneem in enige van die babas nie. Gegewe die bevindinge van hierdie studie
behoort hoër doserings van RMP in babas oorweeg te word. Hoër RMP doserings is
veral noodsaaklik in die lig van onlangse studies in volwassenes waar dit meer
doeltreffend blyk te wees, en ook ‘n beperkte toksisiteit getoon het met korttermyn
toediening. Vir EMB het slegs 1 uit 16 babas die vereiste aanbeveelde volwasse
teiken konsentrasie van > 2 μg/ml bereik, met ‘n gemiddelde EMB toediening van
20.2 mg/kg (15.4 - 24.1 mg/kg). ‘n Dosis-afhanklike risiko vir oog-toksisiteit met
EMB is rede tot kommer ingevolge die gebruik van hoër EMB dosisse in babas,
aangesien die bepaling van sig moeilik is in babas. Hierdie is die grootste
farmakokinetiese studie van eerste-linie antituberkulose geneesmiddels wat al in
babas uitgevoer is en het waardevolle farmakokinetiese inligting verskaf wat bydra tot
die effektiewe en veilige doserings van hierdie geneesmiddels in babas.
Swanger vrouens, asook hulle babas, is baie vatbaar vir blootstelling aan M.
tuberculosis infeksie en die ontwikkeling van tuberkulose in gebiede met ‘n hoë voorkoms van tuberkulose en HIV. Die sorg van moeders en babas met tuberkulose
kan verbeter word deur die versterking van bestaande gesondheidssisteem strukture.
Inligting verskaf van farmakokinetika studies in eerste-linie antituberkulose
geneesmiddels wat in pasgeborenes en babas met tuberkulose gedoen word, sal help
om die nodige doseringsriglyne te verskaf vir babas, wat n hoë risiko het vir die
ontwikkeling van tuberkulose, insluitende ernstige vorms van tuberkulose. | af_ZA |
dc.language.iso | en_ZA | en_ZA |
dc.publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University | en_ZA |
dc.subject | Tuberculosis -- Prevention -- South Africa | en_ZA |
dc.subject | Tuberculosis in infants | en_ZA |
dc.subject | HIV infections -- South Africa -- Western Cape | en_ZA |
dc.subject | HIV infections -- 21st century | en_ZA |
dc.subject | UCTD | en_ZA |
dc.subject | Tuberculosis -- Treatment -- South Africa | en_ZA |
dc.title | Prevention and treatment of perinatal and infant tuberculosis in the HIV era | en_ZA |
dc.type | Thesis | en_ZA |
dc.rights.holder | Stellenbosch University | en_ZA |