Department of Journalism
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Department of Journalism by browse.metadata.type "Article"
Now showing 1 - 20 of 45
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe Bauernmission and the ironies of colonialism : the religio-cultural legacy of the Bauernsiedlung Philippi(Sabinet, 2009-11) Rabe, LizetteThe German immigrants who formed the three "waves" of Germans to settle at Philippi in the Western Cape (South Africa) in the 19th century, and their descendants, contributed not only to the agricultural well-being of the Western Cape by providing the growing population with fresh produce, but also to the diversity of the region with their German cultural heritage. The arrival in the Western Cape of specifically the last two "waves" of German immigrants was both the result of the Hermannsburg "Bauernmission" - "agricultural missionary society" - as well as a specific immigration drive by the British colonial government to recruit specifically Germans to populate various areas of the Western and Eastern Cape colonies, which coincided. This article discusses the history of the resultant Philippi German farming community - a typical "Bauernsiedlung" - and the irony of their religio-cultural legacy and a new generation of (im)migrants to the Western Cape. Translations of the German quotations are provided as footnotes.
- ItemDie belang van kritiese selfrefleksie deur joernalistiekopvoeders(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2018) Jordaan, MarenetDie joernalistieke bedryf is onder groot druk en verander teen ʼn ongekende pas. Dit beteken joernalistiekopvoeders – veral op tersiêre vlak – moet gedurig herbesin oor wat in die lesinglokaal gebeur om tred te hou met omwentelinge in die bedryf. Die kernargument in hierdie artikel is dat joernalistiekopvoeders die basiese beginsels van kritiese selfreflektiewe onderrigpraktyk in gedagte moet hou wanneer hulle interaksie met studente het en kurrikula ontwikkel. Kritiese selfreflektiewe onderrigpraktyk beteken om deeglik na te dink oor bestaande waardestelsels en ervaring alvorens besluite oor toekomstige onderrigbenaderings gemaak word (Larrivee 2000:294). In die artikel word kennis geneem van debatte binne joernalistiekonderrig, wat insluit die soms gespanne verhouding tussen die akademie en die bedryf, sowel as onsekerheid wat steeds bestaan oor waar joernalistiekprogramme in die groter universiteitsomgewing inpas. Aandag word ook geskenk aan die veranderende leerstyle van studente. Die gebruik van digitale media-tegnologie word as voorbeeld gebruik van hoe daar soms wanopvattings kan bestaan oor studente se ervaring binne en buite die lesinglokaal. Kritiese selfreflektiewe onderrigpraktyk word gedefinieer ten einde te argumenteer dat dié benadering veral relevant kan wees vir joernalistiekonderrig op universiteit. As voorbeeld van hoe kritiese selfrefleksie aangewakker kan word onder joernalistiekopvoeders, word verwys na ʼn gevallestudie by die Universiteit Stellenbosch se nagraadse joernalistiekdepartement. In dié geval word terugvoer uit fokusgroepe met honneursstudente aangewend om te reflekteer oor kursusinhoud en leerbenaderings wat ook tot kurrikulumvernuwing kan lei.
- ItemDie belang van mediavryheid in Suid-Afrika : tweehonderd jaar, twee gevallestudies, van die Magna Carta tot die Muilbandwet(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2016-09) Rabe, LizetteHierdie artikel beskou die huidige bedreigings teen 'n vrye media in Suid-Afrika vanuit 'n mediahistoriografiese vertrekpunt en betoog dat die rol van 'n vrye media in Suid-Afrika belangriker is as ooit weens die bedreigings van die ANC-regering op die vrye vloei van inligting. Mediavryheid as konsep word bespreek, waarna 'n vrye media vanuit 'n libertaries-sosiaal verantwoordelike teoretiese vertrekpunt belig word. Dit word gevolg deur 'n kort bespreking van die gevallestudie as navorsingsontwerp en die historiese metode as navorsingsinstrument. Twee gevallestudies in die stryd om mediavryheid teen die regering van die dag oor byna tweehonderd jaar in Suid-Afrika volg: Die eerste onder 'n outoritêre Britse koloniale regering en die tweede onder 'n demokratiese bedeling onder die ANC. In die eerste word beweeg van geen persvryheid, na sogenaamde onvoorwaardelike vryheid. In die tweede hou die voorgestelde Media Appèl Tribunaal, sekere wetsontwerpe, sowel as ander bedreigings, asook die ondemokratiese uitsprake en optrede van Suid-Afrika se staatshoof en sy regering, ernstige gevare in vir mediavryheid, ondanks grondwetlike waarborge. Die stelsel van selfregulering is relevant en word kortliks bespreek. Die gevolgtrekking is dat mediavryheid altyd voorwaardelik is, ondanks 'n pro tempore-belewenis dat dit onvoorwaardelik kan wees, en dat mediavryheid eweseer 'n kwessie is in 'n sogenaamde liberaal-demokratiese bedeling as wat dit in 'n vorige diktatoriale koloniale era was.
- ItemBismarck, Hitler, Kohl en die grense van die moontlike(Department of History, University of the Free State, 2004) Scholtz, Leopold; Scholtz, IngridWhat precisely the boundaries of the possible were, how Bismarck, Hitler and Kohl reacted thereupon and what implcations it had for Germany and Europe, are investigated here. The important intermezzo of the Cold War, and thus also the roles of Adenauer and Brandt, are also considered. Ultimately it boils down to the interaction between individual and impersonal factors in the shaping of history.
- ItemCertain milestones in the history of Lutheran congregations of the German immigrants to the Philippi flats : 1877-2007(Sabinet, 2007-11) Rabe, LizetteThe year 2007 marks the 130th commemoration of the arrival of the so-called Second Wave of German immigrants to the Western Cape, specifically to the Cape Flats, while New Year's Day 2007 commemorated the 120th year of independence of the Wynberg Lutheran congregation. Yet, it is also the year in which this, the oldest, and the second of the original three Lutheran congregations that have served this community, will cease to function as an independent congregation and will become a so-called parish of the last remaining congregation. The church building of this last remaining Philippi congregation, as well as the church of the first congregation that ceased to exist, that of Neu-Eisleben, was built 110 years ago, in 1897. This article gives an overview of the history of this community, indicating certain milestones before and since 1877, and records the thoughts of a couple of those descendants who are touched directly by the prorogation at the beginning of the 21st century of the independent existence of the oldest congregation.
- Item'Eva-lusie' : die vrouestem in Suid-Afrikaanse media(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2001-09) Rabe, LizetteIn April vanjaar was 51% van Suid-Afrikaanse internetgebruikers vroue, teenoor 38% in Maart 1999 (Women now, 2001). Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die geslag van gebruikers van die internet - die sogenaamde nuwe media - min of meer die bevolkingsamestelling reflekteer. Maar sou 'n studie gedoen word van die inhoud van die internet-aanbod: of van diegene wat die produseerders daarvan is, sou dit waarskynlik gelyk wees aan die bevindings van ander mediastudies. Eerstens: vroue wat in die media uitgebeeld word, is verreweg in die minderheid; tweedens: hulle word gestereotipeer, en derdens: as verskaffers van media is hulle in beperkte rolle (Gaga, 2000; Lowe-Moma, 2001: Spears et al.: 2000). Gaan ons vir 'n oomblik honderd jaar terug in ons eie geskiedenis, is Suid-Afrika vasgevang in 'n oorlog wat lank 'n rampspoedige invloed op talle terreine van Suid-Afrika se ontwikkeling sou hê. Ook die media. En hoofsaaklik die rol wat die Afrikaanse vrou in veral die Afrikaanse pers sou speel - of nie speel nie. Soos in die geslagsdiskoers in die letterkunde kan 'n mens ook na die afwesigheid van die Afrikaanse vrouestem in die media verwys as die "stiltes tussen woorde en tekste" (Van Niekerk, 1994). Om nie te praat van die stilte van swart en bruin vroue nie. Persvryheid moet deur almal geniet kan word en nie net sommige nie, sê pres. Thabo Mbeki vroeër vanjaar in sy boodskap ter viering van die tiende Wêreldpersvryheidsdag. Ook: "Niemand kan tevrede wees terwyl persvryheid hoofsaaklik net deur 'n uitsoekgroep geniet word nie. Dis die kernreg van alle mense om vrye toegang te hê tot media wat hul menings uitdruk en hul lewenservaring en strewes ten volle weerspieël". As 'n mens die status van vroue en ander minderheidsgroepe in die media ondersoek, is dit duidelik dat ons ver van daardie ideaal is. Veral as jy in Suid-Afrikaanse media lees van vroulike joernaliste wat teistering van parlementslede - die gekose verteenwoordigers van die volk dus - moet verduur (Stappe, 2001). Eerstens dan in hierdie besinning oor die status van vroue in die media moet 'n mens begin by die begin - en die oervraag van alle joernaliste: Wat is nuus?
- ItemFour South African "sunrises", four cartoons, four eras and the cyclical nature of history(Historical Association of South Africa, 2018-05) Rabe, LizetteHistory as having a cyclical nature has been accepted as theory since ancient times. According to this cyclical theory, events happen in recurring cycles, or, simply put, it is a matter of "history repeating itself". This article examines four cartoons as an illustration of history as cyclical phenomenon in one metaphor that was used in four political cartoons that were published over just more than a century in South Africa. All four cartoons depict the metaphor of "a new dawn" or a "new sunrise", although representing four different political eras in the country. As foundational point of departure, media history and media historiography is discussed, followed by cartoons and their development as editorial comment, after which follows a discussion of the use of metaphor in cartoons. The four cartoons, representing four political eras, are next presented, supplemented by brief biographies of the four cartoonists as further context. The cartoons, although representing different political eras in South Africa, are linked through the use of the sunrise metaphor, graphically illustrating history as being cyclical, or repeating itself. This article hopes to not only contribute to South African (media) history, but especially to stimulate cartoon studies, specifically from within a (media) historiographical framework.
- ItemGender setting(Rhodes University, 2003-09) Rabe, LizetteOnce beginner-journalists enter newsrooms, time for reflection on the challenges of their profession is a luxury due to the pressures of deadlines and delivering to those deadlines. Thus a beginner-journalist needs to enter the newsroom with basic skills - both practical and conceptual - in place. Some of those skills adhere to the way we construct gender in our daily lives - and which flows over in the way we construct the news reports that become part of our daily lives.
- Item’n Gevallestudie: ’n Mediahistoriografiese verkenning van ’n vroeë rubriek en ’n latere effekteorie- uitspraak(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2018) Rabe, LizetteIn hierdie artikel, in die vorm van ’n gevallestudie, verken ek ’n vroeë rubriek uit die 1920’s in ’n Afrikanernasionale dagblad vanuit ’n mediahistoriografiese vertrekpunt teenoor ’n veel latere uitspraak wat uit die kognitiewe effekteorie-paradigma stam. Die rubriek heet “Oom Izak van Kaapstad” en het in Die Burger verskyn. Ongeveer sewentig jaar later is die Afrikaanse media beoordeel as ongetwyfeld die kognitiewe bestuurders (“mind managers”) van Afrikaners vanuit die konteks van effekteorieë wat handel oor die rol en die mag van die media. Die vertrekpunt van die artikel word binne die veld van die mediahistoriografie gebaseer in ’n poging om dié onderbestudeerde vakwetenskaplike subgenre aan te vul. Ten eerste word dus ’n bespreking van mediahistoriografie aangebied om die onderwerp deeglik in te bed in die veld, waarop ’n bespreking van kognitiewe effekteorie volg wat die rol en die mag van die media voorhou. Laasgenoemde word aangevul met ’n bespreking rondom “kognitiewe denke” vanuit die perspektief van die kultuursosiologie. Die gevallestudie-benadering as navorsingsontwerp word kortliks saam met die metodologie bespreek. Daarop volg as deel van die mediahistoriese begronding van die artikel, en om die nodige konteks te bied, ’n bespreking van die bepaalde koerant en sy maatskappy se posisie en invloed in die maatskaplike milieu van die Afrikaner, wat inderdaad dekades later sou lei tot die beskouing dat die Afrikaanse media inderdaad kognitiewe bestuurders is. Vervolgens kom die rubriek en sy skrywer self aan bod. Ten slotte word vanuit hierdie mediahistoriografiese verkenning voorgestel dat dié vroeë Afrikaanse rubriek inderdaad as “effek” gesien kan word waarop die latere uitspraak rondom die Afrikaanse media as kognitiewe bestuurders gemaak kon word.
- ItemGlass ceiling, concrete ceiling(Rhodes University, 2006-09) Rabe, LizetteWhat at are the realities facing women journalists, specifically senior women, in South African newsrooms? What do they identify as obstacles, and which strategies can be implemented to redress the situation? This was the gist of the questions asked in a study to establish the realities, obstacles and challenges facing senior women journalists in South African newsrooms across all media. What were the answers?
- ItemHuisgenoot as tydgenoot : 'n mediageskiedkundige kroniek van 'n tydskrif as "skrif" van sy tyd(LitNet, 2016-09-15) Rabe, LizetteDie Afrikaanse tydskrif Huisgenoot het in Mei 2016 sy eeufees gevier. Hierdie artikel gebruik ’n mediageskiedkundige vertrekpunt om die ontwikkeling van Huisgenoot van 1916 tot 2016 met sy idealisties-ideologiese en markgedrewe ideale as “skrif” van sy tyd te boekstaaf. Die mediageskiedenis as studieveld waarbinne die ondersoek gedoen word, word kortliks as vertrekpunt geskets, asook die geskiedkundige konteks vir die ontstaan van die blad. Hierop volg ’n bespreking van die ontwikkeling van die blad aan die hand van sy diensdoelwit en sy winsdoelwit, of sy idealisties-ideologiese en markgedrewe ideale. Dit is ook nodig om die blad se spesifieke bydrae tot die vestiging van Afrikaans te belig, omdat dit met sy ontstaansgeskiedenis saamhang. Hierdie kronologie sal probeer aandui hoe die tydskrif as “skrif” van sy tyd ontwikkel en voldoen het aan die eise van sy tyd, van die engAfrikanernasionalistiese kultuurblad van een eeu gelede tot die meer globale populêre kultuurblad van vandag. Meer bepaald dui die kronologie aan hoe Huisgenoot hom oor 100 jaar nie net as huisgenoot nie, maar as tydgenoot in sy veranderende mark kon handhaaf.
- Item"Koos sê..." : 'n kritiese diskoersanalise van die metakapitaal van ʼn invloedryke Suid-Afrikaanse mediamagnaat(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2016-03) Botma, Gabriel JohannesHierdie artikel onderneem 'n kritiese diskoersanalise van die openbare uitsprake van die Afrikaanse mediamagnaat Koos Bekker van Naspers-faam, sodat die diskursiewe magsverhoudings waarbinne hy hom bevind duideliker omskryf kan word. Behalwe dat Bekker baie media-blootstelling gekry het, het hy die afgelope dekade of meer ook verskeie meningsartikels tot die koerante van Naspers bygedra, en die argument is dat hy as 'n invloedryke meningsvormer (die draer van "meta-kapitaal" in n Bourdieuaanse sin) in die samelewing funksioneer. In dié verband verwys die artikel na die diskoersteorie van Foucault en Bourdieu se vergelykbare teorieë oor die verband tussen taalgebruik en magsuitoefening. Daaruit vloei die metodiek van kritiese diskoersanalise, wat na aanleiding van die werk van Fairclough en Van Dijk hier op drie vlakke - teks, konteks van produksie, en samelewingskonteks - geskied. Die bevinding van die artikel is onder meer dat Bekker se komplekse posisionering ten opsigte van Afrikaans en Afrikaners gekenmerk word deur 'n identifisering met wit en bruin Afrikaanse jeugdiges, maar dat hy minder begrip vertoon vir die ouer geslag wit Afrikaners. Bekker beklemtoon ook gereeld die positiewe aspekte van kulturele inklusiwiteit en diversiteit, en is oor die algemeen optimisties, maar by tye ook skerp krities oor die "nuwe" Suid-Afrika. Sy skryfstyl, keuse van onderwerpe en publikasieplatforms getuig van strategiese berekendheid.
- ItemKroniek van 'n mondigwording? 'n Mediageskiedkundige herevaluering van die WVK, Naspers en Afrikaanse joernalistiek(LitNet, 2017) Rabe, LizetteHierdie artikel bied ’n mediageskiedkundige oorsig oor ’n episode in die Afrikaanse mediageskiedenis wat ná 20 jaar steeds omstrede is en kommentaar ontlok, maar wat in nabetragting as ’n “mondigwording” van die Afrikaanse joernalistiek gesien kan word. Dié episode was die breuk in 1997 tussen ’n hoofsaaklik ouer generasie Afrikaanse medialeiers en ’n jonger generasie oor die kwessie of die eertydse Afrikanernasionale mediahuis Nasionale Pers by die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) ’n voorlegging moes maak oor die jare tussen 1960 en 1994. Die benadering vir hierdie artikel is vanuit ’n mediageskiedkundige perspektief, wat eers as konteks bespreek word. Dit word gevolg deur ’n bespreking van die Afrikanernasionale drukmedia met die fokus op Naspers en sy filiaal Nasionale Koerante. ’n Kort bespreking oor die begrippe lojale verset en oop gesprek – as sleutel om die gebeure te probeer ontsluit – volg. Daarop word ’n oorsig oor die WVK as agtergrond aangebied, waarna ’n uiteensetting van die gebeure soos wat dit ontvou het, nie net as ’n interne stryd nie, maar vanweë die beriggewing daaroor, ook ’n openbare een, weergegee word. Ondanks die destydse bitter breuke, wat intussen geheel is, kan ’n mens in nabetragting sê dat dié episode as ’n noodsaaklike mondigwording vir die Afrikaanse joernalistiek in sy geheel gesien kan word – ’n geleentheid waar hy homself nuut kon posisioneer in ’n nuwe mediapolitieke ekologie, en waarmee hy vir homself noodsaaklike kulturele kapitaal vir ’n nuwe toekoms verwerf het.
- ItemKyk terug na die toekoms : nuusobjektiwiteit en Niklas Luhmann se konsep van die realiteit van die massamedia(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2011-12) De Beer, Arnold, S.Die hedendaagse vloed van ontwikkelinge op die informasie- en kommunikasie tegnologie-terrein bring sowel die praktyk van mediawerk as die teoretiese begrip daarvan in gedrang. Makro-, meso- en mikro-mediateorieë en -modelle wat in die tweede helfte van die vorige eeu as gangbare heuristiese weergawes van die “mediawerklikheid” voorgehou is, word deur die omvang en invloed van nuwe (sosiale) media omvergewerp. Tradisionele mediateoretiese benaderings soos die hekwagter- en nuusvloeimodelle maak in die wêreld van Twitter, Facebook en YouTube paradigmaties nie meer sin nie. Gevolglik word die “heilige koei” van die joernalistieke praktyk, naamlik die aanvaarding dat nuus objektief is en die “werklikheid” derhalwe getrou weergee, ernstig bevraagteken. Huidige mediateoretiese benaderings verskaf oënskynlik nie voldoende antwoorde op die voorafgaande probleemsituasie nie. Die werk van die Duitse sosioloog Niklas Luhmann word aangebied as ’n potensiële benadering om hierdie probleemsituasie aan te spreek en te ontleed.
- Item'n Landboublad as "sosiale barometer" : Landbouweekblad as aanwyser van een eeu se landbou-ontwikkeling(LitNet, 2019) Rabe, LizetteDie Afrikaanse landboutydskrif Landbouweekblad vier in Mei 2019 sy eeufees. Hierdie artikel beskou vanuit ‘n mediageskiedkundige asook tydskrifstudie-vertrekpunt die ontstaan en ontwikkeling van die blad sedert 1919. ‘n Oorsig vanuit ‘n mediageskiedkundige perspektief, saam met ‘n kortbegrip van tydskrifstudie as onderontwikkelde navorsingsveld in Suid-Afrika, word as fundamentele vertrekpunte aangebied met as kernbegrip tydskrifte as sosiale barometers van hul tyd. Dié begrip van tydskrifte as barometers is ‘n gepaste metafoor gesien die fokus van die artikel, aangesien die landbou van die stand van ‘n barometer afhanklik is as aanwyser van goeie of slegte nuus. ‘n Oorsigtelike bespreking van die politieke ekonomie van die mediateorie, veral toepaslik in die lig van die ontstaansgeskiedenis van die blad in sy spesifieke sosiopolitieke omstandighede, volg. Daarna word ‘n chronologiese boekstawing van die blad se ontstaansgeskiedenis aangebied. Kontekstueel kan die gevolgtrekking gemaak word dat dit vandag ‘n dinamiese produk te midde van groot uitdagings is. Sy eeufees word gevier te midde van erge onsekerheid rondom die landbou (die teikenmark wat dit bedien) asook die tegnologierevolusie (as mediaproduk). Ook hierin toon dit egter sy fundamentele aard as ―sosiale barometer‖ deur byvoorbeeld sy leierskap met die aanbied van die 2018-konferensie oor grondhervorming in ‘n tyd van sosiopolitieke onstabiliteit. Wat betref mediavernuwing as gevolg van die tegnologierevolusie het die blad ook gemorfeer in nuwe produkte in antwoord op uitdagings betreffende die ontwrigtende digitale ekonomie. As finale gevolgtrekking kan dit gestel word dat die doelwitte van een eeu gelede steeds nagestreef word en dat die blad inderdaad beskryf kan word as ‘n sosiale barometer wat die stand van sake, of ―temperatuur‖ en ―klimaat‖, kon ―lees‖ en in sy blaaie kon weerspieël.
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2006(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2006) Bekker, Niel; Smith, Samarie; Bottomley, Edward-John; Begbie, Yolaan; Leibrandt, Rowena; Norris, Philippa; De Villiers, Emmie; McKune, Craig; Molewa, Daphney; Stanfield, Marilyn; Atmore, Elizabeth; Atson, Lara; Gerber, Jan; Schoeman, Aldi; Smith, Cherice; Steenkamp, Terence; Grobbelaar, Retha; Hans, Thobile; Monama, Tebogo; Mulder, Gerhard; Roberts, Richard; Tongha, Amanda; Van Rensburg, Dewald; Van Zyl, Jeanri-Tine; Visser, Jaco; Vollgraaff, RenéThe LIP Woordfeeskoerant is an independent Woordfees festival newspaper produced by the BPhil (Journalism) class of that specific year in the Department of Journalism, Stellenbosch University.
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2007(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2007) Schreuder, Gina; Engelbrecht, Sarietha; Du Plessis, André-Pierre; Du Plooy, Daniëlla; Cillié, Joanita; Grobler, Riëtte; Segage, Tsholofelo; Van der Spuy, Anri; Van der Merwe, Naudé; Adriaanse, Cobus; Styan, James; Van Niekerk, Alida; Els, Rozanne; Conchar, Claire; Uithaler, Jocelyn; Scholtz, Herman; Franz, Illana; Gregor, Simone; McNaught-Davis, Ian; McGuire, Juliet; Petersen, Margaux; Africa, SiyabongaThe LIP Woordfeeskoerant is an independent Woordfees festival newspaper produced by the BPhil (Journalism) class of that specific year in the Department of Journalism, Stellenbosch University.
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2008(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2008) Botha, Marco; Gopal, Thania; Matthee, Stephan; Thormählen, Jóhann; Keogh, Janice; Detel, Hanne; Meads, Carolyn; Neethling, Marlene; Boswell, Jason; Dodo, Peni; Basson, Nozuko; Francis, Philippa; Boonzaier, Christiaan; De Villiers, Delia; Engelbrecht, Lezette; Hugo, Sven; Lamprecht, Ingé; Robertson, Crystal; Smit, Susan; Trussell, Tarryn Kay; Van der Heever, Vania; Woudstra, Amelia-May; Musekwa, RudzaniLize Beekman het geskryf woorde het vlerke. Dit maak vir my sin. Tyd kan glo vlieg en toe ons met woorde begin werk om LIP aanmekaar te sit, het dit ‘n realiteit geword. Woorde kan ook vlieg! Dit vlieg ver en kry voete. Daar waar dit aanklank vind, ontstig, ontroer, laat lag, laat huil, laat hoendervleis kry en waardering kweek. Dit trap diep op plekke, skop elders, drentel hier en hardloop daar, maar staan nooit stil nie. In al hierdie oomblikke kry woorde betekenis en gee aan die leser vlerke om te reis waar praat, luister en kyk nie kan nie. Ek glo dis wat LIP vir jou gaan doen. Daar was te veel stories en te min papier. Ons moes woorde sny en wysig. Ek dink aan die skitterende Drukkoker en ‘n Ander Tongval waarby ons weens logistieke redes nie by uitgekom het nie. Daarom noem ek hulle nou! Ons woorde is steeds eerlik, speels en dartelend. Dis goed so! Lekker Lip-aflek!
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2009(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2009) Maré, Annelie; Du Plessis, Charl; Van Schie, Kristen; Haasbroek, François; Janse van Rensburg, Alet; Molatlhwa, Olebogeng; Cilliers, Mia; Louw, Martinette; Ncala, Nokuthula; Steele, Samantha; De Vries, Blanché; Harbour, Tarryn; Cloete, Salette; Daneel, Roeline; Davis, Tracey-Lee; Dippenaar, Thinus; Hendricks, Colin; Myburgh, Pieter-Louis; Nel, Jody; Stehle, Rudolf; Viviers, Gerda-Marié; Warren, JoeDie Wes-Kaap is ’n vreemde land vir diegene van die ander kant van die Tonnel. Hier stóp mense by voetoorgange, by vulstasies word jy in Afrikaans bedien en daar is selfs ’n kans dat jy hier ’n regering kan aantref wat nie deur die ANC oorheers word nie. Die tiende jaarlikse Woordfees, aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch se departement Afrikaans en Nederlands is eweneens so ’n rare verskynsel. Mense van die land van mynhope en jakarandas is gewoond aan feeste soos Aardklop en selfs die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees. Dáár is die Huisgenoot-tent vroeg reeds vol mense met piekniekmandjies of kiste bier en is Dowwe Dolla bo aan die lys van vermaak. Ander drentel van stalletjie tot stalletjie, elkeen met sy eie oorverdowende musiek. Mnr Eduard Rosenstrauch, die Woordfees se projekbestuurder, sê dit is juis nie die doel van die Eikestadfees nie. “Ons probeer spesifiek nie die stalletjies en goed, daai straatfees namaak nie. Dit wat ons Saterdag doen, is op ’n baie kleiner skaal sodat mense nie vertrap word nie.” André P. Brink het as spreker by die opening van die Woordfees aangedui dat daar deesdae feeste agter elke bos en klip is. Die belangrike Afrikaanse skrywer het verduidelik waarom veral die Woordfees dus so belangrik is om taal te bevorder. Hy het die verhaal vertel van ’n jong seun in ’n Nazi-konsentrasiekamp wat beveel is om ’n skoenlapper te teken. Die seun skryf toe eenvoudig dat hy geen skoenlappers kon sien nie. “Ons enigste antwoord op die donker samelewing is die woord,” sê Brink. En so het die fees van 2009 steeds gefokus op die woord, veral die Afrikaanse woord. Skrywers het soos gewoonlik voorgelees en onderhoude gevoer, maar dit was in Aan Tafel wat feesgangers regtig nader aan die skrywers en kunstenaars gebring is. Hier is middagete of aandete geniet terwyl onderhoude rondom die tafel met die verskillende persoonlikhede gevoer is. Die gehoor het ook later kans gekry om vrae te stel. Interaksie, interaksie... Woorde bestryk ook ander kunsvorme en hiervan het die fees deeglik kennis gegee. Debatte met denkers en meningsvormers, die Sanlam-dramafees, ’n verskeidenheid digkuns, lirieke en musiek was deel van die aanbod. Al die groot name in die Afrikaanse kunswêreld, met die waarskynlike uitsondering van Steve, het op die program verskyn. Om alles te kroon, het vanjaar se fees saamgeval met ’n hele paar belangrike verjaarsdae, waaronder dié van Hennie Aucamp en PG du Plessis wat albei 75 word, en Chris Barnard 70. Die Woordfees is vanjaar 10 jaar oud met “lag-lag” as die hooftema. Hulle wou meer komedie in vanjaar se fees hê, het Rosenstrauch gesê, want baie mense het deesdae ’n goeie rede nodig om te kan lag. Hieraan het Uys Krige se klassieke teaterproduksie, Die Ryk Weduwee, wat as die fees se vlagskip-produksie beskou word, volkome voldoen. Dit is egter ’n fout dat die fees net gemik is op ’n verfynde, uitgelese minderheid. Die fees het genoeg vermaak gebied om ook die studente te lok. Volgens Rosenstrauch is dit ’n probleem vir die Woordfees en die universiteit in sy geheel dat die studente onverskillig teenoor die fees staan. Dit is ondanks goedkoop kaartjies. “Studente sê hulle’t nooit geld nie, maar dan gaan kuier hulle buitendien elke Vrydagaand,” meen hy. Oor die toekoms van die fees het Rosenstrauch gesê ’n groot besluit wag op die feesdirekteure. Dit kan of sy klein formaat behou of dit kan ’n groot “doef-doef”-fees word. Hoe dit ookal sy, ’n mens kan nie anders nie as om optimisties te voel dat juis hierdie fees die versoenings- of eenheidsfees kan word wat die land so nodig het. Dit nou te oordeel aan baanbrekende produksies soos Dig Deep Paseka and Refiloe-Hape wat vanjaar by die fees te sien was. Antjie Krog, een van Afrikaans se uitsonderlikste woordkunstenaars, het vir dié woordmusiekopvoering tradisionele Sotho-liedjies en gedigte in Afrikaans vertaal. (Lees gerus op bl. 4 Olebogeng Molatlhwa se stuk oor dié produksie.) En dalk moet ’n mens volstaan met die woorde van prof Russel Botman, rektor van die US: “Dis laglag vorentoe, nie agtertoe nie.”
- ItemLIP Woordfeeskoerant 2010(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010) McCain, Nicole; Smeets, Vanessa; Ferreira, Louise; Matthysen, Lynne; Gertenbach, Luke; Miller, George; Swartz, Lize; Beukes, Mari; Scholtz, Hein; Theron, Nadine; Van Biljon, Reinhard; Geyer, Marisa; Van der Berg, Willem; Calitz, Willemien; Engel, Rozanne; Esterhuizen, Jean; Gava, Chivimbiso; Geldenhuys, Nikita; Joubert, Niel; Kgatle, Moipone; Mannya, Maphuti; Moolman, Renate; Pienaar, Loren; Strydom, Casper; Tighy, Melissa; Von Benecke, GerdaThe LIP Woordfeeskoerant is an independent Woordfees festival newspaper produced by the BPhil (Journalism) class of that specific year in the Department of Journalism, Stellenbosch University.
- «
- 1 (current)
- 2
- 3
- »