Research Articles (Curriculum Studies)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Curriculum Studies) by Subject "Afrikaans language"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie kwessie van Kaaps : Afrikaansonderrig op skool benodig 'n meer inklusiewe benadering(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2015-12) Le Cordeur, MichaelDit word wêreldwyd aanvaar dat moedertaalonderrig die beste resultate lewer. As dit waar is van Afrikaans, Engels, en ons inheemse tale, dan geld dieselfde argument ook vir Kaaps, die moedertaal van etlike miljoene sprekers. Die navorsingsvraag is of Kaaps in die skoolkurrikulum verreken moet word in die skole waar die leerders hoofsaaklik Kaaps as huistaal het, en indien wel, hoe moet dit geskied? Die metodologie behels ’n blik op die geskiedenis en huidige status van Kaaps; of daar ruimte is vir Kaaps binne die doelwitte van die KABV; die invloed van Kaaps op sy sprekers se persepsie van hul identiteit; die spanning tussen Kaaps en Standaardafrikaans te midde van die herstandaardiseringsproses; en tot watter mate Kaaps in Suid-Afrikaanse skole tot sy reg kom. Die studie bevind dat leerders wat met Kaaps grootword, benadeel word. Die studie beveel dus aan dat Afrikaansonderrig op skool ’n meer inklusiewe benadering moet volg, wat aan Kaaps sy regmatige plek in die kurrikulum sal gee.