Research Articles (Information Science)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Information Science) by Subject "Consciousness"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemGevoelens, welstand en religie : 'n toepassing van Antonio Damasio se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand op die ontstaan van religie(LitNet, 2020) Troskie, SandraAlhoewel kulturele gedrag verbluffend wyd in die diereryk waargeneem word, is die mens oënskynlik die enigste spesie wat nie net ons uitwendige omgewing nie, maar ook die innerlike omgewing van ons gevoelens kultiveer. Oor millennia sou dié epigenetiese ingryping op die gemoed volgens ’n klein, maar invloedryke aantal wetenskaplikes ’n vername neerslag in daardie aannames en praktyke vind wat die kern van die mensdom se religieë vorm. In dié artikel word António Damásio – een van die invloedrykste neurowetenskaplikes van ons tyd – se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand as teoretiese raamwerk ontwikkel vir ’n bespiegelende ondersoek na die evolusionêre druk wat tot die ontwikkeling van dié vermoë sou lei. Religie, so word aangevoer, ontstaan in aannames en praktyke wat die toegewyde in staat stel om die gevoelens en bewussyn wat deur groepslewe ontlok word, op wyses te reguleer wat die gemoed vir optimale welstand bestendig. Indien groepslewe inderdaad die oorsaak eerder as die gevolg van religie is, behoort daar ’n verband te wees tussen die ontstaan en evolusie van historiese religieë enersyds, en samelewingsveranderinge wat die gemoed van die enkeling in beroering bring, andersyds. Dié voorspelling moet egter nog aan die ontwikkelingsgeskiedenisse van historiese religieuse tradisies getoets word.