An evaluation of oversight and accountability by the fourth Parliament of the Republic of South Africa

Mbete, Luvuyo (2016-12)

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2016.

Thesis

ENGLISH SUMMARY : Internationally oversight and accountability are regarded as two sides of the same coin, which are essential in ensuring that the electorate receives public value through service delivery and good governance. The Constitution of the Republic of South Africa obliges Parliament to ensure that mechanisms are in place for the executive to account in Parliament and Parliament to be able to maintain oversight on the executive’s actions and/ or lack of action. The main aim of this study is to evaluate whether the oversight and accountability mechanisms employed by the fourth Parliament of the Republic of South Africa are effective and if members of Parliament understand their role, function and mandate in overseeing the executive, thus holding the executive accountable for its actions and/ or lack of action. Once the research problem and the rationale of the study are provided, an overview of the research design and methodology is given. The study proceeds to discuss the theoretical context on oversight and accountability and conveys the state of oversight and accountability in a number of selected international Parliaments to provide a limited international perspective on oversight and accountability. The study proceeds to explore the application of oversight and accountability within the South African context with the main focus being on the South African model of oversight and accountability, policy framework for oversight and accountability, and the mechanisms for conducting oversight and accountability employed by the fourth Parliament. The study then provides an in-depth discussion on the research design and methodology to given an understanding of the hypothesis, conceptualisation and key variables. The discussion also includes issues of measurement, sampling methods and the research methodology that discusses the data collection methods, data capturing and data analysis. It concludes by considering the limitations of the study. In order to provide evidence to support or disprove the hypothesis, an investigation was conducted on the mechanisms employed by the fourth Parliament in exercising its Constitutional mandate to oversee the executive and hold it to account. Two semi-structured questionnaires were administered to members of Parliament and managers that dealt with oversight and accountability during the fourth Parliament and the responses were processed by means of content analysis, consisting of tabulating the occurrences of content units by characterising the meaning in a given body of discourse in a systematic and quantitative fashion. From the findings, it is clear that challenges regarding how the mandate of oversight and accountability is implemented should be addressed and the results of Parliament’s efforts to oversee the executive need to be supported with stronger systems to ensure effective oversight and accountability. Although the negative factors outweigh the positive factors, some positive factors are identified. Generally, the Constitution of the Republic of South Africa is the policy base that informs the institutional processes and programmes on oversight and accountability. In terms of the Parliamentary mandate to oversee the executive members of Parliament understand the mandate and are supported with a budget in each financial year to oversee the executive. The programme of the fourth Parliament is not aligned to the established time frames for certain processes of the Money Bills Amendment Procedure and Related Matters Act no 9 of 2009. Members of Parliament enjoy immunity from prosecution and detention when in the chamber when it comes to issues of conduct. The fourth Parliament Constitutionally understood legislative, policy and strategic framework matters, but there is no policy in place as an integral aspect of Parliament’s strategic plan in relation to oversight and accountability, which reflects gaps in business planning and specific implementation activities. The institution lacks an administrative unit to carry out oversight and accountability implementation plans. No institutional arrangements for the oversight of state institutions such as the South African Reserve Bank exist. There are no processes and guidelines for interaction and engagement of members of Parliament with ministers on issues of public concern. Parliament does not have electronic or manual systems in place for oversight and accountability. There is no database management system and tracking system, e.g. for resolution tracking. Parliamentary debates, including questions and replies by the executive, are identified as of poor standard. With regard to petitions, there are no formal regulations in place to formally process submitted petitions and no standardised processes to submit petitions. The role of committees is important in Parliamentary oversight, but the findings indicate that the quality of reports that are produced by committees is of concern and contributes negatively to effective oversight of the executive. The quality of contributions in the preparation of the national budget is good and important. Parliament does not give enough value to the reports of Chapter 9 institutions and the time allocated for engagement with the institutions is not adequate. The role of the opposition to hold the executive accountable is not exclusive. The findings reveal that the electoral system hinders effective oversight. In addition, there are challenges in the implementation of an effective monitoring and evaluation system. The analysis of the findings and the main challenges identified provides sufficient evidence for the hypothesis of the study, namely that the oversight and accountability mechanisms employed by the fourth Parliament were ineffective and that members of Parliament did not understand their role, function and mandate in overseeing the executive and thus fails in holding the executive accountable for its actions and/ or lack of action. The study concluded by providing a number of recommendations for addressing the challenges emanating from the analysis of the findings in order to enhance oversight and accountability. Only once the recommendations are implemented, it will be possible for the mechanisms employed by Parliament to generate effective oversight and thus ensure executive accountability.

AFRIKAANSE OPSOMMING : Internasionaal word toesig en aanspreeklikheid beskou as twee kante van dieselfde munt wat noodsaaklik is om te verseker dat die kiesers openbare waarde ontvang deur dienslewering en goeie bestuur. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika verplig die Parlement om meganismes in plek te stel vir die uitvoerende gesag om verantwoording in die Parlement te doen en om die Parlement in staat stel om toesig oor die optrede van die uitvoerende gesag en/of die gebrek aan optrede te handhaaf. Die hoofdoel van hierdie studie was om te evalueer of die toesig- en aanspreeklikheids meganismes wat deur die vierde Parlement van die Republiek van Suid-Afrika gebruik word, doeltreffend is en of lede van die Parlement hul rol, funksie en mandaat in die toesig oor die uitvoerende gesag verstaan en dus so die uitvoerende gesag aanspreeklik hou vir hul optrede en/of gebrek aan optrede. Sodra die navorsings probleem en die rasionaal van die studie uiteengesit is, volg daar ‘n opsomming van die navorsingontwerp en -metode. Die studie bespreek hiernaas die teoretiese konteks van toesig en aanspreeklikheid en gee die toestand van toesig en aanspreeklikheid in 'n aantal geselekteerde internasionale Parlemente weer om 'n beperkte internasionale perspektief op toesig en aanspreeklikheid te verskaf. Die studie verskaf dan 'n diepgaande bespreking van die navorsingsontwerp en - metodologie en 'n begrip van die hipotese, konseptualisering en sleutelveranderlikes. Die bespreking sluit verder kwessies van meting, steekproefnemingsmetodes en die navorsingsmetodologie met betrekking tot die data-insamelingsmetodes, datavaslegging en data –analise in. Dit sluit af met ‘n beskouing van die studie se die beperkinge. Die studie gaan voort deur die toepassing van toesig en aanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse konteks met die hooffokus op die Suid-Afrikaanse model van toesig en aanspreeklikheid, beleidsraamwerk vir toesig en aanspreeklikheid, en die meganismes vir die uitvoering van toesig en aanspreeklikheid in diens van die vierde Parlement te verken . Ten einde die hipotese te ondersteun of weer te lê, is n ondersoek onderneem na die meganismes wat deur die vierde Parlement ingespan word in die uitoefening van sy grondwetlike mandaat om toesig oor die uitvoerende gesag te hou en dit aanspreeklik te hou. Twee semi-gestruktureerde vraelyste is afgeneem by Lede van die Parlement en Bestuurders wat toesig en aanspreeklikheid in die vierde Parlement handhaaf. Die antwoorde is deur middel van inhoud-analise getabuleer wat behels het dat die kere wat die inhound-eenhede voorkom, verwerk is deur hul betekenis te tipeer binne ‘n gegewe diskoerskonteks volgens ‘n sistematiese en kwantitatiewe styl. Deur die bevindinge te beskou, is dit duidelik dat die uitdagings aangaande hoe die mandaat van toesig en aanspreeklikheid geïmplementeer word, aangespreek moet word en dat die resultate van die Parlement se pogings om toesig oor die uitvoerende gesag te hou met behulp van sterker stelsels ondersteun moet word om effektiewe toesig en aanspreeklikheid te verseker. Selfs al oorskadu die negatiewe faktore die positiewe faktore, is ’n paar positiewe faktore geïdentifiseer. Oor die algemeen is die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika die beleidbasis van die institusionele prosesse en programme aangaande toesig en aanspreeklikheid. Lede van die Parlement moet die Parlementêre mandaat om toesig te hou verstaan en ondersteun word met 'n begroting in elke boekjaar. Die program van die vierde Parlement is nie in lyn met die gevestigde tydraamwerke vir sekere prosesse van die Geldwetsontwerpe Wysigingsproses en Verwante Aangeleenthede Wet. Lede van die Parlement geniet immuniteit teen vervolging en aanhouding wat betref hule gedrag wanneer die huis sit. Die vierde Parlement verstaan die Grondwet, wetgewende beleid en strategiese raamwerk, maar daar is geen beleid in plek wat deel vorm van die Parlement se strategiese beplanning in verband met toesig en aanspreeklikheid wat gapings weerspieël in sakebeplanning en implementering van spesifieke aktiwiteite nie. Die instelling het nie ’n administratiewe eenheid wat implementeringsplanne vir toesig en aanspreeklikheid kan uitvoer nie. Geen institusionele reëlings vir die toesig van staatsinstellings soos die Reserwebank bestaan nie. Daar is geen prosesse en riglyne vir interaksie en betrokkenheid tussen Lede van die Parlement en Ministers oor kwessies van openbare belang nie. Die Parlement het nie elektroniese stelsels of stelsels wat met die hand werk in plek vir toesig en aanspreeklikheid nie. Daar bestaan tans nie ’n databasis-bestuurstelsel en ’n naspoorstelsel vir byvoorbeeld die naspoor van oplossings nie. Debatte, insluitend vrae en antwoorde deur die uitvoerende gesag, word geïdentifiseer as van swak standaard. Met betrekking tot petisies, is daar geen formele regulasies in plek waarvolgens ingediende petisies geprosesseer kan word nie en daar is ook geen gestandaardiseerde prosesse om petisies formeel in te dien nie. Die rol van komitees is belangrik in Parlementêre oorsig, maar die bevindinge dui daarop dat die gehalte van die verslae wat deur komitees gelewer word kommer wek en ’n negatiewe uitwerking op die doeltreffende toesig van die uitvoerende gesag het. Die gehalte van die bydraes in die voorbereiding van die nasionale begroting en is goed en belangrik. Parlement gee nie voldoende aandag en waarde aan die tyd toegeken vir afsprake aan die instellings van verslae van hoofstuk nege instellings. Die rol van die opposisie om uitvoerende gesag aanspreeklik te houi snie eksklusief nie. Die bevinding dui daarop aan dat die kiesstelsel verhinder doeltreffende toesig. Daarbenewens is daar uitdagings om 'n doeltreffende monitering en evaluering stelsel te implementeer. Die rol van die opposisie om die uitvoerende gesag aanspreeklik te houi is nie eksklusief nie. Die bevindinge dui daarop dat die kiesstelsel doeltreffende toesig verhinder. Verder is daar uitdagings met betrekking to die implemenering van ‘n doeltreffende kontrolering- en evalueringstelsel. Die ontleding van die bevindinge en die belangrikste uitdagings wat geïdentifiseer is, verskaf voldoende bewyse vir die hipotese van die studie, naamlik dat die toesig- en aanspreeklikheidsmeganismes in diens van die vierde Parlement ondoeltreffend was en dat Lede van die Parlement hul rol, funksie en mandaat van toesig oor die uitvoerende gesag nie verstaan het nie en dus daarin faal om die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou vir sy optrede en/of gebrek aan optrede. Die studie sluit af met ’n aantal aanbevelings met betrekking tot die uitdagings wat voortspruit uit die ontleding van die bevindinge om toesig en aanspreeklikheid te verbeter. Slegs wanneer aanbevelings geïmplementeer word, sal dit moontlik wees vir die meganismes wat deur die Parlement ingespan word om effektiewe toesig en dus uitvoerende aanspreeklikheid te verseker.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/100090
This item appears in the following collections: