Browsing by Author "Van Graan, Mariette"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie rol van die leerondersteuner binne inklusiewe onderwys(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010-12) Van Graan, Mariette; Swart, Estelle; University of Stellenbosch. Faculty of Education. Department of Educational Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMIMG: Die transformasie vanaf ʼn tradisionele onderwysstelsel na ʼn inklusiewe stelsel het ʼn perspektiefverandering tot gevolg gehad. Die verandering in perspektief het ʼn verskuiwing weg van ʼn klem op individuele diagnose en voorskriftelike terapeutiese intervensies deur professionele persone, na ʼn groter klem op die ontwikkeling van samewerkende en konsulterende verhoudings tussen onderwysers, professionele persone en ouers meegebring. Hierdie verandering in denke het ʼn invloed gehad op die rolle van onderwysers, skoolhoofde en ondersteuningspersoneel. In hierdie studie word daar spesifiek gefokus op die rol- en praktykomskakelings van die eertydse remediërende onderwysers na leerondersteunende onderwysers (leerondersteuners). Navorsingstudies het getoon dat die rol van die leerondersteuner tans baie meer omvattend is as vroeër, met die gevolg dat die volgende navorsingsvrae ontstaan het: Wat is die rol van leerondersteuners binne inklusiewe onderwys en watter ervarings het hulle gehad tydens hul rol- en praktykomskakelings? Die doel van hierdie generiese interpretatiewe navorsingstudie was om vier leerondersteuners wat voorheen as remediërende onderwysers gewerk het se ervarings van hul rol- en praktykomskakelings te analiseer, te beskryf en te verduidelik. Die studie is gedoen vanuit die interpretatiewe paradigma wat die kwalitatiewe navorsingsontwerp gerig het. Data is deur middel van semi-gestruktureerde en fokusgroeponderhoude asook dokumente van die Wes-Kaap Onderwysdepartement gegenereer. Die onderhoudsdata is getranskribeer en verwerk. Bevindinge het getoon dat al die leerondersteuners unieke ervarings gehad het. Daar was egter ʼn ooreenkoms in die ervaring van ʼn klemverskuiwing wat plaasgevind het vanaf remediërende onderwys na leerondersteuning. ʼn Belangrike aspek wat uit die data voortgespruit het, was dat leerondersteuners se daaglikse take en verantwoordelikhede by hul spesifieke skole grootliks van mekaar verskil het, vanweë die verskillende skoolkontekste. Daar is verder bevind dat daar ʼn leemte is in die ondersteuning wat leerondersteuners aan onderwysers bied. Voorstelle is gemaak om ondersteuningsnetwerke te vorm binne die verskillende sisteme van die leerder se konteks, sodat skole omgeskakel kan word na inklusiewe gemeenskappe.