Browsing by Author "Van Louw, Trevor"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie behoefte aan ’n multidimensionele benadering tot dissiplineprobleme op skool(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2008-12) Van Louw, Trevor; Waghid, YusefAFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie artikel beklemtoon die belangrikheid van behoorlike sosiohistoriese kontekstualisering van dissipline in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel is, is dat skole ’n spieëlbeeld is van die samelewings waarin dit voorkom en dat hierdie feit in ag geneem moet word wanneer strategieë vir die hantering van die probleem gekontekstualiseer word. In the Suid-Afrikaanse konteks vra dit vir die erkenning van die impak van eeue van onderdrukking in die koloniale en apartheidsera soos wat dit verband hou met die huidige probleme in die breër samelewing en in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel word, hou rekening met die belangrikheid van die sosiohistoriese kontekstualisering van dissiplinêre probleme in skole as ’n sosiale werklikheid en die noodsaak om probleme in die samelewing met dié in skole in verband te bring. Dit word voorts geargumenteer dat die komplekse aard van die probleem wat op hierdie wyse blootgelê word, ’n veelfasettige benadering verg waar alle rolspelers (ook dié buite die skool, op ’n geïntegreerde wyse met die skool saamwerk om gepaste strategieë te ontwikkel, implementeer, moniteer en evalueer en om dit na kritiese refl eksie aan te pas, sou die omstandighede dit vereis.