Browsing by Author "Steyn, Johanna"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemVan doekvoet na eendvoet : die vertaling van Afrikaanse romans in Frans(LitNet, 2015-04) Steyn, JohannaDeur die eeue heen is en word vertalings van vertalings, of abbavertalings, gedoen, hoewel hierdie praktyk ongewens is en vertalers afgeraai word om vertalings te vertaal. Abbavertaling word meestal deur vertaalkenners geïgnoreer, tot so ’n mate dat daar nie eens ’n eenduidige term bestaan om daarna te verwys nie. Die ongewildheid van hierdie praktyk spruit hoofsaaklik uit die feit dat vertalings as flou weergawes van ’n bronteks geag word, en ’n vertaling van ’n vertaling is dus nog flouer. Verdere besware is dat foute van vertaling na vertaling oorgedra word, en dat ’n abbavertaler ’n bronteks moet vertaal wat reeds deur ’n ander vertaler geïnterpreteer en aangepas is vir ’n ander doelpubliek. Tog word abbavertalings steeds gedoen en ’n bestudering van die Franse vertalings van Suid-Afrikaanse romans toon dat die meerderheid Afrikaanse romans uit hulle Engelse vertalings in Frans vertaal word. Hierdie artikel is ’n ontleding van die verskynsel van abbavertaling en bied ’n kort oorsig oor die vertaling van Afrikaanse romans in Frans. Ten slotte word alternatiewe oorweeg om Afrikaanse romans in Frans te laat vertaal.