Browsing by Author "Matjila, Samantha Arabella"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe microbial quality of locally harvested snoek (Thyrsites atun) as influenced by the current supply chain management(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2015-03) Matjila, Samantha Arabella; Hoffman, Louwrens C.; Kerwath, Sven; O'Nell, B.; Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Animal Sciences.AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die doel om die effek van die ongereguleerde prosesseringsketting op die kwaliteit van plaaslik gevangde snoek Thyrsites atun te bepaal, is mikrobiese en patogeniese (fekale kontaminasie indikators) teenwoordigheid en insidensie, spier pH en temperatuur tesame met heersende temperatuur geassesseer op verskeie punte van prosessering, van vang tot gebruiker gemeet. Twee duidelik onderskeibare metolodigeë; totale lewensvatbare tellings (TLT) in kolonievormende-eenhede (KVEs/cm2) en polimerase kettingreaksie (PKR) was gebruik om bakteriële kontaminasie en die teenwoordigheid/afwesigheid van vier spesifieke indikator organismes (Escherichia coli, Salmonella enterica, Staphylococcus aureus en Vibrio parahaemolyticus) in vyf verwante eksperimente te bepaal. Die resultate wys dat meeste besmetting ontstaan rondom die stoorplekke aanboord die visskuite. Die aas- en goinglappe waarop die aas in kleiner stukkies gesny is, is geïdentifiseer as addisionele bronne van besmetting met 4.69 en 6.92 log10 KVE/cm², onderskeidelik. Daar is tot die slotsom gekom dat die vissermanne se hande verantwoordelik was vir die oordrag van menslik-verwante patogene E. coli en S. aureus nadat die snoek beide van die skuit en bakkie afgelaai is. Daar is waargeneem dat deur snoek op ys te hou kon temperature van onder 10˚C gehandhaaf word vir ongeveer 10-12 stoor-ure nadat die skuit afgelaai is. Die verskillende behandelings gebruik (ys en skoonmaak) is waargeneem om nie ʼn aansienlike invloed op bakteriële ladings te hê nie, terwyl ys waargeneem is om die afname in spier pH-vlakke sowel as die vertraging in bakteriële groei te handhaf. Herhaalde en gerepliseerde metings van hierdie studie word vereis om die verskeie bronne en weë van kontaminasie te verken. Dit sal meer verteenwoordigend wees van hanterings- en sanitasie prosedures wat tans in plek is vir die snoekvoorsieningsketting. Die samevatting van hierdie studie dui op ‘n aanbeveling dat die standaard operasionele prosedures (SOPs) afgedwing en uitgevoer moet word deur kommersiële vissermanne aanboord, tydens die vervoer van die vis op land en dan uiteindelik tot en met die verkoopspunt.