Browsing by Author "Wessels, Annelie"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie evaluering van die produksievloei by 'n jogurtfabriek in Suid-Afrika(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2022-04) Wessels, Annelie; Potgieter, Linke; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Logistics.AFRIKAANSE OPSOMMING: Jogurt is ‘n bederfbare produk en uiters sensitief vir tyd, temperatuur en hantering. Hoe langer dit neem om die produk te vervaardig, te verpak en te versprei, hoe groter is die kans vir beskadiging en terugsendings. Daar is ook verskeie kostes verbonde aan die stoor van die produk terwyl dit afkoel en wag om versprei te word. Die betrokke maatskappy wil ‘n groter fokus op intydse verskaffing plaas. Om die vlak van intydse verskaffing te verbeter, moet produkte so vinnig en effektief as moontlik deur die fabriek beweeg. Produkte wat vinniger deur die fabriek beweeg het ‘n laer drakoste, skep nuwe stoorspasie vir ander produkte en verlaag die risiko van terugsendings. Kwalitatiewe data is ingesamel deur verskeie gesprekke met die produksiebestuur, koelkamerbestuurder en bedryfshoof te voer. Kwantitatiewe data is ingesamel deur observasies in die fabriek self. Jogurtprodukte se verpakkingstye is geneem en die produkvloei is gedokumenteer. ‘n Diskrete gebeurtenis simulasiemodel is ontwerp en gebou om die stasies in die fabriek voor te stel. Die model se uitslae is gemeet deur drie prestasiemaatstawwe met mekaar te vergelyk, naamlik hantering, tyd en ledigheid. Hierdie uitslae is met sewe alternatiewe scenario’s, waar veranderinge aan die stelsel gebring is, vergelyk. Hierdie scenario’s sluit klein veranderinge in soos om robotte aan die einde van twee lyne te installeer en die werkers te verminder, sowel as om ‘n toedraaimasjien in die verpakkingsarea te voeg. Dit sluit ook groter veranderinge in soos om die toedraai-aanleg te skuif na ‘n ander area in die fabriek en om blaasvrieskaste in die koelkamers te installeer. Produkte word in twee kategorie¨e verdeel na aanleiding van die preserveermiddels wat by die jogurt gevoeg word. Twee metings, tyd in die koelkamer en tyd in die stelsel (wat die koelkamers en verpakking insluit), word gebruik om die model te evalueer. A-produkte spandeer ongeveer 433 minute in die koelkamers en 458 minute in die stelsel. B-produkte spandeer ongeveer 1401 minute in die koelkamers en 1458 minute in die stelsel. Die hoofdoel van die studie, sowel as van die maatskappy, is om die tyd wat produkte in die fabriek spandeer, te verminder. Die scenario wat die beste uitslae gelewer het, was om blaasvrieskaste in die koelkamers te installeer. Dit kan daartoe lei dat produkte wat die oggend gepak is, dieselfde dag nog versprei kan word en produkte wat tydens die nagskof gepak word, die volgende oggend gereed sal wees vir onmiddellike verspreiding. Blaasvrieskaste kan besparings van meer as 50% in die tyd wat produkte in die stelsel spandeer, teweeg bring. Die installering van ‘n toedraaimasjien by die verpakkingstasies is die tweede beste scenario. Hier kan die hantering van die produkte, sowel as die arbeidsmag, verminder word. Dit impliseer dat produkte dadelik nadat primˆere en sekondˆere verpakking plaasgevind het, toegedraai kan word en gereed is vir verkoeling. Wanneer hierdie produkte eers na die toedraai-aanleg geneem moet word, vind dubbele hantering plaas. Hierdie hantering impliseer ekstra arbeid en ekstra tyd op die produk se tydstempel. Die ledigheid van werkers verbeter effens tydens die eerste twee scenario’s wanneer robotte en ‘n toedraaimasjien in die verpakkingsarea ge¨ınstalleer word. Werkers kan egter beter benut word deur die aktiwiteite op die lyne s´o te skeduleer dat dieselfde werkers op verskillende lyne gebruik kan word.