Browsing by Author "Venter, Chris"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie wynmakerfamilie van Zonnebloem, Simondium, 1915-1963(Historical Association of South Africa, 2012-11) Venter, ChrisDie verhaal van Zonnebloem wyn wentel om Marie Furter-Crouse en die drie manlike wynmakers van Zonnebloem-plaas: haar pa, Willem Furter wat haar die kuns van wynmaak geleer het, haar swaer, John de Villiers, en haar eggenoot, Maurice Crouse, sowel as Stellenbosch Boerewynmakery (SBW). Sedert 1920 is Zonnebloemwyn na Londen uitgevoer en teen 1947 was Zonnebloem Cabernet Sauvignon en Zonnebloem Riesling in Suid-Afrika sowel as Europa bekend as gehaltewyne. John de Villiers was die eerste wynmaker wat bekend geword het as die "Wynkoning van Suid-Afrika". SBW het sedert 1930 nou betrokke geraak by die wynmakers van Zonnebloem en in die laat 1940's het diƩ maatskappy Zonnebloem-wyn vir John de Villiers gebotteleer, geƫtiketteer en bemark. Kort na sy dood in 1948 het SBW die naam Zonnebloem as handelsmerk geregistreer sonder om die familie daaroor in te lig. Die veranderinge gedurende die 1950's in die Suid-Afrikaanse wynbedryf, die internasionale boikotte, asook stygende produksiekoste het Crouse gedwing om sy wynmakery te staak. Die plaas Zonnebloem is in 2003 verkoop.