Browsing by Author "Van Rooyen, Andries"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemPlaaslike bestuursontwikkeling vir die kleurling-bevolkingsgroep : vraagstukke en vooruitsigte(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1977) Van Rooyen, Andries; Vosloo, W. B.; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Department of Business Management.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die stelsel van plaaslike bestuur in Suid-Afrika funksioneer deur middel van 'n netwerk van plaaslike owerhede op die laagste horisontale vlak van die owerheidshiërargie. Die stelsel word daaraan gekenmerk dat die gesag waaroor plaaslike owerhede regtens beskik om bepaalde en omskrewe funksies en bevoegdhede binne hulle onderskeie regsgebiede uit te oefen, gesetel is in die ingesetenes van so 'n gebied. Plaaslike owerhede is dus aan die een kant verteenwoordigend van aard deur die skepping van geleenthede vir die ingesetenes om deelname te verkry aan die besluitnemingsproses en aan die ander kant is hulle dienslewerend en beherend van aard.