Doctoral Degrees (Industrial Engineering)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Industrial Engineering) by Subject "Agriculture for rural development"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemA congruence analysis of innovation platforms from the innovation ecosystems and value chains perspectives(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2021-12) Dondofema, Richmore Aron; Grobbelaar, Sara Saartjie; Herselman, Marlien; Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Industrial Engineering.AFRIKAANSE OPSOMMING: Geleenthede moet in Suid-Afrika se landelike gemeenskappe geskep word vir die burgers om ten volle deel te neem aan die land se ekonomiese, sosiale en politieke lewe, ten einde armoede te oorkom. Die grootste uitdaging vir landelike ontwikkeling in Suid-Afrika is die marginalisering van die armes. Mense moet toegang hê tot basiese dienste van hoë gehalte wat hulle in staat stel om goed gevoed, gesond en toenemend vaardig te wees. Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) 2030 erken dat landelike ekonomieë deur die landbou ondersteun moet word. Die rol van innovasie en die belangrikheid daarvan om verbeterde dienste en volhoubare ontwikkeling te bewerkstellig, word algemeen erken en is ook deur die SDG9 as 'n prioriteit geïdentifiseer in die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling. Innovasie kan ekonomiese groei en indiensneming ondersteun, lewensonderhoud op voetsoolvlak skep en regeringsprestasies en dienslewering verbeter. Hoewel innovasie nie die enigste faktor is wat ekonomiese groei, industrialisering en inklusiewe ontwikkeling bevorder nie, bly dit 'n beduidende en belangrike katalisator tot ekonomiese groei. Innovasie kan die ontwikkeling van Suid-Afrika asook die burgers se lewensgehalte verbeter, veral in landelike en arm gemeenskappe. Daar is 'n toenemende belangstelling in die uitbreiding van innovasie as konsep en om innovasie vir inklusiewe ontwikkeling (innovasie tot maatskaplike voordeel en die openbare belang) in Suid-Afrika, in te sluit. Die openbare sektor moet 'n instaatstelling van innovasie vir inklusiewe ontwikkeling word. Innovering vir 'n inklusiewe ontwikkelingsbenadering behels die uitbreiding van die verskeidenheid belanghebbendes en die verdieping van hul beraadslagende beplanningsbetrokkenheid. Innovasieplatforms wat ruimte bied vir samewerking met verskeie belanghebbendes, is nodig om landelike gemeenskappe te dryf om die NDP 2030-doelwitte te bereik. Hierdie studie het bygedra tot die wetenskaplike gesprek deur 'n analitiese sintesekaart vir innovasieplatforms te ontwikkel vanuit die waardekettingperspektief en die innovasie- ekosisteemperspektief. Die studie het gefokus op die funksionering van innovasieplatforms. Die studie is gelei deur die metodologie van kongruensie-analise wat deur Blatter (2012) ontwikkel is. Kongruensie- analise laat konseptuele verfynings toe met 'n hoë geldigheidsvlak oor 'n klein aantal gevalle. Dit word bereik deur spesifieke stellings en waarneembare afleidings uit abstrakte teorieë te interpreteer. Die benadering is teoriegerig en gebruik gevallestudies om insiggewende bydraes te lewer. Blatter (2012) se kongruensie-analisemetodologie kom tekort vir die vereistes van hierdie studie en dit moes uitgebrei word om elemente uit Jabareen se metode van konseptuele raamwerkontwikkeling te betrek wat 'n sistematiese literatuuroorsig en aktiwiteitsanalise-metode insluit. Die keuse van gevallestudies is gedoen deur gebruik te maak van gemaksteekproefneming, en die kongruensie-analise is op Vrugte Suid Afrika-innovasieplatform en op die Digital Doorway-innovasieplatform gedoen. Die studie het analitiese pluralisme gebruik om nuttige insigte te verkry en innovasieplatforms beter te verstaan. Besprekings uit hierdie studie ondersteun dat die perspektief van die innovasie-ekosisteem asook die perspektief van die waardeketting, beide belangrike analitiese perspektiewe in innovasieplatforms is. Die twee perspektiewe bring verskillende insigte in die geval waar dit toegepas word op dieselfde gevallekontekste, soos deur hierdie studie aangedui. Ons sien ook dat die insigte wat deur elke lens bewerkstellig word, verskillende bevindinge vir twee gevallestudies uit verskillende kontekste (dit wil sê landbou- en landelike ontwikkelingsektore in Suid-Afrika) uitlig.