Browsing by Author "Shumuye, Muleta Yirga"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe role of the developmental state in Northern Ethiopia’s Raya Valley Groundwater Irrigation Project: an institutional economics perspective(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2017-12) Shumuye, Muleta Yirga; Swilling, Mark; Khan, Firoz; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Economics.AFRIKAANSE OPSOMMING : Ekonome, politici en burokrate aanvaar nie meer die konvensionele mening dat die vryemark (neoliberale) ontwikkelingsmodel die enigste model is wat minder ontwikkelde ekonomieë kan transformeer en hulle kan help om te groei en te floreer. Die aanvaarding van ’n toepaslike ontwikkelingsmodel vir die Afrika Renaissance is van groot belang vir politici in Afrika, beleidmakers, asook hulle vennote buite Afrika. Die besonder vinnige ekonomiese groei in die ontwikkelende lande in Oos- en Suidoos Asië maak dat hierdie ontwikkelingssmodel ’n interessante alternatief in die Afrika konteks geword het waar agtereenvolgende neoliberale vryemark modelle gefaal het en nie die kontinent van werkloosheid en armoede kon bevry nie. Hoe die idee van ’n ontwikkelingstaat in die Afrika konteks interpreteer word, word tydens hierdie studie bestudeer, meer spesifiek wat dit in die konteks van Etiopië beteken en veral met verwysing na die gevalle studie van die Raya Vallei grondwater besproeiingsprojek. Die hoofvraag wat tydens hierdie studie beantwoord word is: Wat beteken die ontwikkelingstaat in die konteks van Afrika? Die hoofdoelwit was om te bevestigr hoe die ontwikkelingstaat paradigma die omgewing van instansies en die reëlings vir konomiese ontwikkeling in Afrika beïnvloed het. Kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings is gebruik om hierdie vrae te beantwoord en om die doelwitte te bereik. Die benaderings is baseer op primêre asook sekondêre bronne en gemengde metodes van data ontleding is gevolg. In die literatuuroorsig was die fokus op die hoofstroom siening van die ontwikkelingstaat sowel as op konsepte in die Afrika literatuur. Die rol van die ontwikkelingstaat in die ontwikkeling van die land is onmisbaar want die ingryping van die staat is noodsaaklik om tekortkominge in die mark aan te spreek en om die mark en kapitaal te transformer deur die rolle van die mark en die staatsinstansies in die ekonomie te integreer. Die ontwikkelingstaat paradigma kan die langtermyn ekonomiese ontwikkeling van baie Afrika lande verseker op voorwaarde dat daar toegewyde politieke leierskap is dat konteks-spedifieke instansies Daar is tydens hierdie studie bevestig dat die interne asook die eksterne omgewings (onderskeidelik as genoegsame en nodige voorwaardes) in baie Afrika lande geskik is vir die ontwikkelingstaat ideologie op voorwaarde dat hulle onderskeie nasionale, ekonomiese, politieke en sosiale omgewings tydens die proses in ag geneem word. Verder word daar tydens die studie bewys dat die ontwikkelingstaatmodel kan lei tot lewensvatbare ontwikkeling en tot transformasie, want dit maak dit moontlik vir die staat om die nodige geld in belangrike ontwikkelingsprojekte te belê en om terselfertyd die rol van die private sektor in die ontwikkelingsproses te vergroot. Tydens die Raya Vallei grondwater besproeiings gevalle studie is daar bevind dat die Etiopiese ontwikkelingstaat konteks-spesifieke instansies gebou het wat dit moontlik gemaak het om die nodige openbare bronne te gebruik om die menslike, kapitale en fisiese infrastrukture op te bou en om waterbronne op ’n volhoudbare manier te gebruik om die omstandighede van kleinboere en landelike ontwikkeling in die geheel te verbeter. In hierdie gevalle, studie is ewe veel aandag geskenk aan inheemse instansies as aan formele reëlings met instansies. Dit vergroot die rol van die inheemse gemeenskappe veral in dorpies. Dit sluit die verspreiding en bestuur van waterbronne in.