Research Articles (Logistics)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Logistics) by Subject "Business logistics -- Planning -- Computer simulation"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemLogistieke beplanning met behulp van simulasie modellering : 'n gevallestudie(Operations Research Society of South Africa (ORSSA), 2002) Loubser, J. S.; Visagie, S. E.; Pienaar, W. J.Hierdie artikel bied ’n uiteensetting van die gekombineerde gebruik van objek-georiënteerde programmering en simulasie, met die doel om ’n onderneming se logistieke funksies te ontleed en te beplan. Die huidige bedryfstelsel van ’n koerieronderneming se ontvangs- en verspreidingsaanleg word geëvalueer deur gebruik te maak van ’n objek-georiënteerde simulasie. Uit die simulasieresultate blyk dit dat daar ’n wanbalans in die kapasiteitsbelading van sommige werkstasies bestaan. Die onderneming se benutting van die meeste van sy hulpbronne is redelik goed, maar deur ’n herstrukturering van aktiwiteite is dit moontlik om ’n meer doeltreffende stelsel te verkry. Die model is die eerste rekenaarmatige voorstelling van die onderneming se aktiwiteite, en vul ’ n leemte in die beplanningsfunksie. Aangesien die model die verwagte resultate van aanpassings in die werkswyse en/of fisiese veranderinge aan die aanleg kan bereken, kan dit ook gebruik word vir strategiese besluite.