Research Articles (Information Science)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Information Science) by Subject "Church and state"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Verskuiwing na 'n oper en meer "pragmatiese" lees van Romeine 13:1–7?(LitNet, 2015-08) Lategan, Bernard C.Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer. Die doel van die artikel is om die strategieë wat lesers in die onlangse verlede gebruik het, te ondersoek en te toets aan ’n indeling van interpretasies wat reeds in 1992 ontwikkel is. Veral na die groot magsverskuiwinge in die wêreld aan die einde van die vorige eeu en die toename van internasionale terreur het dié gedeelte weer in die kollig gekom. Die slotsom is dat nog steeds van bekende leesstrategieë gebruik gemaak word, maar dat daar ’n merkbare verskuiwing na ’n meer “pragmatiese” benadering is. Hierdie benadering aanvaar die kompleksiteit van sowel die teks as die verskeidenheid van lesers en hul onderskeie omstandighede en soek na maniere om in die matriks van mag en magsmisbruik, wet en orde, kritiese bewussyn, eie verantwoordelikheid en die nastreef van die algemene welsyn, werkbare en praktiese oplossings vir die omgang met mag te ontwikkel.